<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 8

Streshantering

Module 11

Die waarde van oefening

Aktiwiteit 1:

[LU 3.1]

  • Ons is nog steeds aan die gesels oor ’n gesonde leefstyl. ’n Onfikse mens is nie optimaal gesond nie. (Ek lê en lees eerder as wat ek gaan draf! Swak!)

Elke mens kort oefening . Dit beteken nie ons moet almal maratonhardlopers, toerfietsryers, gimnasiumgenieë of Kilimandjaro-klimmers word nie, maar haai, matige oefening is binne almal se bereik! Wanneer ons oefening doen, pomp ons suurstofryke bloed deur die liggaam, ons hart en longe (kardiovaskulêr) werk harder en die brein skei endorfiene af wat ons beter laat voel. Ons spiere bly soepel en sterk en ons voel goed oor onsself. En die spieël is gaaf met ons...

Ja, dis seker lekker om voor die televisie te lê en skyfies eet, maar jy kort oefening om gesond en gelukkig te wees. As jy nie ’n bok vir spansport is nie, soek dan iets wat vir jou werk.

1. Sit koppe bymekaar in klein groepies van vyf tot sewe leerders en maak ’n lys van maniere om oefening te kry. Dink wyer as net skoolsporte, hoor. Skryf dan jou eie lys nadat elke groep se lys hardop gelees is.

2. Aan watter sportsoorte of tipe oefening neem jy deel en hoe dikwels?

3. Is jy ’n stoelsitter of ’n flink vink? Enige nuwe doelstellings?

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
PERSOONLIKE ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy of haar wêreld te reageer
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit word bewys as die leerder:
3.1 faktore wat selfbeeldontwikkeling en selfmotivering beïnvloed, ontleed en bespreek;
3.2 besin oor gepaste gedrag in verskillende soorte interpersoonlike verhoudings;
3.5 ’n persoonlike plan vir die voorkoming en hantering van stres ontwerp en implementeer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11047/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask