<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 5

Energie en verandering

Module 31

Vorms van energie

Aktiwiteit 1:

Om tussen verskillende vorms van energie te kan onderskei

[lu 2.1]

  • Jy het reeds in graad 4 bewus geword van die belangrikste bron van energie, naamlik die son.

Die energie van die son bereik ons in die vorm van bestraling, lig en hitte.

Kom ons kyk nou in watter ander vorms energie voorkom.

Energie in gestoorde vorm

Die energie van die son is deur die plant opgeneem en in voedsel gestoor. Energie kom dus in gestoorde vorm in voedsel voor. Diere en mense eet die plant as voedsel en gebruik die energie. Plante wat miljoene jare gelede nie deur diere gevreet is nie, het weens bepaalde omstandighede in steenkool verander. Gestoorde energie kom dus ook in steenkool en olie voor.

Energie word ook in elektriese selle (batterye) gestoor. Wanneer die sel aan 'n gloeilampie gekoppel word, word die energie vrygestel.

Bewegingsenergie

Energie kan gebruik word om beweging te laat plaasvind, byvoorbeeld 'n mens wat hardloop, 'n wiel wat rol of 'n enjin wat loop. Ons kan ook van meganiese energie praat.

Klankenergie

Klank bereik jou oor in die vorm van golwe in die lug. Die golwe laat jou oordrom vibreer en jou brein neem die vibrasie waar as klank. Ons kan van die energie wat die vibrasie veroorsaak, praat as klankenergie.

Elektriese energie

'n Elektriese stroom is 'n hoeveelheid energie wat van een punt na 'n ander vloei en die sterkte van die stroom (hoeveelheid energie) word in ampères (A) gemeet.

Atoomenergie

Jy het beslis al van kernkrag en kernkragsentrales gehoor. Kernkrag verwys na die energie wat in atome voorkom. Atome is die kleinste deeltjies waaruit 'n stof opgebou is. 'n Stof is iets wat sigbaar is of iets wat massa het en geweeg kan word, byvoorbeeld goud, water en koper. Het jy al gehoor van uraan?

Die omskakeling van energie van een vorm na 'n ander

Jy het nou iets geleer oor verskillende vorms waarin energie voorkom. Dink jy energie wat in 'n bepaalde vorm voorkom, kan na 'n ander vorm omgeskakel word? Gebruik twee van die voorbeelde wat ons gebruik het om hierdie vraag te beantwoord.

Assessering

LU 2

KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

  • betekenisvolle inligting onthou: ten minste eie vlotste taal gebruik om voorwerpe, materiaal en organismes te noem en te beskryf.

Memorandum

Omskakeling van energie: Ja. Daar is baie voorbeelde, bv.

Sonligenergie wat deur plante gebruik word vir voedsel. Dus hitte-/lig-/stralingsenergie omgeskakel na gestoorde energie;

Energie in gestoorde vorm kan na enige ander vorm omgeskakel word;

Elektriese energie word omgeskakel na lig-/warmte-energie;

Elektriese energie kan omgeskakel word na klankenergie;

Atoomenergie kan na elektriese energie omgeskakel word.

Questions & Answers

Biology is a branch of Natural science which deals/About living Organism.
Ahmedin Reply
what is phylogeny
Odigie Reply
evolutionary history and relationship of an organism or group of organisms
AI-Robot
ok
Deng
what is biology
Hajah Reply
cell is the smallest unit of the humanity biologically
Abraham
what is biology
Victoria Reply
what is biology
Abraham
HOW CAN MAN ORGAN FUNCTION
Alfred Reply
the diagram of the digestive system
Assiatu Reply
allimentary cannel
Ogenrwot
How does twins formed
William Reply
They formed in two ways first when one sperm and one egg are splited by mitosis or two sperm and two eggs join together
Oluwatobi
what is genetics
Josephine Reply
Genetics is the study of heredity
Misack
how does twins formed?
Misack
What is manual
Hassan Reply
discuss biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles
Joseph Reply
what is biology
Yousuf Reply
the study of living organisms and their interactions with one another and their environment.
Wine
discuss the biological phenomenon and provide pieces of evidence to show that it was responsible for the formation of eukaryotic organelles in an essay form
Joseph Reply
what is the blood cells
Shaker Reply
list any five characteristics of the blood cells
Shaker
lack electricity and its more savely than electronic microscope because its naturally by using of light
Abdullahi Reply
advantage of electronic microscope is easily and clearly while disadvantage is dangerous because its electronic. advantage of light microscope is savely and naturally by sun while disadvantage is not easily,means its not sharp and not clear
Abdullahi
cell theory state that every organisms composed of one or more cell,cell is the basic unit of life
Abdullahi
is like gone fail us
DENG
cells is the basic structure and functions of all living things
Ramadan
What is classification
ISCONT Reply
is organisms that are similar into groups called tara
Yamosa
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10980/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask