<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Tegnologie

Graad 9

Argitektoniese beplanning

Module 7

’n ontwerpstelling en spesifikasies vir ’n nuwe klaskamer

Aktiwiteit 1:

Om ’n ontwerpstelling en spesifikasies vir ’n nuwe klaskamer te skryf

[lu 1.6]

Situasie:

  • Vanweë die groot getal inskrywings hierdie jaar by jou skool moet ’n bykomende klas­kamer beplan en gebou word. Werk in groepe (2-4) en besluit waar hierdie addisionele gebou opgerig gaan word. Jou groep moet die beskikbare terrein opmeet (in meters) en notas maak oor die bestaande infrastruktuur soos bestaande geboue, waterpunte en omgewingsaspekte soos bome, ens.

Fokustaak A

1. Skryf ’n ontwerpvoorstel vir die probleem:

2.Skryf spesifikasies vir die nuwe klaskamer.

3. Maak ’n 2D-skets van die bestaande geboue en omgewingskenmerke van die terrein waar jy beplan om die nuwe klaskamer te bou. Oorweeg die impak wat die nuwe klaskamer op die omgewing moontlik kan hê.

LU 1.1

Aktiwiteit 2:

Om inligting oor die behoeftes rakende die nuwe klaskamer in te samel

[lu 1.4]

  • Om die nuwe klaskamer sodanig te ontwerp dat dit ’n oplossing vir die probleem verskaf, moet inligting van verskillende partye wat geraak word, ingesamel word, bv. die skoolhoof, onderwysers, leerders en ouers.

Fokustaak B

1. Ontwerp en ontwikkel ’n vraelys wat gebruik word om ’n opname van die menings van die skoolgemeenskap te maak. Gebruik jou eie papier en voeg dit as bykomende bladsye na hierdie bladsy in.

2. Stel die data (inligting) wat met die vraelys ontvang is, in die vorm van ’n grafiek voor. Voeg die grafiek as ’n addisionele bladsy by.

Aktiwiteit 3:

Om idees oor die nuwe klaskamer deur middel van skuinsaansigtekeninge voor te stel

[lu 1.7, 1.9]

Fokustaak C

  • Formuleer idees oor hoe jou groep van plan is om die nuwe klaskamer te bou. Gebruik skuinsaansigtekeninge soos hieronder voorgestel om julle idees te illustreer.

Aktiwiteit 4:

Om die plasing van die nuwe klaskamer aan te toon deur ’n blokplan te teken

[lu 1.9]

Fokustaak D

  • Teken ’n blokplan wat die paaie, buitelyne van die geboue en die terreingrense aantoon. Dit is belangrik om aan te dui waar Noord op hierdie plan is. Dui Noord met ’n pyltjie (↑) aan.
  • Verander nou die blokplan na ’n terreinplan deur die buitedimensies, bome, mangat en rioolpype op die plan aan te toon.
  • Gebruik jou eie papier en voeg dit as ’n addisionele bladsy in.
  • ’n Voorbeeld van ’n blokplan:

Aktiwiteit 5:

Om ’n plan volgens skaal te teken

[lu 1.9]

Dit is duidelik dat dit onmoontlik is om die klaskamer volgens sy werklike grootte op ’n A4-bladsy te teken. Dit is altyd raadsaam om ’n voorwerp volgens sy werklike grootte te teken (skaal 1:1), wat beteken dat 1 mm op die tekening gelyk is aan 1 mm van die werklike grootte van die voorwerp. Die meeste items is egter te groot en moet afgeskaal word om op papier te pas. In ander gevalle mag die items te klein wees en moet hulle opgeskaal word, bv. in die geval van elektriese komponente.

In die formule wat gebruik word om die skaal aan te dui, verteenwoordig die eerste syfer die meeteenheid wat in die tekening gebruik word, terwyl die tweede syfer aandui watter grootte hierdie eenheid op die werklike voorwerp verteenwoordig. Dit beteken dat ’n tekening wat teen ’n skaal van 1:2 geteken is, ’n verkleining is (helfte van die werklike grootte): die eenheid waarin die tekening gemeet word, verteenwoordig twee sulke eenhede op die werklike voorwerp. Met ander woorde 1 mm op die tekening sal 2 mm op die werklike voorwerp wees. Hierteenoor beteken ’n skaal van 2:1 dat die tekening ’n vergroting is: tweemaal die volle grootte van die voorwerp.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Tegnologie graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11070/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Tegnologie graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask