<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 2   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Wiskunde in die wêreld rondom ons

Opvoeders afdeling

Memorandum

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

MODULE 1

Kritieke- en ontwikkelings uitkomste Bladsyverwysings
KU 1 E-4, 10, 11, 14, 18, 19, 20, 21, 24
KU 2 E-1, E-5, 15, 25
KU 3 3, 4, E-2, 16, 17
KU 4 5
KU 5 1, 7, 8, 9, 12, 13, 22
KU 6 28
KU 7 5, 6, 27, 28, 29
KU 8 26, E-9
  • Integrasie van Temas: Vriende
  • Inklusiwiteit: Alhoewel elkeen van ons uniek is, is daar baie ooreenkomste; karaktereienskappe, sport, opvoeding ens.
  • Sosiale Geregtighede: Bespreek vriende se gedrag teenoor mekaar.
  • n Gesonde Omgewing: Wat is ons plig as aardbewoners om ons omgewing skoon te hou?

Opvoeder se bladsy

Verdubbeling

  • Tel 1 teller / blokkie / boontjie met een hand op.
  • Tel dieselfde aantal met die ander hand op.
  • Hoeveel?
  • Hoeveel altesaam?
  • Ons kan sê: 1 + 1 = 2
  • Wat het ons gedoen?
  • Ons het dieselfde aantal in die ander hand geneem.
  • Ons sê: ONS HET EEN VERDUBBEL.
  • Een verdubbel is gelyk aan twee.
  • Volg dieselfde stappe met 2, 3, 4 en 5 sodat leerders die begrip verdubbeling verstaan.
  • Vra elkeen afsonderlik sodat vasgestel kan word of hy die woord “verdubbel” verstaan, en of hy die verdubbeling kan doen.
  • Hoe kan ons getalle verdubbel anders as om tellers te gebruik? Teken?
  • Kyk in die vertrek rond: Kan jy enige plek sien waar getalle verdubbel word?Bv. 4 vensters aan die linkerkant en 4 vensters aan die regterkant.Ligte?Liggaamsdele? – oë, ore, hande, voete, vingers, tone.

Halvering

Halvering beteken dat iets gelykop verdeel word tussen twee mense.

Op die mat bv.:

  • Neem 2 tellers.Verdeel hulle tussen 2 leerders.Hoeveel kry elkeen?Wat gebeur as ons die 2 tellers weer bymekaar sit? Ons sal 2 hê. Wat word dit genoem? Verdubbeling.
  • Neem 4 tellers.
  • Volg die stappe soos vir 2.
  • Neem 6.
  • Neem 8.
  • Neem 10
LU 1.10

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: verdubbeling en halvering [lu 1.10, lu 1.2, lu 1]

Verdubbeling en halvering

Sandra en Jaco gaan stap.

  • Hulle sien alles wat verdubbel het. Hulle kan hulle ook halveer.
  • Kan jy?

  • Maak getalsinne met alles wat verdubbel het.

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

LU 1.10
  • Verdubbeling en halvering
Watter getalle kan jy verdubbel? Halveer hulle nou.
10 ........... Die helfte van 20 ...........
20 ........... 40 ...........
100 ........... 200 ...........
200 ........... 400 ...........
Watter ander getalle kan jy halveer? Verdubbel hierdie.
Probeer 40 ........... 20 ...........
60 ........... 30 ...........
80 ........... 40 ...........
LU 1.10
  • Ek hou my goed netjies.
  • Ek het ______________________ paar sokkies.
  • Ek het ______________________ sokkies altesaam.

2 + 2 + 2 + 2 =____________________

2 vier keer geneem is gelyk aan ______________________

  • Ek het ______________________ paar skoene.
  • Ek het ______________________ skoene altesaam.

2 + ___________ + ___________ = ___________

2 ___________ keer geneem is gelyk aan ___________

  • My hemde is in 2’s gestapel.
  • Ek het ______________________ hemde altesaam.

2 + 2 = ______________________

2 taken ________________ keer geneem is gelyk aan _________________

LU 1.2

Kleur :2 rooi2 blou Tel in 2’s Kleur :3 rooi3 blou Tel in 3’s
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10

  • Ek stapel my speelgoed op
LU 1
  • Voltooi

3 seuns dra _______________sokkies. 2 + 2 + 2 = _______________

5 meisies het _______________oë. 2 + 2 + 2 + 2 + 2 = _______________

My ma het _______________ hande. 2 + 0 = . _______________

ie en Anna het _______________ hande. 2 + 2 = _______________

Danie en Sisulu het _______________ skoene. 2 + 2 = _______________

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder aan en terug tel in:

1.2.1 ene vanaf enige getal tussen 0 en 200;

1.2.2 tiene vanaf enige veelvoud van 10 tussen 0 en 200;

1.2.3 vywe vanaf enige veelvoud van 5 tussen 0 en 200;

1.2.4 twees vanaf enige veelvoud van 2 tussen 0 en 200;

Assesseringstandaard 1.10: Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende tegnieke gebruik:

1.10.1 opbou en afbreek van getalle;

1.10.2 verdubbeling en halvering;

1.10.3 gebruik van konkrete apparaat (bv. tellers);

1.10.4 getallelyne;

Questions & Answers

calculate molarity of NaOH solution when 25.0ml of NaOH titrated with 27.2ml of 0.2m H2SO4
Gasin Reply
what's Thermochemistry
rhoda Reply
the study of the heat energy which is associated with chemical reactions
Kaddija
How was CH4 and o2 was able to produce (Co2)and (H2o
Edafe Reply
explain please
Victory
First twenty elements with their valences
Martine Reply
what is chemistry
asue Reply
what is atom
asue
what is the best way to define periodic table for jamb
Damilola Reply
what is the change of matter from one state to another
Elijah Reply
what is isolation of organic compounds
IKyernum Reply
what is atomic radius
ThankGod Reply
Read Chapter 6, section 5
Dr
Read Chapter 6, section 5
Kareem
Atomic radius is the radius of the atom and is also called the orbital radius
Kareem
atomic radius is the distance between the nucleus of an atom and its valence shell
Amos
Read Chapter 6, section 5
paulino
Bohr's model of the theory atom
Ayom Reply
is there a question?
Dr
when a gas is compressed why it becomes hot?
ATOMIC
It has no oxygen then
Goldyei
read the chapter on thermochemistry...the sections on "PV" work and the First Law of Thermodynamics should help..
Dr
Which element react with water
Mukthar Reply
Mgo
Ibeh
an increase in the pressure of a gas results in the decrease of its
Valentina Reply
definition of the periodic table
Cosmos Reply
What is the lkenes
Da Reply
what were atoms composed of?
Moses Reply
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 2. OpenStax CNX. Oct 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11127/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 2' conversation and receive update notifications?

Ask