<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 6   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Getalbegrip, optelling en aftrekking

Getalbegrip

Opvoeders afdeling

Memorandum

  • 203; 190; 173; 208; 236; 222; 253; 471; 570; 459; 423; 472; 430; 343; 453; 357; 315

1 000 000

Leerders afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om hoofrekene te kan doen [lu 1.8.2]

Kompetisie tyd!

  • Kompeteer teen ’n maat en kyk wie kan die volgende pyldiagram eerste KORREK voltooi. Jy mag nie ’n sakrekenaar gebruik nie.

Die merkwaardige miljoen!

Jy weet reeds:

10 x 10 = 100

100 x 10 = 1 000

1 000 x 10 = 10 000

10 000 x 10 = 100 000

Kyk goed na die patroon hierbo en vul in:

100 000 x 10 = ______________________________________________________

Korrek! 100 000 x 10 = 1 000 000

Ons lees: 1 000 000 eenmiljoen

  • In the notation column it looks like this:
Miljoen Honderdduisend Tienduisend Duisend Honderd Tien Een
M HD TD D H T E
1 000 000 100 000 10 000 1 000 100 10 1
  • Kom ons lees die groot getalle

4 721 568 word gelees as 4 miljoen 721 duisend 568

Dus: viermiljoen sewehonderd een en twintig duisend vyfhonderd ag en sestig

Let op!

Ons groepeer die syfers drie-drie van agter af.

Die eerste spasie van links sê vir ons hoeveel miljoene daar is. Die tweede spasie van links dui aan hoeveel duisende daar is.

Bv. 3 (miljoen) 268 (duisend) 413

Assessering

Leeruitkomste 1: Die leerder is in staat om getalle en hul verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel. Hulle kan ook met bekwaamheid en vertroue tel, skat, bereken en kontroleer tydens die oplos van probleme.

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer wat die volgende behels:

1.9.1: optelling en aftrekking;

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 6. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11072/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 6' conversation and receive update notifications?

Ask