<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 4

Lewe en lewenswyse

Module 6

Die tassintuig

Aktiwiteit:

Om meer oor die tassintuig te leer

[lu 2.1]

Die tassintuig laat jou weet hoe sekere dinge teen jou vel voel. Wanneer jy aan iets raak, stuur senuwees boodskappe na jou brein. As die gevoel aaklig is, stuur die brein die boodskap om jou hand weg te neem. As dit ‘n lekker gevoel is, stuur die brein die boodskap dat jy maar jou hand daar kan hou.

Jou tassintuig sê vir jou of iets warm of koud, hard of sag, grof of glad is.

Dit kan ook vir jou sê of iets jou seermaak, dan voel jy die pyn.

Beantwoord die volgende vrae:

Hoe voel jy oor pyn?

Kan pyn goed wees?

Hoekom sê jy so?

In die dierewêreld gebruik tarantula-spinnekoppe hul tassintuie wanneer hulle ‘n prooi vang, want hulle is jagters van die nag.

‘n Insek se tassintuig is sy beste gevoelsorgaan. Hy kry sy inligting oor die temperatuur en die omgewing deur sy voelers.

Assessering

 

LU 2

KONSTRUKSIE VAN WETENSKAPKENNIS Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

 

Dit is duidelik wanneer die leerder:

2.1   betekenisvolle inligting onthou;

2.2       inligting kategoriseer.

 

Memorandum

Beantwoord die volgende vrae:

  • Hoe voel jy oor pyn? Leerders sal verskillende antwoorde gee.
  • Kan pyn goed wees? Ja, beslis!
  • Hoekom sê jy so? As jy voel jy brand op ‘n stoof se plaat, sal jy jou hand vinnig wegruk!

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 4. OpenStax CNX. Sep 18, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11097/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask