<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Kuns en kultuur

Graad 5

Kritiese en kreatiewe refleksie

Module 9

Deelname aan klasbesprekings oor dans

DANS

AKTIWITEIT 1

OM AKTIEF DEEL TE NEEM AAN KLASBESPREKINGS OOR DANS: REFLEKTERING/NABETRAGTING

[LO 2.1]

  • Aangesien Suid-Afrika ‘n multikulturele samestelling het, is dit ‘n belangrike vaardigheid om goed na iets te kyk en dan kommentaar te lewer. Wie weet, dalk ontdek jy ‘n dans wat jy graag wil aanleer!
  • Jou opvoeder gaan vir jou ‘n video van ‘n dans of danse wys.

Neem kennis van die volgende aspekte terwyl jy na die video kyk:

vorm – rond, gedraai

grootte – klein, wyd, smal, groot

spoed – stadig, vinnig, skielik, aanhoudend

spanning – sterk, lig, kragtig, sagkens

rigting – agtertoe, vorentoe, dwars, op, af

vlakke – hoog, middel, laag

kontinuïteit – vryvloeiend, aarselend, aaneenlopend, stilstand

bane op die vloer – reguit of krom, vierkante, sirkels, sig-sag

aksies – spronge, rigtingveranderings, draaie

kostuums

grimering

musiek

stel

stemming – gelukkig, hartseer, kalm, kwaad

gevoelens of emosie – besorgd, trots, gulsig, bang

Verskaf die antwoorde nadat jy na die video gekyk het.

1. Watter deel van die dans was vir jou die opwindendste?

2. Wat was die boodskap van die dans?

3. Kan jy enige voorstelle maak om die dans op ‘n ander manier te eindig?

4. Watter deel van die dans sal jy graag wil dans?

5. Watter bewegings het jy waargeneem?

6. Hoe voel jy oor wat jy gesien het?

7. Wat was oorspronklik of verbeeldingryk omtrent die dans?

8. Wat het die dans vir jou vertel oor die mense en hulle omgewing?

9. Was daar ‘n storie? Beskryf.

10. Beskryf die musiek, kostuums en die stel.

AKTIWITEIT 2

OM VERSKILLENDE DANSE IN SUID-AFRIKA TE IDENTIFISEER

[LU 2.2]

  • Daar is verskillende soorte danse in Suid-Afrika, omdat ons bevolking uit verskillende etniesegroepe bestaan. Dit is interessant om te onderskei tussen die verskillende danse.

Ondersoek die volgende danse:

Volksdanse : Spaanse danse, Ierse danse (The Riverdance), Afrika-stamdanse, Indiese danse, ens.

Baldanse : die wals, ‘two-step’, ‘jakkalsdraf’, ens.

Latyns-Amerikaanse danse : tango, cha-cha, samba, ens.

Verhoogdanse : Ballet, Moderne danse, Broadway-musiekblyspele, Film- musiekblyspele

Moderne sosiale danse : disco, hip-hop, break dancing, klubdanse

Oefening:

Probeer soveel as moontlik prente kry van danse in Suid-Afrika wat jy al gesien het. Plak hulle op A4-bladsye en plaas hulle in jou lêer.

Maak ‘n lys van die danse waarvan jy weet wat in Suid-Afrika voorkom.

Beskryf en/of probeer om 'n dans van jou keuse vir die klas te demonstreer.

Indien moontlik, bring iets eiesoortigs van die danse klas toe, bv. musiek, kostuum, prente, grimering, ens.

Skryf die volgende neer in verband met die dans van jou keuse:

Naam van die dans :

Wat ek saambring :

Naam van die musiek

Geskiedenis van die dans

Assessering

LU 1

SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERINGDie leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

DANS

1.1 by die voorbereiding van die liggaam ‘n opwarmingsritueel volg wat koördinasie en beheer ontwikkel.

LU 2

REFLEKSIEDie leerder kan krities en skeppend op kuns- en kultuurprosesse, -produkte en -style in vergange, asook huidige kontekste reflekteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

DANS

2.1 aktief deelneem aan klasbesprekings oor interpretasies en response ten opsigte van ‘n dans wat lewendig of op televisie gesien word; aandag gee aan die gebruik van ontwerpelemente, asook aan die doel en styl van die dans;

2.2 die baie soorte danse in Suid-Afrika kan identifiseer en beskryf;

DRAMA

2.3 hom uitspreek oor drama (televisie, radio, gemeenskap of klaskamer) in terme van:

  • die herkenning van sleutelmomente in ‘n drama;
  • die identifisering van temas, idees en stemminge;
  • verklarings vir die gebruik van spesifieke tegnieke;
  • sensitiwiteit vir die sosiale en kulturele kontekste;

MUSIEK

2.4 die lettername van note op lyne en in spasies op ‘n sopraan-notebalk, asook hul onderskeie toonhoogtes, kan herken;

2.5 kwart-, halwe - en agstenootwaardes, asook rustekens in ‘n kort wysie kan herken;

2.6 die verskillende timbres van stemme in koormusiek kan herken en beskryf;

2.7 na ‘n verskeidenheid geselekteerde liedjies luister, die genre kan identifiseer (bv. blues, pop, Kwaito, klassiek, tradisioneel, Vry-Kiba, opera, musiekblyspele, Malombo, Kwassa-Kwassa, Techno, Soukous), en sy eie mening oor elke styl kan uitspreek;

VISUELE KUNSTE

2.8 tussen verskillende kunsvorme kan differensieer, bv. teken, skilder, argitektuur, beeldhou, ontwerp, handkunswerk en grafiese media;

2.9 op beelde, ontwerpe en kunshandwerke wat in volkskultuur, prente en foto’s gebruik word, reageer in terme van doel, inhoud, vorm, kontraas en betekenis.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Kuns en kultuur graad 5. OpenStax CNX. Sep 23, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10976/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Kuns en kultuur graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask