<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Lewe en lewenswyse

Module 8

'n eenvoudige voedselketting

Aktiwiteit:

Om 'n eenvoudige voedselketting te verstaan

[lu 1.3]

Om gesond en vol energie te wees, het alle plante en diere voedsel nodig. Plante het ‘n unieke eienskap, en dit is om hul eie voedsel te vervaardig. Hulle doen dit deur sonlig, koolstofdioksied uit die lug, asook water en minerale uit die grond te gebruik.

Alle lewende wesens het voedsel nodig wat deur groen plante gemaak word. Die dele van ‘n voedselketting is soos die skakels in ‘n ketting: as een skakel weg is, is die ketting nutteloos, totdat dit weer reggemaak word. Elke deel van die voedselketting is belangrik vir die voortbestaan van die ekosisteem.

Opdrag:

Die volgende voedselkettings is verkeerd. Maak hulle reg:

mielies, son, boer, eier, hen

Koei, seun, son, gras, melk

Leeu, bok, gras, son

Roofvoël, son, muis, koring

MAAK NOU JOU EIE VOEDSELKETTING.

Assessering

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op  weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1   ondersoek beplan;

1.2   ondersoek uitvoer en data versamel;

1.3       data evalueer en bevindings kommunikeer.

 

Memorandum

Opdrag

  • Son, mielies, hen, eier, boer
  • Son, gras, koei, melk, seun drink
  • Son, gras, bok, leeu
  • Son, koring, muis, roofvoël
  • Enige aanvaarbare een

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask