<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aktiwiteit 1:

Om afleidings oor diensverskaffing in plakkerskampe te maak

[lu 2.1]

In pare

  • Bestudeer die volgende illustrasie en beantwoord die vrae:

a) Watter basiese dienste ontbreek in hierdie informele nedersetting?

b) Sou jy sê dat die omstandighede waaronder die inwoners van hierdie nedersettings leef gesond is? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

c) Watter gevolge sou die uitbreek van ‘n brand inhou vir die inwoners van hierdie informele nedersettings?

4. Verswakking van kapasiteit in instellings soos rade, organisasies en dienste

  • Die groot toestroming van mense uit die platteland na stedelike gebiede lei tot ‘n afname in dienslewering aan alle inwoners en om in hul behoeftes te kan voorsien. Aanvanklik word slegs druk op die verskaffing van basiese dienste in die woonbuurte ervaar, maar uiteindelik word die behoefte aan diensvoorsiening onmoontlik. Kan jy voorbeelde noem?
  • Gevolglik raak sommige inwoners ontevrede met die instroming van persone uit ander gebiede en uiteindelik lei dit tot konflik. Sekere groepe onttrek hulle en sorg dat hulle slegs eie belange beskerm. Dit gee aanleiding tot ‘n atmosfeer van wantroue onder die bevolking.
  • Dit is dit nie net mense wat binne die grense van die land migreer nie. Persone uit ander lande in Afrika stroom ook na Suid-Afrikaanse stede. Dit lei tot botsings met die plaaslike inwoners. Hierdie persone plaas druk op reeds beperkte hulpbronne. Dit lei tot xenofobie (haat teenoor vreemdelinge), waar alle persone buite die grense van die land met agterdog bejeën word. Immigrante veral uit Nigerië kom na Suid Afrika om geld te verdien in die informele sektor. Sommige raak betrokke by onwettige aktiwiteite soos dwelmhandel. Dit lei tot ‘n toename in misdaad. Dra jy kennis van immigrante en hul bedrywighede? Wat is jou mening hieroor? Gesels met mense wat hiervan weet, en dink aan oplossings.

Aktiwiteit 2:

Om inligting oor sosiale en omgewingskonflik in afrikalande te versamel

[lu 3.1]

In groepe

  • Soek inligting in die biblioteek oor die rol wat sosiale en omgewingskonflik speel in EEN van die volgende Afrikalande:

1. Zimbabwe

2. Angola

3. Burundi

4. Kongo

5. Mosambiek

Aktiwiteit 3:

Om ‘n bewuswording en begrip van sosiale en omgewingskonflikte in suid-afrika te ontwikkel, spesifiek die rol van regeringsbeleid in diè verband

[lu 3.1, 3.3]

Bespreek en beantwoord die volgende vrae in groepsverband:

a) Beskryf die verskille in landeienaarskap tussen swartes en blankes in Suid-Afrika.

b) Wat het die swart mense in die Bantoetuislande gedoen om te oorleef?

c) In die jare sestig het swart mense hoofsaaklik in die tuislande en “townships” naby stede geleef. Maak ‘n lys van al die negatiewe dinge wat as gevolg hiervan met hulle gebeur het.

d) Noem en bespreek VYF redes hoekom jy dink dat swart mense ongelukkig was oor die regering van die Nasionale Party.

e) Hoekom het geweld na Nelson Mandela se vrylating die hoogte ingeskiet?

f) Hoekom het die SA ekonomie tussen 1980 en 1990 stilgestaan?

h) Verwys na die antwoorde op vrae a – g en gee dan VYF goeie redes vir die verstedeliking van swart mense (skryf eers jou eie gedagtes neer, deel dit dan met die groep, en laat die groep die VYF belangrikstes kies).

Assessering

LU 2
AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en -begrip te toon.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 ‘n beredeneerde verduideliking van sommige benaderings tot ontwikkeling verskaf [mense en plekke];
  1. maniere waardeur Wetenskap en Tegnologie ‘n positiewe en negatiewe invloed op ontwikkeling het, identifiseer [mense en hulpbronne];
2.3 verduidelik hoe volhoubare ontwikkeling ‘n positiewe uitwerking op mense, plekke en omgewings kan hê [mense en omgewing
LU 3
VERKENNING VAN VRAAGSTUKKE Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en –probleme te neem.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  1. maatskaplike en omgewingskonflikte in Suid-Afrika identifiseer en dit met ander kontekste vergelyk [identifiseer die vraagstuk];
3.2 faktore wat ‘n uitwerking op geselekteerde maatskaplike en omgewingsgeskille het identifiseer, insluitend regte, geslag, maatskaplike, ekonomiese en politieke eise in ‘n spesifieke konteks [faktore wat die vraagstuk affekteer];
  1. die oorsaak van geskille of konflikte ontleed [maak keuses];
3.4 ingeligte besluite neem oor verskeie oplossings vir sosiale en omgewingskonflikte [maak keuses].

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Aardrykskunde graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11054/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Aardrykskunde graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask