<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 1

Speeltyd

Module 4

Speletjies

Speel volgens die reëls

Was enigeen kwaad ná die vorige aktiwiteit? Miskien het iets gebeur wat julle as baie onregverdig beskou het! In elke speletjie is daar belangrike reëls. Kan jy vyf skoolreëls opnoem?

Verdeel in groepe. Elke groep moet aan drie reëls dink wat belangrik is vir die speletjie wat ons so pas gespeel het. Gee terugvoer aan die klas.

  • Ons groep het aan drie reëls gedink.
ja nee
  • Ek sou baie meer van die speletjie gehou het as ons die reëls gehoorsaam het.
ja nee

Waar speel jy?

Ons kan nie ons speletjies sommer orals speel nie. Verdeel in julle groepe en dink aan drie plekke waar ‘n mens nie kan speel nie, omdat dit gevaarlik is of waar iets maklik beskadig kan word. Teken julle prentjies en gee terugvoering aan die klas.

Die speletjie waarvan ek die meeste hou!

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
lewensoriënteringLU2
SOSIALE ONTWIKKELING Die leerder kan begrip van en ‘n verbintenis tot konstitusionele regte en verantwoordelikhede toon, asook sensitiwiteit vir verskillende kulture en godsdienste.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.1 skoolreëls kan verduidelik en waarom dit nagekom moet word.
LU 3
PERSOONLIKE ONTWIKKELING Die leerder kan verworwe lewensvaardighede gebruik om persoonlike potensiaal te bereik en uit te leef om doeltreffend te reageer op uitdagings in die lewe.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.3 verskillende gevoelens toon en kan identifiseer.
LU 4
FISIESE ONTWIKKELING EN BEWEGING Die leerder kan begrip toon vir en deelneem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 wys hoe mens ‘n bal kan gooi, slaan, rol, bons, vang en beweeg;4.2 ‘n kombinasie van liggaamsdele gebruik om met of sonder apparaat te beweeg;4.4 deelneem aan vryspelaktiwiteite deur ‘n verskeidenheid apparaat te gebruik.
AARDRYKSKUNDELU3
VERKENNING VAN VRAAGSTUKKEDie leerder kan belangrike besluite neem t.o.v. sosiale en omgewingsprobleme.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.2 plekke in die skool- of tuisomgewing wat onveilig of skadelik is, kan identifiseer.
KUNS EN KULTUURLU1
SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDINGDie leerder kan werk skep, dit interpreteer en aanbied in elk van die verskillende kunsvorms – Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 ( Dans ) – eie bewegingswoordeskat op bou – beweging soos draai, hardloop ens.;1.10 ( Visuele kuns ) - eenvoudige geometriese vorms soos sirkels, lyne, driehoeke en vierkante ontdek en dit kombineer en in patrone rangskik.
LU 3
DEELNAME EN SAMEWERKINGDie leerder kan persoonlike en interpersoonlike vaardighede deur individuele en groepdeelname in Kuns- en Kultuuraktiwiteite demonstreer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.4 ( Musiek ) – deelneem aan musikale roep- en reageer speletjies en aktiwiteite.
LU 4
EXPRESSING AND COMMUNICATING The learner will be able to analyse and use multiple forms of communication and expression in Arts and Culture. UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE Die leerder kan veelvuldige vorms van kommunikasie en uitdrukking in Kuns en Kultuur ontleed en gebruik
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.5 ( Visuele kuns ) – verbeelding en fantasie gebruik om met vorms, lyne kleure en patrone te speel en dit te ondersoek.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11102/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede' conversation and receive update notifications?

Ask