<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 8

Persoonlike ontwikkeling: selfbeeld

Module 3

Mense verskil

Ek en jy...

Mense verskil almal. Dankie tog! Anders sou dit maar 'n vervelige wêreld gewees het. Dink aan jou familie en maats. Daar is dinge wat julle in gemeen het en dinge waaroor julle verskil. Jy mag dalk die ernstige tipe wees wat jou vreeslik gou verknies oor dinge. Jou beste maat is 'n vrolike persoon wat eers bekommerd raak as die moeilikheid op hom of haar is. Mense vra soms: "Nou hoe pas daardie twee bymekaar?" Sal twee senubolle mekaar nie gedaan maak nie? Sal twee narre nie altyd in die moeilikheid wees nie?

Oor die algemeen hou mense meer van 'n positiewe mens as van 'n egatiewe mens. Kyk, as jy swaarmoedig voel, moet iemand jou nie nog verder kom afsleep in die groot swart gat nie! Dan het jy dalk juis iemand nodig wat jou hand vashou of jou laat lag met sy of haar lawwigheid.

Beantwoord die volgende vrae (eerlik, hoor jy!) Merk net die Ja- of die Nee- blokkie.

1. As ek 'n piekniek reël, dan sal dit reën. Ja Nee
2. As die foon lui, dan verwag ek slegte nuus. Ja Nee
3. Daar word span gekies. Ek sal seker die laaste een wees om gekies te word. Ja Nee
4. Waarom sal ek leer? Ek sal tog nie 'n werk kry nie. Ja Nee
5. Die Suid-Afrikaanse ekonomie sal nooit weer verbeter nie. Ja Nee
6. Ek verwag om goed te doen in my werk. Ja Nee
7. Mense hou van my. Ja Nee
8. Daar is baie dinge waarin ek goed is. Ja Nee
9. Vir elke probleem is daar 'n plan. Ja Nee
10. Dinge is nie so sleg soos mense dink nie. Ja Nee

Sleutel:

Indien jy JA geantwoord het op elkeen van die eerste vyf vrae, is dit moontlik dat jy dalk die negatiewe kant van dinge gou ervaar.

Indien jy JA geantwoord het op elkeen van die laaste vyf vrae (6 tot 10), is jy geneig tot positiewe denke.

Kyk waar die meeste van jou JA antwoorde lê. Dit sal vir jou 'n idee gee van hoe positief of negatief jy dinge ervaar.

Onthou - hierdie is slegs 'n aanduiding en nie 'n gesofistikeerde toets nie. Dit is slegs om jou 'n aanduiding te gee van jou geneigdheid.

[LU 3.1, 3.2]

Op jou eie

Nadat julle in die groep die positiewe en negatiewe karaktertrekke neergeskryf het en wanneer julle seker is dat julle al die woorde begryp (vra die leerkrag of raadpleeg 'n verklarende woordeboek), is dit tyd vir elkeen om bietjie selfondersoek te doen. Watter van daardie eienskappe speel 'n groot rol in jou persoonlikheid?

Wat om te doen

Gebruik die volgende aanduidings om jouself 'n bietjie van nader te bekyk. Wees gerus eerlik; ek glo dat jy toegelaat sal word om dit privaat te hou. Skryf slegs die syfer langs die karaktertrek neer.

3 = dis presies nes ek is

2 = dis so bietjie soos ek

1 = dis nie eintlik soos ek is nie

0 = dis nooit ek nie

A. Lys van karaktertrekke

eerlik bedagsaam
lojaal vriendelik
opreg fluks/hardwerkend
mededeelsaam nederig
sin vir humor selfvertroue

B. Lys van karaktertrekke

skelm geneig om te jok
skinderbek nors
jaloers grootkop
geïrriteerd swartgallig
bang selfsugtig

Julle sal seker sien dat van die B-lys nie net negatief is nie, bv. bang. Om bang te wees, is nie noodwendig sleg nie, maar om vir alles bang te wees, laat 'n mens swaarkry. Waar val jou hoogste tellings? Is jy oorwegend positief of negatief van geaardheid? Daar kom kans om ander eienskappe neer te skryf wat nie in een van die twee lyste voorkom nie.

[LU 3.2]

Hier is ek!

Ontwerp jou eie etiket.

  • Wees baie kreatief.
  • Gebruik vorms, kleur, foto's, woorde, ens. om jou eie, unieke etiket te skep. Onthou, daar is niemand wat 100% nes jy is nie. Druk gerus jou duim in 'n kleurstof en maak jou vingerafdruk deel van jou etiket.
  • Wenk: jy kan dit rofweg uitwerk op 'n los vel papier sodat jy nie later voel jy kon beter gedoen het nie, en nou sit jy met 'n flop in jou notas!

Voltooi:

Volgens hierdie etiket is ek ______________________________________

[LU 3.2]

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
PERSOONLIKE ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy of haar wêreld te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
  • faktore wat selfbeeldvorming en selfmotivering beïnvloed, ontleed en bespreek;
3.2 besin oor gepaste gedrag in verskillende soorte interpersoonlike verhoudings.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11047/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask