<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 9

My loopbaan vorentoe

Module 8

Persoonlikheidseienskappe

Die Motivering van eie Beroeps- en Studiekeuses

Selfkennis

Om die regte keuses te kan maak, het jy deeglike kennis van jouself nodig. Die volgende aspekte omtrent jouself moet noukeurig na gekyk word:

  • Persoonlikheid
  • Belangstelling
  • Aanleg / Vermoë / Vaardighede
  • Akademiese profiel (prestasie)
  • Waardes

Persoonlikheid

Ons persoonlikheid het te doen met ons keuses ten opsigte van hoe ons lewe:

  • in die wêreld buite onsself tussen ander mense(sosiaal)
  • binne onsself (hoe ons inligting verwerk en besluite neem)
  • die tipe omgewing waarin ons die gemaklikste is
  • Beoordeel jou eie persoonlikheidstrekke deur ‘n kruisie in die toepaslike blokkie te maak volgens die 4-punt skaal.
  • Interpreteer die 4-punt skaal só:

1 Glad nie soos ek nie 3 Nogal soos ek 2 Effens soos ek 4 Definitief soos ek

PERSOONLIKHEID 1 2 3 4
Natuurlik – opreg, nederig, plat op die aarde
Vasberade – gooi nie maklik tou op nie
Skaam – vind dit moeilik om met vreemdelinge te praat
Sistematies – volg ‘n plan stap-vir-stap
Taktvol – doen en sê dinge sonder om ander seer te maak
Oorredend – kan ander van opinie laat verander
Verdraagsaam – kan ander se eise hanteer
Samewerkend – werk maklik in groep
Begrypend – erken ander se gevoelens en standpunte
Sosiaal – geniet om saam met ander mense te wees
Onafhanklik – doen nie dinge om ander te plesier nie
Dominerend – verwag dat ander sal doen soos jy wil
‘n Volger – doen wat ander graag wil
Akkuraat – doen dinge die eerste maal reg
Ambisieus – wil dinge doen en iets bereik in die lewe
Selfvertroue – glo in en vertrou op jouself
Impulsief – doen voor jy dink
Kreatief – het blink idees
Verantwoordelik – kan besluite neem en gevolge aanvaar
Aanpasbaar – kan maklik by nuwe omstandighede aanpas

[LU 5.2]

Opsomming: Persoonlikheidseienskappe

  • Maak ‘n lysie van jou persoonlikheidseienskappe. Gee dit nou vir ‘n maat wat jou goed ken, en kyk of hy of sy met jou saamstem.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 5
Oriëntering Ten Opsigte Van Die Wêreld Van WerkDie leerder sal in staat wees om ingeligte keuses oor verdere studie- en loopbaankeuses te maak.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
5.1 die voorsieners van fondse vir studie en beroepe navors;
5.2 eie beroeps- en studiekeuses motiveer;
5.3 krities reflekteer en verslag lewer oor geleenthede in die werkplek;
5.4 regte en verantwoordelikhede in die werkplek bespreek;
5.5 ‘n plan vir eie lewenslange leer saamstel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11064/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask