<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Hoekom kon die kind nie praat nie?

....................................................................................................

....................................................................................................

  • Noem die speelgoed wat deur die venster gesien kon word.

....................................................................................................

....................................................................................................

  • Waarom sal die ander mense dink dat die kind gek is?

....................................................................................................

....................................................................................................

Aktiwiteit 5

Om vanselfstandige naamwoorde en adjektiewe te leer [LU 6.2.7]

Al die artikels wat die seuntjie wil koop, kan hy sien. Woorde wat name gee aan artikels of dinge wat sigbaar is, noem ons NAAMWOORDE .

Onderstreep al die naamwoorde van die artikels wat hy sien met groen kleurkryt.

Sommige van hierdie artikels word baie goed beskrywe om vir ons meer van die artikels te vertel, byvoorbeeld groot albasters.

Nou weet ons dat die albasters groot is.

"Groot" is 'n BESKRYWENDE WOORD

(a) Verbind die naamwoord met 'n lyntjie aan die regte beskrywende woord soos wat die seuntjie dit ervaar.

NAAMWOORD BESKRYWENDE WOORD
vlaggie groot
tol gestreepte
loodsoldaatjie vol
albasters klein
motorkarretjie mooi
nuutgeverfde

(b) Voltooi die volgende sinne deur 'n beskrywende woord in te vul om meer kleur aan die sinne te gee.

Maak gebruik van die woorde tussen hakies, maar moenie 'n woord meer as een keer gebruik nie. Lees jou sinne vir 'n maat.

[plat, ronde, kleurvolle, geveerde, wapperende, gelukkige, vinnige, regop]

  • Die .............................. boot met sy ............................................ vlaggie gly oor die water.
  • Die .............................. loodsoldaatjie staan langs die ..................................haantjie.
  • Die ................................... motorkarretjie ry woes om die draai.
  • Die ......................................seuntjie het vyf ...................... albasters gewen.

Assessering

Leeruitkoms 3: lees en kyk

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.2 op ‘n eenvoudige manier begrip toon van sommige elemente van poësie:

  • woorde wat rym (soos: kring, ring).

Leeruitkoms 4: skryf

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

4.4 mediatekste ontwerp:

4.4.1 ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing ontwerp.

Leeruitkoms 5: dink en redeneer

Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

5.2 taal gebruik om te dink:

5.2.1 begin om meer komplekse vrae te stel en beantwoord (soos: Hoekom ...? Wat dink jy ...?).

LEERUITKOMS 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

6.2 verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer:

6.2.2 enkelvoudige sinne met ‘n onderwerp, gesegde en voorwerp (soos: Die kind lees die boek);

6.2.7 eenvoudige verbuiging van adjektiewe, alledaagse trappe van vergelyking en intensiewe vorme.

Memorandum

Aktiwiteit 4

(i) Die kind moes by die winkelvenster stilstaan, want die

speelgoed kyk vir hom aan deur die volgepakte winkelvenster.

(ii) Die kind is sprakeloos.

(iii) Die kind kon nie praat nie, want dit het gelyk asof al die speelgoed stadig in beweging kom en hom nader roep.

(iv) In die venster kon ‘n loodsoldaatjie, bootjie, klein karretjie, haantjie, vlaggie, ‘n doos met groot albasters, nuutgeverfde tol, gesien word.

(v) Die ander mense sal dink die kind is gek as hy/sy hulle vertel dat al die speelgoed in die winkelvenster stadig in beweging gekom het.

(c) loodsoldaatjie, bootjie, karretjie, vlaggie, albasters, tol, haantjie

Aktiwiteit 5(a)

  • vlaggie gestreepte
  • tol nuutgeverfde
  • loodsoldaatjie mooi
  • albasters groot
  • motorkarretjie klein

Aktiwiteit 5(b)

  • plat, wapperende
  • kleurvolle, geveerde
  • vinnige
  • gelukkige, ronde

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 4. OpenStax CNX. Oct 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11082/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask