<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kan u ons vertel watter stemming daar toe onder die skare geheers het? – Hulle was gelukkig .

Het die skare vir u aggressief gelyk? – Nee .

Of vyandig jeens die polisie? – Daar was niks wat op bakleiery gedui het nie .

U het geen wapens onder die skare gesien nie? – Nie ’n enkel ene nie .

In die tyd wat u daar by die Polisiekantoor onder die skare deurgebring het, het u enige vliegtuie gesien wat oor die skare gevlieg het? – Ja, hulle het ’n paar. ’n Paar sou kom en daarna weer ’n paar, ensovoorts .

Het hulle laag in die rigting van die skare afgeduik? – Ja, hulle het. Daar was jongmense wat hulle hoede in, die rigting van die vliegtuie gegooi het .

En hoe het u hierdie gebaar, waar hulle hul hoede in die lug gooi en “Hoera” skree, geïnterpreteer? – Hulle het dit geniet ..

Toe u na die skietvoorval na hierdie lyke toe gaan, het u enige klere wat op die grond rondlê, gesien – hoede of skoene? – Daar was ’n aantal skoene en hoede .

BRON H: UITREKSEL UIT LECHAEL MUSIBI SE GETUIENIS voor die Hof van Ondersoek, Sharpeville-skietery

  • Deur mnr. Kentridge ondervra:

U is die onderwyser van Sharpeville, nie waar nie? – Ja .

Het die kinders daardie dag skool toe gekom? – Nee, hulle het nie skool toe gekom nie .

Wat het u by die mense gehoor? – Ek het gehoor dat sommige Pan-African lede gereël het dat mense nie werk toe moes gaan nie .

Nou, ’n tydjie na eenuur, het u u huis verlaat? – Ja, ek het my huis verlaat teen eenuur of net na eenuur .

Waarnatoe het u per fiets gery? – Ek het per fiets skool toe gery, om my boeke daar te gaan haal .

Op daardie tydstip, toe u binne hoorafstand gekom het, kan u vir my die skare se stemming, soos u dit ervaar het, beskryf? – Soos ek dit gesien het, was die stemming van die skare baie kalm. Hulle het net rondgekuier – asof hulle gretig was om by die Polisiekantoor uit te kom; dis die indruk wat ek gekry het .

Het u enige geskreeu gehoor? – Geen geskreeu .

  • Kruisondervraging deur mnr Louw:

Het u baie singery daar gehoor? – Ja, hulle het gesing .

Wat het hulle gesing? – Christelike liedere .

Watter ander liedere het julle gesing? – Hulle het “Abide with Me” gesing .

CHIEF LUTHULI Calls upon you to: MOURN THE VISTIMS OF POLICE VIOLENCE. PROTEST AGAINST POLICE KILLINGS. PROTEST AT THE PASS LAWS STAY AT HOME FOR ONE DAY MONDAY 28 TH MARCH 1960 BRON I: Plakkaat van Hoofman Albert Luthuli – beroep om ’n dag van rou

(Bronne D , E , G , H en I is aangehaal uit: REPRESENTATIONS OF 20 TH CENTURY HISTORY deur C. PEARCE en S. KARABATSOS)

Lu 2 die leerder is in staat daartoe om historiese kennis en begrip te toon

1 . Bestudeer Bronne A en C. Wat was die oorsaak van die Sharpeville-insident?

2 . Bestudeer Bronne G en H. Watter ooreenkoms is daar in die beskrywings wat Maja en Musibi gee van die skare se stemming?

Lu 1:die leerder is in staat om vaardighede te bemeester ten einde die verlede en die hede te ondersoek

3 . Bestudeer Bron A. Hoe verstaan jy “Die slagting is wêreldwyd veroordeel.”? motiveer jou antwoord deur gebruik te maak van bewyse uit die bron.

4 . Bestudeer Bron C. Verduidelik waarom die lykskouing bewys het dat die dooies koeëlwonde in hulle rûe gehad het. Is dit ’n aanduiding dat hulle ná of weg van die polisie gehardloop het?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11062/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask