<< Chapter < Page Chapter >> Page >

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 4

DIE GEDRUKTE WOORD

Module 27

VERBEELDINGRYKE SKRYFWERK

Aktiwiteit 1

Skryf vir verbeeldingsdoeleindes [LU 4.1.1]

HELP! Die kunstenaar het sketse vir 'n prenteverhaal gemaak, maar by twee sketse staan niks geskryf nie. Skryf nou onderskrifte by die twee prente sodat die tydskrif gedruk kan word.

In hierdie huisie in die bos heers daar groot opgewondenheid.

Oupa Okkie kom vandag kuier. Oupa is 'n liewe man.

Oupa bring sy voëltjie, Pietie, saam. Pietie sit altyd op sy skouer.

Maar wie woon nou eintlik in hierdie huisie in die bos?

Storieboek

Nog 'n voorbeeld van drukwerk wat jy natuurlik baie goed ken en baie lief voor is, is die storieboek . Daar is miljoene der miljoene stories vertel en boeke geskryf deur al die jare. Sonder storieboeke sou jou lewe baie arm gewees het. Een van die heel lekkerste dinge in die lewe is om 'n storie of storieboek te lees!

Watter twee Afrikaanse storieboeke het jy onlangs gelees? Skryf hulle name neer.

  1. .................................................................................................................
  2. .................................................................................................................

Hoe word 'n storieboek gemaak? Net soos met koerante en tydskrifte, is daar 'n hele span mense wat 'n bydrae lewer. Die heel belangrikste is natuurlik die persoon wat die storie skryf. Ons noem hom of haar 'n skrywer of outeur.

Die outeur skryf die storie.

Die illustreerder maak die tekeninge (illustrasies).

Die uitgewer sorg dat die storie ‘n gedrukte boek word.

Die redakteur/redaktrise maak al die taal- en spelfoute reg.

Die drukker sorg dat die boek gedruk word.

'n Storieboek begin met 'n idee...

Ek dink aan iets.

Ek skryf dit neer.

Dit neem lank.

Ek sit en dink.

Dit moet netjies getik word.

Ek pos die voltooide manuskrip.

Die uitgewer besluit of die boek gepubliseer sal word.

Die laaste stap is die stofomslag wat om die boek gevou word.

Nou kan die boek verkoop word aan boekwinkels en biblioteke.

Assessering

Leeruitkoms 4: skryf

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

4.1 verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe skryf:

  • skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes (soos briewe, beskrywende paragrawe, limerieke).

Memorandum

Aktiwiteit Skryfvaardigheid: Eie poging

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11081/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask