<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Renier se dagboek

Opvoeders afdeling

Memorandum

Inleiding

Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.

Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.

Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules . Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Die module begin met ‘n gedeelte om te lees wat gaan oor “dagboeke” en vrae word daaroor gestel.

Renier verkeer in ‘n dilemma en weet nie hoe om sy probleem op te los nie. Die leerders help hom en kom met voorstelle nadat hulle die probleem bespreek het.

Hulle skryf dialoë, bespreek die betekenis van spreekwoorde en gesegdes en leer teenoorgesteldes aan. Leerders skryf hulle eie dagboeke vir twee dae en word aangemoedig om persoonlike gevoelens te ontleed.

  • SKRIF

Moeilike kombinasies in lopende skrif word geoefen.

  • KLANKE EN WOORDBOU

Woorde wat eindig op -er, -el, -en, en -em; ook -ig, -ige, -ik, -ike.

Verkleinwoordjies soos: blaar – blaartjie; kat – katjie; hond – hondjie word aangeleer.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Lees.
  • Bespreek die onderwerp in die klas en maak seker jy verstaan dit.

Dagboeke is baie persoonlik.

Mense skryf dagboeke om belangrike gebeurtenisse te onthou en ook om hul gevoelens te beskryf.

Dagboeke is net vir die skrywer se oë bedoel. Die skrywer gee so meer uiting aan sy/haar gevoelens en skryf dikwels oor verhoudings in en om sy/haar gesin.

Ons lees nie ander mense se persoonlike dagboeke nie. Die skrywer sal dit nie wil hê nie. In hierdie geval het Renier sy dagboek aan jou gegee om te lees. Hy wil hê jy moet dit lees, want hy sê hy was baie eerlik met homself en hy voel jy sal baie kan leer as jy sy dagboek lees.

Dankie, Renier, dat ons jou persoonlike dagboek kan lees.

  • Verduidelik wat beteken “baie persoonlik”, “belangrike gebeurtenisse”, “verhoudings” en “eerlik”.
  • Is jy nou opgewonde, nuuskierig, ontevrede of ongelukkig?
LU 2.5 LU 2.8 LU 5.2 LU 5.5
  • Beantwoord die volgende vrae.

1. Wat is ‘n dagboek?

‘n Dagboek ......................................................................................................................

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11109/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask