<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 4

Persoonlike en sosiale vaardighede

Module 2

Musiek

Musiek

Aktiwiteit 1

Om klankkleur te ondersoek [lu 3.6]

Wat is klankkleur?

Stap 1

Sing die lied Rooi, Geel, Blou .

Stap 2

Verdeel in die drie kleurgroepe:

Rooi - stemme

Geel - liggaamsperkussie (ons gebruik ons liggaam as instrument)

Blou - ritmiese instrumente (ritmeblokkies)

Voer nou die lied uit op jou “instrument”

ROOI GEEL BLOU
Stem Liggaamsperkussie Ritmeblokkies
Sing Handicap Kap blokkies
Neurie Vingerklap Vryf blokkies

Waarneming

Klink die Blou-groep dieselfde as Rooi-groep?
Klink die Blou-groep dieselfde as Geel-groep?
Klink die Geel-groep dieselfde as Rooi-groep?

Elke stem en elke instrument het ‘n spesifieke klankkleur wat hom uniek maak en onderskei van ander. Hierdie klankkleur noem ons ook timbre . (Uitgespreek: taam-bre)

Aktiwiteit 2

Om te ondersoek hoe klankkleur verander kan word [lu 3.6]

Hoe kan ek die klankkleur ligter of donkerder maak?

Metode

Elke kleurgroep onderverdeel in twee groepe – lig en donker. Voer nou die lied uit op jou betrokke instrument soos aangedui. Luister noukeurig na Juffrou se instruksies!

1. Onderskei tussen sag en hard

ROOI GEEL BLOU
piano FORTE piano FORTE piano FORTE

2. Onderskei tussen vinnig of stadig , met ander woorde TEMPO

ROOI GEEL BLOU
vinnig STADIG vinnig STADIG vinnig STADIG

3. Onderskei tussen staccato en legato

ROOI GEEL BLOU
staccato LEGATO staccato LEGATO staccato LEGATO

Staccato klink soos ‘n bal wat hop, of reëndruppels wat val, met ander woorde kort klanke. Uitgespreek: Sta-ka-toe.

Legato klink soos ‘n stuk borrelgom wat jy uitrek, met ander woorde al-les- aan-een. Uitgespreek: lê-gha-toe

4. Onderskei tussen solo en groep .

Wanneer een persoon alleen sing (of ‘n instrument bespeel), noem ons dit ‘n solo .

Wanneer ‘n groep saam sing of speel, noem ons dit ‘n ensemble .

ROOI GEEL BLOU
solo ENSEMBLE solo ENSEMBLE solo ENSEMBLE

5. Probeer nou verskillende kombinasies bv.

Rooi + geel: vinnig en sag

Rooi + geel + blou: sag, staccato en vinnig

6. Voorstelle vir kombinasies:

7. Die mooiste kombinasie:

Voltooi die volgende kontrolelys: JA NEE
Ek kan onderskei tussen LIG en DONKER
Ek kan onderskei tussen solo en ENSEMBLE
Ek kan onderskei tussen piano en FORTE
Ek kan onderskei tussen staccato en LEGATO
Ek kan onderskei tussen vinnig en STADIG

Aktiwiteit 3

Om ‘n kanon te sing [lu 3.5]

Jy het ‘n kanon gesing!( uitgespreek: Kaa-non )

‘n Kanon is wanneer twee of meer groepe dieselfde lied sing, maar elke groep val in op ‘n verskillende tydstip.

  • Probeer die volgende kombinasie:
LIGTE GROEP DONKER GROEP
piano, staccato FORTE, LEGATO
  • Elke groep bespreek moontlike kombinasies en besluit dan op ‘n spesifieke kombinasie. Jy kan egter nie vinnig/stadig gebruik nie - almal MOET in DIESELFDE TEMPO sing! Oefen eers die kombinasies en sing dan die kanon.
Woorde Primêre kleure bind dit saam Kleure van die reënboog ROOI GEEL BLOU ROOI GEEL BLOU
Voorbeeld staccato staccato LEGATO en FORTE LEGATO en piano
Ek is in die groep
  • Neem die finale produk op band.
  • Luister na die opname. Hoe voel jy daaroor? Is daar enige voorstelle vir verbetering?

KAN JY DIE VOLGENDE GRAFIESE VOORSTELLING VAN DIE KANON ONTSYFER?

Assessering

LEERUITKOMS 3: DEELNAME EN SAMEWERKING

Die leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

3.5 kanons, ronde- of tweedelige liedjies saam met andere kan sing en /of speel saam met ander leerders, en natuurlike, gemaakte en gevonde instrumente gebruik;

3.6 eenvoudige blaasinstrumente, soos ‘n Kazoe of Tshikona/Dinaka-fluit, of slaginstrument soos skudders in harmonie met ander speel.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 4. OpenStax CNX. Sep 17, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11088/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 4' conversation and receive update notifications?

Ask