<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 5

Materiaal

Module 26

Eienskappe en gebruike van materiale in die verre verlede

Aktiwiteit:

Om die gebruik van materiale in die bou van suid-afrikaanse tradisionele huise te verken

[lu 3.1]

  • Een van ons eerste menslike voorouers, Homo erectus , was kleiner en swakker as die wreedaardige diere om hom en het in groepe in grotte geskuil.

W oordeboekwerk:

Slaan die betekenis van die volgende woorde na en skryf dit neer:

Wreedaardig:

Tradisioneel:

Behuising:

Die san en die khoisan:

Die San-groepe het as jagters in familiegroepe geleef en het agter die wild aangetrek. Hulle het in grotte en tydelike skuilings van takke en gras gebly.

Die Khoikhoi het al beeste gehad en minder beweeg. Hul hutte het ‘n raamwerk van buigbare pale gehad wat met rietmatte bedek is. Hierdie hutte kan vandag nog in Namakwaland gesien word.

Die zoeloes en swazi’s:

Die Zoeloes en Swazi’s bou óf ‘n koepelvormige hut óf ‘n rondawelhuis. Die vloer van die huise word gemaak van grond en miershope wat deur die vrouens fyngeslaan en gemeng is. Beesmis en water word op die vloere gesmeer om dit meer duursaam te maak. Daar is geen vensters nie en slegs een opening, naamlik die deur.

Die koepelvormige hutte word van latte en gras gemaak. Die rondawelmure het ‘n raamwerk van houtlatte wat met klei gevul is. Vir die dak word pale en latte gebruik om ‘n raam te bou wat met gras bedek word.

Aktiwiteit:

Om die invloed van die buiteland in die gebruik van ander materiale en boustyle te ondersoek

[lu 1.3; 3.1]

Die eerste huise in die kaap:

Die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad is van klei en klip gebou. Die huise uit die Jan van Riebeeck-tydperk het stewige mure van klei of ru-klip gehad. Die mure is gemessel met klei wat van seeskulpe gemaak is. Die dakke is met riete gedek.

Seeskulpe bevat ‘n kalkagtige materiaal wat amper soos sement is.

Boerehuise

Trekboere het in eenvoudige rietdakhuise gewoon. Jong boompies is in twee parallelle rye geplant en die punte is gebuig om aan mekaar te raak. Die mure is opgerig met stywe riete of harde biesies – vandaar die naam ‘hartbeeshuisie’.

Raamwerk van ‘n hartbeeshuis

Hartbeeshuis

Toe die Britte die Kaap oorgeneem het, het hulle ‘n definitiewe invloed op die boustyl uitgeoefen. Plaaslike klip, hout, dekriet en teëls is gebruik. Later is emaljeteëls, chroom en brons ook vir versierings gebruik.

Vrae:

1. Beskryf wat jy dink ru-klip is.

2. Waar kom die naam ‘hartbeeshuisie’ vandaan?

3. Wie het ‘n invloed op die boustyl van die trekboere gehad?

4. Waarom dink jy het die trekboere in hierdie tipe huisies gewoon?

5. Waarom dink jy is klei meestal gebruik vir die bou van mure?

6. Hoekom is riete ook dikwels gebruik?

Kom ons vat saam:

Jy het nou kennis gemaak met die vroeëre boustyl en materiale wat die mense gebruik het. Gebruik nou hierdie inligting om ‘n lys van MATERIALE te maak wat hulle destyds gebruik het en die DOEL waarvoor dit gebruik is.

Praktiese werk:

Kom ons bou ‘n huis.

[lu 1.1.1; 1.2.1; 1.2.2]

Werk in groepe. Besluit watter huis julle wil bou: een uit die verlede, of een in die hede.

Julle mag slegs beskikbare materiale of afvalmateriaal gebruik, bv. leë dose, stokkies, riete, vuurhoutjies, klei, ens.

Gebruik die inligting wat in hierdie module vir julle gegee is, maar gebruik ook enige ander bronne, soos ‘n biblioteek of die Internet.

Skets die huis met byskrifte.

Assessering

LU 1

WETENSKAPLIKE ONDERSOEK Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1 ondersoeke beplan;

1.2 ondersoeke uitvoer en data versamel;

1.3 data evalueer en bevindinge kommunikeer.

LU 3

WETENSKAP, DIE SAMELEWING EN DIE OMGEWING Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon .

Dit is duidelik wanneer die leerder

3.1 wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis verstaan: identifiseer wyses waarop produkte en tegnologieë uit ander tye en kulture aangepas is;

3.2 die impak van wetenskap en tegnologie verstaan: identifiseer die positiewe en negatiewe effekte van wetenskaplike ontwikkelinge of tegnologiese produkte op mense se lewenskwaliteit en/of die omgewing.

Memorandum

AKTIWITEIT 1

Woordeboekwerk:

  • wreedaardig: onmenslik, ongenadig, hardkoppig
  • tradisioneel: konvensioneel
  • behuising: voorsiening van ‘n skuiling

Aktiwiteit 2Vrae:

1. ru-klip: ongekapte klip, wat hulle in die omgewing opgetel het

2. hartbeeshuisie: stywe riete of harde biesies

3. Britte

4. want hulle het nie op een plek gebly nie. Hulle moes hul huise weer kon afbreek en saamneem om elders op te rig.

5. Klei was maklik bekombaar uit die omgewing (grond).

6. Riete kon in die vleie gepluk word. Dit was lig en kon die huis redelik droog hou en koel hou in die warm weer.

Kom ons vat saam:

Takke, gras, ru-klip, harde biesies, buigbare pale, rietmatte, seeskulpe, grond, miershope, beesmis, jong boompies, water, klei, riete, klip, dekriet, teëls, hout, brons, chroom, emaljeteëls

Questions & Answers

how does Neisseria cause meningitis
Nyibol Reply
what is microbiologist
Muhammad Reply
what is errata
Muhammad
is the branch of biology that deals with the study of microorganisms.
Ntefuni Reply
What is microbiology
Mercy Reply
studies of microbes
Louisiaste
when we takee the specimen which lumbar,spin,
Ziyad Reply
How bacteria create energy to survive?
Muhamad Reply
Bacteria doesn't produce energy they are dependent upon their substrate in case of lack of nutrients they are able to make spores which helps them to sustain in harsh environments
_Adnan
But not all bacteria make spores, l mean Eukaryotic cells have Mitochondria which acts as powerhouse for them, since bacteria don't have it, what is the substitution for it?
Muhamad
they make spores
Louisiaste
what is sporadic nd endemic, epidemic
Aminu Reply
the significance of food webs for disease transmission
Abreham
food webs brings about an infection as an individual depends on number of diseased foods or carriers dully.
Mark
explain assimilatory nitrate reduction
Esinniobiwa Reply
Assimilatory nitrate reduction is a process that occurs in some microorganisms, such as bacteria and archaea, in which nitrate (NO3-) is reduced to nitrite (NO2-), and then further reduced to ammonia (NH3).
Elkana
This process is called assimilatory nitrate reduction because the nitrogen that is produced is incorporated in the cells of microorganisms where it can be used in the synthesis of amino acids and other nitrogen products
Elkana
Examples of thermophilic organisms
Shu Reply
Give Examples of thermophilic organisms
Shu
advantages of normal Flora to the host
Micheal Reply
Prevent foreign microbes to the host
Abubakar
they provide healthier benefits to their hosts
ayesha
They are friends to host only when Host immune system is strong and become enemies when the host immune system is weakened . very bad relationship!
Mark
what is cell
faisal Reply
cell is the smallest unit of life
Fauziya
cell is the smallest unit of life
Akanni
ok
Innocent
cell is the structural and functional unit of life
Hasan
is the fundamental units of Life
Musa
what are emergency diseases
Micheal Reply
There are nothing like emergency disease but there are some common medical emergency which can occur simultaneously like Bleeding,heart attack,Breathing difficulties,severe pain heart stock.Hope you will get my point .Have a nice day ❣️
_Adnan
define infection ,prevention and control
Innocent
I think infection prevention and control is the avoidance of all things we do that gives out break of infections and promotion of health practices that promote life
Lubega
Heyy Lubega hussein where are u from?
_Adnan
en français
Adama
which site have a normal flora
ESTHER Reply
Many sites of the body have it Skin Nasal cavity Oral cavity Gastro intestinal tract
Safaa
skin
Asiina
skin,Oral,Nasal,GIt
Sadik
How can Commensal can Bacteria change into pathogen?
Sadik
How can Commensal Bacteria change into pathogen?
Sadik
all
Tesfaye
by fussion
Asiina
what are the advantages of normal Flora to the host
Micheal
what are the ways of control and prevention of nosocomial infection in the hospital
Micheal
what is inflammation
Shelly Reply
part of a tissue or an organ being wounded or bruised.
Wilfred
what term is used to name and classify microorganisms?
Micheal Reply
Binomial nomenclature
adeolu
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10980/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask