<< Chapter < Page Chapter >> Page >

HERWINNING

Wat doen julle huisgesin met die koerante en tydskrifte wat julle klaar gelees het?

Het jy geweet jy kan daarmee geld verdien? Daar is 'n hele paar maatskappye wat gebruikte papier koop om dit weer te verwerk.

Jy en jou maats kan een keer per week ou koerante en tydskrifte in julle woonbuurt bymekaar maak. Vra dan vir iemand (miskien een van julle pa's) met 'n bakkie om dit vir julle na so 'n maatskappy te vervoer.

'n VRAGIE aan jou: Is jy al lid van julle dorp se biblioteek? Indien nie, moet jy so gou moontlik gaan aansluit!

Aktiwiteit 2

Om idiomatiese taal te leer gebruik [LU 6.4.4]

IDIOMATIESE TAALGEBRUIK

Gebruik die sketse van diere as leidrade om IDIOME van af te lei.

(a) (blaf; byt)

(b) (weg; baas)

(c) (dik; koring)

(d) (semels; vreet)

(e) (agteros)

(f) (fluit)

(g) (gegewe; bek)

(a) .....................................................................................................................

(b) .....................................................................................................................

(c) .....................................................................................................................

(d) .....................................................................................................................

(e) .....................................................................................................................

(f) .......................................................................................................................

(g) .....................................................................................................................

Assessering

Leeruitkoms 5: dink en redeneer

Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • inligting verwerk:
  • oordeel baseer op inligting en gevolgtrekkings maak.

Leeruitkoms 6: taalstruktuur en -gebruik

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • bewustheid en gebruik van styl ontwikkel:
  • eenvoudige idiomatiese uitdrukkings korrek gebruik.

Memorandum

Aktiwiteit 1

(i) mansmenskind

  • ‘n Wind wat koersloos waai / ‘n Wind wat in die rondte dwarrel
  • Gordonsbaai
  • Daar word glad nie van ‘n televisieberig melding gemaak nie.
  • Bv. Warrelwind raap saam op

Seun kry ‘n rit op ‘n wolk

Aktiwiteit 2 (a)

(i) Blaffende hond byt nie.

(ii) As die kat weg is, is die muis baas.

(iii) As die muis dik is, is die koring bitter.

(iv) Meng jou met die semels, dan vreet die varke jou.

(v) Agteros kom ook in die kraal.

(vi) Fluit-fluit, my storie is uit.

(vii) Moenie ‘n gegewe perd in die bek kyk nie.

(b) (i) Iemand wat baie praat, kry nie veel gedoen nie.

(ii) As die grootmense nie tuis is nie, doen die kinders net wat hulle wil.

(iii) As jy genoeg geëet het, smaak die lekkerste kos nie meer lekker nie.

(iv) As jy met slegte mense meng, moet jy verwag om teëspoed te kry.

(v) Die stadigste kry ook klaar.

(vi) My werk is klaar.

(vii) Moenie iets wat jy present gekry het, kritiseer nie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11081/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask