<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 8

Skepping, interpretasie en aanbieding

Module 15

‘n definisie van populêre kultuur

VISUELE KUNS

Aktiwiteit 1:

Om populêre kultuur te definieer

[lu 1.12]

Die woord POPULÊR kom van die Latynse woord ‘popularis’ en beteken ‘wat aan die mense behoort’. Gedurende die twintigste eeu is populêre musiek en kuns egter verkort na popmusiek en popkuns.

Populêre kultuur is wat elke dag om ons gebeur – of dit nou klere, films, musiek of motors is, dit is alles deel van populêre kultuur. Dit maak nie saak waar jy gaan of wat jy doen nie, jy sien oral om jou wat populêr is: handelsname van klere, titels van films en advertensies wat jou gunsteling televisieprogramme of eetgoed wys. Populêre kultuur verteenwoordig ook die jongste style en giere waarvan tieners hou. Aangesien populêre kultuur met massaproduksie gepaard gaan, bepaal die massamedia en die algemene koperspubliek wat populêr is. Dit is hoekom populêre kultuur met verloop van tyd verander.

Die media , soos televisie, radio en tydskrifte, bombardeer die publiek met advertensies vir nuwe produkte wat almal laat dink dat ‘n sekere produk wonderlik is. Tieners koop gewoonlik eerste die nuwe CD-vrystellings, terwyl invloedryke en beroemde mense modegiere of gewilde liedjies skep, en ons verslaaf maak aan hulle televisieprogramme of films. So het elkeen byvoorbeeld ‘n gunsteling musiek- of sportster, model of akteur. Groot maatskappye plaas sekere mense in die kollig met geld wat deur daardie selfde publiek verskaf word. Al bogenoemde faktore skep saam ‘n populêre kultuur.

STAP 1

  • Voltooi die volgende tabel met voorbeelde van jou eie:

VOORBEELDE VAN MY POPULÊRE KULTUUR

VERMAAK MODE KOS LEWENS-STYL MUSIEK UITHANG-PLEKKE SPORT

STAP 2

  • Openbare of beroemde figure kan positiewe of negatiewe invloede op vandag se jeug uitoefen. Maak in jou joernaal ‘n lys van positiewe en negatiewe invloede en hou dit dan vir ‘n klasbespreking.

Aktiwiteit 2:

Om artefakte, antiek en modern, asook hulle gebruike, te identifiseer

[lu 1.12]

Artefakte is voorwerpe wat deur die mens gemaak is, byvoorbeeld wapens, gereedskap, kleding, juweliersware, maskers en houers vir kos, water, ensovoorts. In argeologie verskaf artefakte belangrike leidrade tot die ontrafeling van die menslike evolusie, ekologiese toestande, asook prehistoriese beskawings. Van die oudste artefakte is ruwe klipimplemente wat tot drie miljoen jaar terug dateer.

Artefakte is dus mensgemaakte voorwerpe wat in die verlede gemaak is, maar in die hede behoue gebly het en as verteenwoordigend van sekere kulture gesien kan word. Tot so ver terug as 50 000 jaar gelede is hierdie vorm van kuns gebruik tydens rituele en seremonies waar daar byvoorbeeld van die geeste suksesvolle jagtogte gevra is. Wat ons vandag as antieke artefakte beskou, was vir daardie kulture alledaagse gebruiksvoorwerpe vir oorlewing en is beslis nie beskou as antiek of ‘n vorm van kuns nie.

Elke dag word nuwe artefakte geskep. Dink byvoorbeeld aan borde met Charles en Diana se gesigte daarop, foto’s en plaatomslae van die Beatles, klere wat deur Madonna op die verhoog gedra is, namaaksels en nuwe skeppings van Afrika-kuns, ensovoorts.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11045/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask