<< Chapter < Page Chapter >> Page >

In die ontwikkelende dele van die wêreld is dit egter ‘n ander storie. Baie lewens word geëis en omtrent alle konstruksies word vernietig. Geboue is op die goedkoopste manier gebou en verkrummel eenvoudig onder die krag van n aardbewing. Duisende word dakloos, honger en beseer gelaat. Die infrastruktuur is van so ‘n aard dat hulp nie betyds by die mense kan uitkom nie. Lyke begin ontbind en die drinkwater word besoedel. Dit veroorsaak weer siektes wat die dodetal verhoog.

Aktiwiteit 4:

Om die redes te bespreek waarom mense in gebiede woon waar aardbewings voorkom

[lu 2.2]

1. Hoekom besluit mense om te woon in gebiede waar daar aardbewings is? Dink goed hieroor na en gee dan jou eie opinie.

2. Waar sal jy wegkruip as ‘n aardbewing jou omgewing tref?

4. Voorkomende maatreëls: die bestuur van gevare en gevaarvermindering

Kan aardbewings voorspel word?

Ongelukkig is dit nie honderd persent moontlik nie. Tog word intense studies van die aardkors gedoen en sensitiewe instrumente verklik die kleinste beweging wat in die aardkors voorkom.

Wetenskaplikes gebruik spesiale metodes en toerusting, byvoorbeeld seismograwe, om aardbewings te bestudeer en te probeer voorspel. Seismograwe kan enige beweging van die aardkors waarneem. Indien voorskokke voorkom, kan wetenskaplikes bewus word van aktiwiteite in die aardkors en waarskuwings kan betyds uitgereik word. Sekere satelliete is ook in staat om bewegings van die aardkors waar te neem en sodoende kan waarskuwings ook uitgereik word.

Ander “onwetenskaplike“ metodes van waarskuwing kan ook nuttig wees om moontlike aardbewings te voorspel, byvoorbeeld:

  • die verandering in die watervlak van ondergrondse bronne, soos dié van ‘n waterput;
  • die skielike vreemde gedrag van diere.

Die moontlike suksesvolle voorspelling van aardbewings help dat waarskuwings gegee kan word sodat ontruiming betyds kan geskied. Sodoende word lewensverliese beperk. Of almal na die waarskuwings luister, is natuurlik ‘n ope vraag.

Onthou net – alle aardbewings kan nie voorspel word nie , want dit gebeur te vinnig – sonder enige voorskokke of voortekens.

Aktiwiteit 5:

Om ‘n lys van noodmaatreëls in geval van ‘n aardbewing op te stel

[lu 2.3]

Verbeel jou jy bly in ‘n area waar daar baie aardbewings voorkom (‘n swak plek in die aardkors).

Stel ‘n lys met noodmaatreëls op wat gedoen kan word voor, tydens en na ‘n aardbewing voorgekom het.

Teken ‘n wêreldkaart af en dui op jou kaart slegs die areas aan waar aardbewings voorkom. Kleur dit dan rooi in.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 beskryf en verduidelik hoe natuurgevare soos vulkane, aardbewings en oorstromings plaasvind, en die uitwerking daarvan op menselewens en op sosio-ekonomiese bedrywighede [mense en plekke];2.2 ondersoek en verduidelik waarom sommige mense meer as ander aan natuurgevare blootgestel is [mense en hulpbronne];2.3 identifiseer hoe risiko’s en natuurgevare hanteer kan word [mense en omgewing].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11020/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask