<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die bevinding “open interessante moontlikhede vir die ontwikkeling van ‘n vigsentstof,” het navorsers van die Pasteur-instituut en Frankryk se nasionale sentrum vir wetenskaplike navorsing in ‘n verklaring gesê.

Teenliggaampies is die voorste vegters in die liggaam se verdedigingstelsel, en is ontwerp om ‘n virus of bakterium te “merk” sodat dit deur immuniteitselle vernietig kan word. Baie entstowwe, soos dié teen griep, polio en masels, is op teenliggaampies gegrond en gebruik ‘n stuk van die virus om die immuunstelsel te leer om voortaan die indringervirus uit te ken.

Uit: Die Burger , 1 Desember 2004

  • Vigs en die land se ekonomie:

Suid-Afrika is een van die lande met die hoogste MIV-infeksiekoers (die tempo waarteen die virus versprei) in die wêreld. Statistiek dui daarop dat ongeveer 10 miljoen Suid-Afrikaners in die volgende 15 jaar aan Vigs-verwante siektes kan sterf. Die meeste van hierdie slagoffers sal jonger as 50 jaar oud wees.

Hierdie syfers moet eenvoudig die ekonomie van ons land seermaak.

Aktiwiteit 3

Om ‘n stelling krities te bespreek en afleidings te maak

[lu 1.7]

Debatteer oor die stelling onderaan die vorige bladsy, met spesifieke verwysing na die volgende aspekte. Skryf dan ‘n kort paragraaf oor die invloed van Vigs op ‘n land se ekonomie.

  • gesondheidsorg (uitputting van hulpbronne)
  • personeelvervanging / -opleiding

Hulp in stryd teen MIV

Wêreldwyd word daar deur vele organisasies gefokus op die bewusmaking van die

virus se werking en verspreiding, asook op die uitreiking na slagoffers.

Lees die koerantberig oor die Mandela-stigting se rol in die bekamping van Vigs. Maak dan ‘n lys van ander bewegings / organisasies waarvan jy bewus is wat ‘n rol speel in die bekamping van Vigs.

help in stryd teen virus, vra sexwale

Waldimar Pelser

As meer as 5 miljoen van jou land se mense aan vigsverwante oorsake sterf, moet die boodskap teen dié virus nuwe lewe kry.

Só het die sakeman, mnr. Tokyo Sexwale, onlangs gesê.

Sexwale het as trustee van die Nelson Mandela-stigting sy gewig ingegooi by die stigting se poging om duisende Suid-Afrikaanse vrywilligers na loopgrawe in die stryd teen MIV / Vigs te lok.

In dié jongste veldtog onder die vaandel van oudpres. Nelson Mandela se 46664-tronknommer, is ‘n oproepsentrum bekend gestel waar “gewone mans en vroue” hulle tyd en vaardigheid kan aanbied om teen Vigs te veg. Die nommer is  08000 46664 en oproepe is gratis. Sexwale het gesê die probleem met MIV / Vigs is een van “gedrag”.

“Die regering het ‘n reuse-rol te speel, maar is nie alleen nie. Ons vra meer hande, in die naam van Nelson Mandela,” het hy gesê. Volgens mnr. John Samuel van die stigting sal die oproepsentrum aanbiedings van hulp na organisasies herlei wat vrywilligers kort.

Die stigting sal pamflette oor sy projek in taxi’s, banke en supermarkte versprei en sakereuse soos Absa, Ou Mutual, Anglo American, BMW en Spar is betrek.

  • Die akteur Brad Pitt verskyn in ‘n televisie-advertensie wat rondom Wêreldvigsdag (1 Desember) uitgesaai gaan word om die 46664-projek aan te vuur.

Uit: Die Burger , 1 Desember 2004

  • Ander organisasies:

Assessering

LU 1

AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEK

Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en prosesse te ondersoek.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

  • bronne met nuttige aardrykskundige inligting kan kies en gebruik [vind bronne];
  • inligting kategoriseer [werk met bronne];

1.6 moontlike oplossings vir probleme identifiseer en ondersoek [beantwoord die vraag];

1.7 deur projekte, bespreking, debat en diagramme, kennis en begrip van die vraagstuk toon [dra die antwoord oor].

AKTIWITEIT 1

  • MIV: virus
  • VIGS: siekte veroorsaak deur MIV-virus

AKTIWITEIT 2

  • Persentasie mense wat na beraming met MIV besmet is

AKTIWITEIT 3

  • Baie mense siek – benodig gesondheidsorg
  • Regering moet hulpbronne voorsien
  • Baie geskoolde werkers sterf
  • Maatskappye moet hul vervang – nuwe werkers
  • Minder werkers oor – laer produksie
  • Minder hulpbronne (geld) oor vir ander behoeftes soos opvoeding, behuising, ens.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask