<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Die leerders moet nou twee-twee oefen hoe hulle vir Willie sal groet en laat welkom voel. (Een leerder is Willie en die ander die maatjie by wie hy kom kuier. Daarna ruil hulle plekke. Indien daar genoeg tyd is, kan al die leerders dit voor die klas opvoer.) Leerders kan ook oefen om iemand in ‘n ander taal te groet, byvoorbeeld Engels of Xhosa.

LU 2.9

Vertel vir die leerders die storie van Gouelokkies en die drie bere. (Die storie kan gevind word in enige volledige sprokiesboek en kan dus ook gelees word.) Laat leerders hierdie, en ander bekende stories, terugvertel. (LU/AS 2.7)

Gouelokkies het ook by iemand gaan kuier wat sy glad nie ken nie, maar sy het ongelukkig nie goeie maniere gehad nie. Gesels oor die dinge wat sy verkeerd gedoen het. Wat kon sy anders en beter gedoen het?

Doen dan die prent op die volgende bladsy as ‘n luisteraktiwiteit. Terselfdertyd word leerders se begrip van woorde soos groot , klein, baie, min, regs en links getoets.

Elke leerder moet die inkleurbladsy en kleurpotlode voor hom hê. Die onderwyser herhaal elk van die volgende opdragte twee keer duidelik en leerders reageer deur die regte prentjie in te kleur.

- Kleur die grootste stoel blou in.

- Kleur die kleinste stoel oranje in.

- Watter beer sit regs van Mamma Beer? Kleur die beer geel in.

- Watter bottel koeldrank het die minste koeldrank in? Kleur dit groen in.

- Watter bakkie pap het die meeste pap in? Kleur dit pienk in.

- Watter kraan is links? Kleur dit swart in.

- Watter kas is die hoogste? Kleur dit bruin in.

Na afloop van hierdie aktiwiteit moet elke leerder prente in ‘n tydskrif soek wat by die betrokke woorde op die volgende bladsy pas. Lees die woorde eers saam met die leerders deur.

LU 1.1

Lees die volgende storie aan die leerders voor. Daarna moet hulle dit in groepe op die mat voorlees. Laat leerders die woorde wat vir hulle nuut is en waarmee hulle gesukkel het, in die leesstuk onderstreep.

Leerders moet ook die blokkiesraaisel oor Gouelokkies voltooi.

Gouelokkies het nie goeie maniere gehad toe sy gaan kuier het nie! Sy het glad nie dankie gesê of verskoning gemaak vir dit wat sy gebreek het nie. Die leerders moet ‘n kaartjie namens Gouelokkies maak waarin sy dankie sê en verskoning vra. Wys ook vir hulle voorbeelde van ander kaartjies (leerders kan dit klas toe bring en uitstal) en bespreek dit in klasverband. Leerders kan prentjies uit tydskrifte, gekleurde stukkies papier en enige ander beskikbare materiaal gebruik om dit te maak.

LU 4.3

Oefen Gouelokkies se gesigsuitdrukkings in die storie. Hoe het sy gelyk toe sy die warm / koue pap geëet het? Hoe het haar gesig gelyk toe die stoel breek, ensovoorts? Verdeel die klas nou in groepe van vier elk en laat hulle die storie opvoer.

LU 2.4

Laat die leerders die storie op die volgende bladsy in groepe op die mat en later ook individueel lees.

Daarna moet hulle ‘n prent teken van waar hulle saam met Willie speel en vier sinne skryf wat daarby pas.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Kies die woord wat die beste by die prentjie pas
LU 3.5 LU 6.1
  • Bou woorde wat met “t” eindig en teken ‘n prentjie wat daarby pas.
hou___ sou___
kry___ nuu___
rui___ ka___
praa___ maa___
graa___ naa___
LU 3.5 LU 6.1

Ek en willie

Willie kom by my speel! Ek is baie bly! Ek groet Willie. Ek wil hê hy moet lekker kuier.

Ons speel met my bal op die gras. Dit is baie pret! Willie is baie kort, maar hy hardloop vinnig. Daarna speel ons op my rekenaar. Willie ken glad nie ‘n rekenaar nie. Ek wys vir hom alles.

Willie eet sy kos met ‘n teelepel. Hy bad in ‘n klein badjie. Ons kyk televisie. Willie het nog nooit televisie gekyk nie. Hy hou baie daarvan. Hy lag.

Willie is my maatjie. Ons speel lekker saam. Ek hou van Willie. Willie hou van my.

LU 3.4 LU 3.5
  • Teken vir jou en Willie en skryf vier sinne wat by jou prentjie pas.
LU 4.2 LU 6.2 LU 6.3

Assessering

Leeruitkomste 3: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel.

Leeruitkomste 4: LEES EN KYK : Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfaktiwiteite doen.

Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK : Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.1: Dit is duidelik wanneer die leerder klanke in verband bring met letters en woorde.

Assesseringstandaard 6.2: Dit is duidelik wanneer die leerder met woorde werk.

Assesseringstandaard 6.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met sinne werk.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 1. OpenStax CNX. Sep 08, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11010/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask