<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 8

Fisiese ontwikkeling en beweging

Module

Beplan’n avontuurlike en ontspannende buitemuurse aktiwiteit

Aktiwiteit 1:

Om ’n avontuurlike en ontspannende buitemuurse aktiwiteit te beplan wat daarop gerig is om die klas se gesindheid jeens fiksheid en algemene liggaamsgesondheid te verbeter

[LU 4.1]

Sport is goed vir die liggaam as jy lus is daarvoor en dit geniet. ’n Dag of naweek­uitstap­pie kan die regte konteks skep om spel en sport vir almal in die klas aangenaam te maak.

Kom ons beplan nou so ’n ekskursie

Stap 1

1.1 In klein groepies, gebruik die dinkskrumformaat om soveel aktiwiteite as moontlik vir jou avontuurnaweek uit te dink.

Wenke:

  • Moenie die aktiwiteite bespreek nie, skryf hulle net vinnig neer.
  • Maak beurte om idees te gee.
  • Moenie enige idees afkraak nie.
  • Stel jou mikpunt op ten minste 20 idees in vyf minute.
  • Maak ‘n lys van jou idees.

1.2 Deel die idees met die res van die klas. Skryf ook hulle idees neer indien jy nuwe idees by jou klasmaats kry.

Stap 2

  • Bestudeer jou lys deeglik. Probeer om die aktiwiteite in kategorieë saam te groepeer.
  • Byvoorbeeld: swem, duik, waterpolo is voorbeelde van watersport. Die klim van tou­lere, toubrue, deur tonnels kruip is aktiwiteite wat gewoonlik in hinderniswedrenne voorkom. Die soek na skulpe, bou van sandkastele en snorkelduik is weer voorbeel­de van strandaktiwiteite .

aktiwiteite watersport duikswemwaterpolo

  • Gebruik ’n BREINKAART om te toets of jy aktiwiteite wat sekere kenmerke in gemeen het, korrek kan kategoriseer. Volg die volgende instruksies sodat jy jou breinkaart vir jou portefeulje kan gebruik.

1. ’n Breinkaart het ’n sleutelwoord (bv. Aktiwiteite) wat in die middel van ’n oop bladsy geskryf word.

2. Die verskillende kategorieë “vertak” vanaf hierdie sleutelwoord, soos dik takke.

3. Die voorbeelde wat onder elke kategorie val, vorm die kleiner vertakkings rondom elke kategorie.

4. Gebruik kleur, sketse en vorms om jou breinkaart te voltooi en om jou voorbeelde toe te lig.

5. Word PMI-vaardig want dit sal jou help om deeglik oor ’n verskeidenheid aktiwiteite te kan besin voordat jy keuses maak.

  • PMI is die afkorting vir ’n denkvaardigheid wat deur Edward de Bono beskryf is. Hy het ’n etlike boeke oor denkvaardighede geskryf. Wel, as jy gemeen het dat denkvaardighede nie aangeleer kan word nie, lees gerus De Bono se boeke. Ons wil die grysstof tussen die ore net so fiks hê soos die spiere van die lyf!
  • P staan vir plus (positief) M staan vir minus (negatief) I staan vir interessant (of ‘Hoekom het ek nie daaraan gedink nie?’)
  • Wanneer iemand dus ’n idee moet oorweeg of ’n besluit moet neem, help dit om ’n PMI-denkoefening te gebruik om deeglik na die kwessie te kyk. Skryf al die pluspunte van die idee in een kolom; al die minuspunte in die volgende en die interessanthede omtrent die idee in die derde kolom. Nou kan daar objektief, op papier, gekyk word na die idee of besluit voordat daar ’n finale besluit geneem word.
  • Kom ons kyk na ’n kort voorbeeld wat jou sal help om PMI vaardig te word. Jy moet besluit of jy R20 000,00 in ’n fonds gaan plaas sodat jy eendag aan ’n goeie universiteit kan studeer, en of jy dit eerder vir ’n avontuurlike besoek aan ’n land oorsee sal wil gebruik.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11047/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask