<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 5

Gesondheid en siektes

Module 7

Mishandeling van kinders

Probeer om saam met julle opvoeder drie voorbeelde van mishandeling of misbruik te identifiseer. Kyk wat ons land se grondwet daarvan sê en maak dan voorstelle oor hoe om sulke gevalle te hanteer.

Aktiwiteit 1:

Om die regte van kinders wat mishandel word, te identifiseer

[lo 1.4]

Identifiseer die regte wat bedreig word wanneer ‘n kind mishandel word of swaarkry a.g.v. misbruik van verslawende middels deur hulle ouers.

Skryf dit hier neer:

a ) Regte van opvoeders:

1. Om te onderrig

2. Om met respek en waardigheid behandel te word

3. Om vergoeding te ontvang waarvan hulle kan lewe

4. Om ‘n opinie uit te spreek

5. Om die vlak van opvoeding op te bou en te verbeter

6. Om veilig te wees

7. Om uitdagings te hanteer

8. Om tyd te hê vir hulle gesinne.

b ) Pligte van opvoeders:

1. Om professioneel te onderrig

2. Om ander met respek en waardigheid te behandel en gesteld te wees op ander se regte

3. Om fluks en stiptelik te wees en ‘n positiewe bydrae tot onderwys te lewer

4. Om opvoedkundige hulpmiddels tot leerders se beskikking te stel

5. Om deurdagte en betekenisvolle bydraes te maak

6. Om ‘n skoolomgewing te skep wat effektiwiteit van leer en onderrig verhoog

7. Om die skoolomgewing veilig te hou

8. Om ander se potensiaal te erken en uit te bou

9. Om tyd toe te laat vir ander se verpligtinge en belangstellings.

Watter pligte van opvoeders het betrekking op die veiligheid van die leerder?

Skryf hulle neer:

Hier volg ‘n vraelys wat jy op jou eie moet beantwoord. Onthou, dit is nie ‘n toets waarin antwoorde reg of verkeerd gemerk sal word nie. Dit is vrae waaroor jy mooi moet nadink en dan eerlik ja of nee moet antwoord. Jy hoef nie hierdie vraelys met jou klasmaats te bespreek nie. As jy sterk voel daaroor dat jy dit nie vir jou klasopvoeder wil inhandig nie, hoef jy ook nie. Miskien wil jy dit eerder vir jou skoolhoof of ‘n ander volwasse persoon gee vir wie jy vertrou.

Aktiwiteit 2:

Om 'n vraelys met vertroulike inligting in te vul

[lo 1.4]

Antwoord net Ja of Nee op die volgende stellings:

(a) My pa slaan my so hard dat daar stukkende plekke op my lyf is.

(b) ‘n Grootmens wat vir my moet sorg, vat dikwels aan my op ‘n manier wat my onveilig laat voel.

(c) Daar is dikwels nie genoeg geld in die huis om kos te koop nie, omdat my ma of pa eerder drank koop daarmee.

(d) ‘n Opvoeder by die skool vat aan my op plekke wat privaat is in ruil vir goeie punte in ‘n toets of op my rapport.

(e) My broer of suster tree dikwels baie vreemd op en spuit hulle self met dwelmmiddels in.

(f) ‘n Skoolmaat het al vir my dwelmmiddels in die vorm van pille of daggasigarette aangebied.

(g) Ek drink ‘n paar slukke van die sterk drank in my pa se drankkabinet as ek baie ongelukkig voel.

(h) My pa slaan my ma somtyds wanneer sy nie doen soos hy sê nie.

(i) ‘n Groep jongmense in my buurt sê hulle gaan my seermaak as ek iets onwettigs nie wil doen nie.

  1. Daar is iemand wat my gereeld seermaak, maar my laat belowe dat ek dit vir niemand sal sê nie.

As jy op een of meer van hierdie vrae ‘n eerlike Ja geantwoord het, moet jy dit dalk met iemand wat jy vertrou gaan bespreek.

Assessering

LU 1

G ESONDHEIDSBEVORDERING

Die leerder is in staat om ingeligte besluite oor persoonlike,gemeenskaps-en omgewingsgesondheid te neem.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1 ondersoek en verslag doen oor maniere om die gehalte van kos en water in verskeie kontekste te bewaar;

1.2 ’n plaaslike omgewingsgesondheidsprobleem ondersoek deur verskillende databronne te gebruik en beplan ’n strategie om die probleem die hoof te bied;

1.3 die simptome herken en oorsake van siektes wat plaaslik voorkom bespreek en strategieë om dit te voorkom;

1.4 die uitwerking van dwelmmisbruik verduidelik op ’n individu se gesondheid en sosiale verhoudings.

Memorandum

Die leerder word voorberei om ‘n verantwoordelike verbruiker te wees en gesonde keuses tov sy eie dieet te maak. Hy word ook toenemend op gesondheidsrisiko’s in sy omgewing en sy verantwoordelikheid met betrekking tot die behoud van gebalanseerde ekosisteme gewys. Waar daar in Graad 4 slegs vlugtig na sekere regte van die kind verwys is, kry die Graad 5-leerders die geleentheid om op hul regte en pligte as landburgers te fokus. Die sensitiewe saak van kindermishandeling word hier aangeroer. Opvoeders moet hulle verantwoordelikheid as konsultant , vertroueling en raadgewer in hierdie verband besef. Dit is hier waar ernstige probleme geïdentifiseer en voorkom kan word. Dit is noodsaaklik dat opvoeders weet wat die korrekte prosedure is as hulle met gevalle van kindermishandeling te doen sou kry. Tydens besprekings oor aansteeklike siektes kan opvoeders ook ‘n groot rol speel in die voorkoming van lewensbedreigende siektes soos TB, cholera en vigs deur hierdie onderwerpe met die nodige erns te benader.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10982/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask