<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 4

WIE IS EK?

Module 4

EK RUIK MET MY NEUS

Aktiwiteit 1

Om poësie te geniet [LU3.2.1]

WAT DOEN EK?

Lees die volgende aksierympie in julle groepe en maak julle eie aksies daarby.

Met my kop kan ek knik, knik, knik,

Met my vingers op die tafel tik, tik, tik,

As ek bly is, sal ek my hande klap, klap, klap,

En met my voete sal ek trap, trap, trap,

My oë kan ek knip, knip, knip,

En my knieë buig om te wip, wip, wip,

My arms hoog bo my kop strek, strek, strek,

En met my tong lek, lek, lek,

Met my linker en regteroor

Kan ek baie goed hoor,

Met my neus kan ek nies en ruik

En om te fluit my lippe koeëlrond tuit.

Aktiwiteit 2

Om liggaamsdele te klassifiseer volgens funksie [LU 5.2.3]

KOM ONS MAAK SINNE

Kies die regte woord uit die lys liggaamsdele wat by die aksie (doenwoord) pas en maak sinne daarmee. Sê die sinne in jul groepe vir mekaar.

ore; tande; neus; vingers; kop; oë; knieë; tong; hande; voete.

Ek ruik met my ……………………..

Ek klap met my …………………….

Ek sien met my …………………….

Ek lek met my ………………………

Ek trap met my …………………….

Ek hoor met my ……………………

Ek byt met my ………………………

Ek voel met my …………………….

Ek knik met my …………………….

Ek buig met my …………………….

Aktiwiteit 3

Om van besitlike voornaamwoorde te leer [LU 6.2.8]

HERHALINGSPELETJIE

Een leerder in ‘n groep begin met: “Ek ruik met my neus.”

‘n Tweede leerder begin met: “Jy ruik met jou neus . . . “ en las byvoorbeeld by “. . . en ek sien met my oë.”

‘n Derde leerder sal sê: “Hy ruik met sy neus; jy sien met jou oë en ek fluit met my lippe.”

So kan die groep aanhou. Die groep wat die langste aanhou is die wenners.

INVULTAKIE

Julle het nou heerlik gespeel en gepraat. Kom ons kyk nou of jy en ‘n maat die volgende woorde reg kan invul. Maak gebruik van die volgende besitlike voornaamwoorde:

my, sy, haar, jou, ons, hulle, julle

a) Ek hoor met.......................... ore.

b) Hy ruik met........................neus.

c) Ons sien met........................... oë.

d) Hulle voel met............................ vingers.

e) Sy lek met........................................... tong.

f) Julle byt met ..................................... tande.

g) Jy fluit met........................................... lippe.

Aktiwiteit 4

Om van meervoude te leer [LU 6.2.6]

ONS HET MEER AS EEN

SPELETJIE

Sit in ‘n kring. Een leerder begin deur ‘n liggaamsdeel se naam te sê, bv. “mond”, en gee ‘n boontjiesakkie of bal vir die maat langsaan. Hierdie leerder sê wat meer as een van die dele genoem sal word, bv. “monde”.

As die antwoorde reg is, mag hy/sy nou weer ‘n beurt kry om ‘n woord te sê. Die leerders wat nie kan byhou nie, moet die kring verlaat. Kyk wie bly die langste sit!

SKRYF DIE WOORDE

Vul die woorde in. Om die meervoude (twee of meer) in te vul, kan jy eers die kontrolelys vir meervoude naslaan. Vergelyk jou woorde met die res van jou groep. Dit is belangrik dat jy die woorde korrek spel.

EEN TWEE
......................................... .........................................
......................................... .........................................
......................................... .........................................
......................................... .........................................
......................................... .........................................
......................................... .........................................
......................................... .........................................
........................................ .........................................
......................................... .........................................
......................................... .........................................

Assessering

LEERUITKOMS 3: LEES EN KYK

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.2 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van sommige elemente van poësie:

  • woorde wat rym (soos: kring, ring).

LEERUITKOMS 5: DINK EN REDENEER

Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

5.2 taal gebruik om te dink:

5.2.3 dinge klassifiseer (soos verskillende soorte voertuie) volgens bepaalde kriteria (soos die funksie en kapasiteit daarvan).

Leeruitkoms 6: taalstruktuur en –gebruik

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

6.2 verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer:

6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleiningsvorm en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos: rok/rokke; appel/appels; boekie; skoentjie; man/vrou; seun/meisie);

6.2.8 persoonlike, besitlike en vraende voornaamwoorde.

Memorandum

Aktiwiteit 2

  • ruik neus
  • klap hande
  • sien oë
  • lek tong
  • trap voete
  • hoor ore
  • byt tande
  • voel vingers
  • knik kop
  • buig knieë

Aktiwiteit 3

(a) my

(b) sy

(c) ons

(d) hulle

(e) haar

(f) julle

(g) jou

Aktiwiteit 4

  • vinger vingers
  • voet voete
  • hand hande
  • arm arms
  • knie knieë
  • oog oë
  • oor ore
  • toon tone
  • been bene

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask