<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 8

Skepping, interpretasie en aanbieding

Module 13

Om ‘n opwarmingsroetine te skep

DRAMA

Aktiwiteit 1:

Om ‘n roetine te skep en aan die klas te bied: die opwarming

[lu 1.5]

Dit is nou jou beurt om die res van die klas deur ‘n opwarmingsroetine te lei.

Jou opwarmingsroetine moet die volgende insluit:

Ontspanning:

  • die eerste prioriteit van die akteur is ontspanning
  • die akteur se liggaam en stem is sy instrumente
  • spanning van enige soort beperk uitvoering
  • spanning wys eerste in die stem a.g.v. vlak asemhaling
  • begin met die skouers
  • beweeg dan na die arms en hande
  • die bolyf is die middelpunt van alle beweging, omdat dit ons asem huisves
  • asemhalingsoefeninge is belangrik
  • eindig hierdie afdeling met die bene, enkels en die voete

Postuur / Houding:

  • die postuur moet gemaklike en ekspressiewe stemgebruik en beweging toelaat
  • fokus daarop om die skouers vierkantig en die maag in te hou en algehele stembeheer te behou

Asemhaling en Stem:

  • goeie asemhaling is ‘n fundamentele vereiste vir stemproduksie
  • alle asemhalingsoefeninge moet ná ontspanningsoefeninge uitgevoer word
  • die vereistes vir goeie stemproduksie is ontspanning, goeie postuur, genoegsame asemvoorraad, beheerde gebruik van die diafragma en tussenribspiere, ontspanne en onbeperkte mondelinge- en keelresonators, en die vorming van klanke voor in die mond om ‘n keelstem te voorkom en projeksie te bevorder
  • asemhaling moet met die borskas uitgevoer word deur die ribbekas te vergroot, en met die diafragma

Aktiwiteit 2:

Om ‘n geskrewe teks en afgeronde uitvoering te skep en aan te bied, gebaseer op populêre kultuur: “popstar idols”

[lu 1.6]

Is jy gereed vir die volgende opwindende projek? Maak seker dat jy presies verstaan wat jou opvoeder wil hê jy moet doen en maak seker dat jy die konsepte aangaande hierdie aktiwiteit verstaan. Moenie bang wees om te vra as jy iets nie verstaan nie!

Maar eers moet jy die konsep Populêre Kultuur leer ken.

Populêre kultuur is enige dans, literatuur, musiek, teater, of enige kunsvorm wat deur die ‘man of vrou op straat’ in ‘n literêre, tegnologies gevorderde gemeenskap aangeneem en waardeer word.

Televisie

  • Televisie op sigself is ‘n aspek van populêre kultuur.
  • Dit het die uitvinding van videobandopnemers en -spelers, DVD-spelers en kameras tot gevolg.
  • Baie televisieprogramme val in hierdie kategorie.
  • ‘Sepies’ – daaglikse dramareekse – is maar net een van hierdie vorms; slim ontwerpte advertensies is nog een.
  • In die 21ste eeu is ons bekend gestel met die ‘realiteitstelevisie’-konsep, waar akteurs vervang is deur ‘regte’ mense in ‘regte’ situasies om sodoende geld of ander reuse- pryse te wen, bv. ‘Big Brother’, ‘Survivor’, ‘The Bachelor’, ‘Coca Cola Popstars’ en ‘Idols’.

Om jou eie realiteitstelevisieprogram te vervaardig, moet jy van die volgende kennis neem:

Produksie

  • die volgende is noodsaaklik vir die vervaardiging van hierdie program:
  • skrywers : vir ‘n teks of draaiboek
  • produksiespan : vervaardigers, regisseur, verhoogbestuurders
  • kunsdepartement : stelontwerpers, stelbouers, kostuumontwerpers, grimeerkunstenaars, haarstiliste, rekwisietemeesters
  • musiekdepartement : musiekregisseur, stemafrigter, musikante
  • tegniese departement : videokamera-operateurs, klankingenieurs, beligtingsontwerpers en -operateurs
  • bemarkingsdepartement
  • deelnemers : aanbieders, sangers, beoordelaars

Jou opvoeder sal al hierdie portefeuljes aan jou verduidelik. By watter departement sal jy graag betrokke wil wees? Of sal jy graag een van die deelnemers wil wees? Jy kan kies!

Om hierdie program in werking te stel het ons ‘n teks nodig.

Die teks

  • Bespreek, stel notas saam, stel raamwerk op en skryf ‘n teks vir die produksie as ‘n gesamentlike poging waar al die leerders in die klas betrokke is.
  • Die teks moet die volgende insluit:
  • die programverloop van die produksie, bv. wat gebeur eerste, tweede, ens., tot die laaste toneel van die program;
  • dialoog vir die aanbieders;
  • orde van die optredes;
  • openingstoneel;
  • slottoneel;
  • beoordelingsafdelings na elke optrede;
  • aankondiging van die wenner.

Noudat ons ‘n teks het, kan ons begin. Hier volg ‘n samestelling van die produksie om jou te help met jou beplanning. Maak ‘n merk langs elke item soos dit voltooi word. Hierdie is slegs ‘n voorbeeld. Jy kan jou eie produksielys saamstel volgens jou eie vereistes.

Produksielys

ITEMS NOTAS VOLTOOI
Teks Vervaardiger moet nog goedkeur
Vul van portefeuljes
Peil van sukses
Selektering van finaliste
Selektering van musiek
Repetisiedatums
Opvoerdatum
Publisiteit
Plakkate, kaartjies, ens.
Stelontwerp
Stelbou
Kostuumontwerp
Grimering
Kenwysie
Addisionele musiek
Klanktoerusting
Beligtingstoerusting
Videokameras
Rekwisiete
Beoordelaarstafel
Produksieteks
Videoredigering
Aanbieding van video

Hierdie projek is ‘n spanpoging en dit vereis dat jy baie nou met die ander leerders in jou klas moet saamwerk sodat “Popstar Idols” ‘n sukses kan wees!

Geniet dit!

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 1
skepping, interpretasie en aanbiedingDie leerder is in staat om werk in elk van die kunsvorme te skep, te interpreteer en aan te bied.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
DANS
1.1 danse uit populêre kulture leer en opvoer;
1.2 die volgende doen om die liggaam voor te berei:
  • doen ‘n vasgestelde opwarming wat die liggaam rek en versterk;
  • toon toenemende kinestetiese bewustheid, konsentrasie en bewustheid van die korrekte en veilige gebruik van die ruggraat en ledemate;
  • beweeg met koördinasie en musikaliteit in passiekombinasie oor ruimte heen.
1.3 improviseer, komponeer en kombineer bewegingsmotiewe deur die gebruik van:1.3.1 bewegings of gebare;1.3.2 herhaling en stiltes;1.3.3 kontrasterende dinamika.
1.4 danspassies en kombinasies daarvan uit minstens twee style of tradisies van Suider-Afrika opvoer.
DRAMA
1.5 ‘n eenvoudige opwarmingsroetine, gebaseer op die onderwyser se oefeninge, saamstel om met die klas te deel;
1.6 met die onderwyser se bystand deelneem aan die skep en aanbieding van ‘n geskrewe skets of afgeronde improvisasie wat op populêre kultuur gebaseer is. Hierdie item behoort:
1.6.1 kennis van die teikengehoor te toon;
1.6.2 hulpmiddels wat tot die stuk bydra, te gebruik;
1.6.3 gepaste dramatiese elemente te gebruik;
1.6.4 ander kunsvorme in te sluit.

Questions & Answers

what is mutation
Janga Reply
what is a cell
Sifune Reply
how is urine form
Sifune
what is antagonism?
mahase Reply
classification of plants, gymnosperm features.
Linsy Reply
what is the features of gymnosperm
Linsy
how many types of solid did we have
Samuel Reply
what is an ionic bond
Samuel
What is Atoms
Daprince Reply
what is fallopian tube
Merolyn
what is bladder
Merolyn
what's bulbourethral gland
Eduek Reply
urine is formed in the nephron of the renal medulla in the kidney. It starts from filtration, then selective reabsorption and finally secretion
onuoha Reply
State the evolution relation and relevance between endoplasmic reticulum and cytoskeleton as it relates to cell.
Jeremiah
what is heart
Konadu Reply
how is urine formed in human
Konadu
how is urine formed in human
Rahma
what is the diference between a cavity and a canal
Pelagie Reply
what is the causative agent of malaria
Diamond
malaria is caused by an insect called mosquito.
Naomi
Malaria is cause by female anopheles mosquito
Isaac
Malaria is caused by plasmodium Female anopheles mosquitoe is d carrier
Olalekan
a canal is more needed in a root but a cavity is a bad effect
Commander
what are pathogens
Don Reply
In biology, a pathogen (Greek: πάθος pathos "suffering", "passion" and -γενής -genēs "producer of") in the oldest and broadest sense, is anything that can produce disease. A pathogen may also be referred to as an infectious agent, or simply a germ. The term pathogen came into use in the 1880s.[1][2
Zainab
A virus
Commander
Definition of respiration
Muhsin Reply
respiration is the process in which we breath in oxygen and breath out carbon dioxide
Achor
how are lungs work
Commander
where does digestion begins
Achiri Reply
in the mouth
EZEKIEL
what are the functions of follicle stimulating harmones?
Rashima Reply
stimulates the follicle to release the mature ovum into the oviduct
Davonte
what are the functions of Endocrine and pituitary gland
Chinaza
endocrine secrete hormone and regulate body process
Achor
while pituitary gland is an example of endocrine system and it's found in the Brain
Achor
what's biology?
Egbodo Reply
Biology is the study of living organisms, divided into many specialized field that cover their morphology, physiology,anatomy, behaviour,origin and distribution.
Lisah
biology is the study of life.
Alfreda
Biology is the study of how living organisms live and survive in a specific environment
Sifune
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11045/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask