<< Chapter < Page
  Ekonomiese en bestuurswetenskappe     Page 2 / 4
Chapter >> Page >

Inkomste vir dienste gelewer

Die geld wat ’n onderneming ontvang vir dienste gelewer (ook bekend as lopende inkomste) word gewoonlik met behulp van ’n kasregister ontvang en die kasregisterrol dien as rekord en brondokument. Dit kan ook in ’n faktuurboek aangeteken word en die afskrif van die kontantfaktuur sal dan dien as brondokument.

  • Die voltooide KOJ dui aan hoe die tipe transaksie geboekstaaf word (sien voorbeeld 1).
  • Salon Jolie se lopende inkomste vir Januarie is van die kasregisterrol verkry en lyk soos volg :

Jan. 4 R400

Jan. 10 R540

Jan. 15 R680

  • Gebruik die blanko kontantontvangstejoernaal op die volgende bladsy (KOJ 3.3) om die onderstaande kontanttransaksies aan te teken.
  • Voltooi totale in die kolomme.

Mnr. Peter Pipe stig ’n loodgietersonderneming met die naam, Pipe Loodgieters, en betaal R10 000 in die onderneming se lopende bankrekening in as kapitaal, op 1 Julie 2002. Gedurende Juliemaand het hy loodgieterdienste gelewer en die volgende verdien aan lopende inkomste.

5 Julie R1 500

15 Julie R2 000

25 Julie R1 800

Voorbeeld 1

Kontantontvangstejoernaal van salon jolie – januarie 2003

Dok. Dag Besonderhede Fol. Ontleding Bank Lopende inkomste
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede
Deposito- strokie 1 J. Jolie 50 000 00 50 000 00 Kapitaal KR 4 Dienste gelewer 400 00 400 00 400 00 KR 10 Dienste gelewer 540 00 540 00 540 00 KR 15 Dienste gelewer 680 00 680 00 680 00 51 620 00 1 620 00 50 000 00

Kontantontvangstejoernaal van .................................................. – ......................... 20......koj 3.3

Dok. Dag Besonderhede Fol. Ontleding Bank Lopende inkomste
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede

Aktiwiteit 4:

Om kontantbetalings te boekstaaf

LU 3.3

Die onderneming beskik oor ’n lopende bankrekening waarin alle ontvangstes betaal word en waaruit alle betalings deur middel van tjeks gedoen word. Alle kontantbetalings word in ’n joernaal aangeteken wat die kontantbetalingsjoernaal genoem word (KBJ). Sien voorbeeld 2.

Dit is noodsaaklik om alle kontantbetalings in die KBJ aan te teken om sodoende aan die einde van die maand te bepaal hoeveel geld gedurende die maand uitbetaal is.

Die tjekteenblad of afskrif van die tjek dien as brondokument. Die volgende inligting moet op die tjekteenblad verskaf word om ’n inskrywing in die KBJ te doen.

  • Naam van die begunstigde aan wie die tjekbetaling gedoen is
  • Datum waarop die betaling plaasvind
  • Aard van die betaling (waarvoor)
  • Bedrag van die betaling

OPDRAG 1: Tjek en KBJ

  • Voltooi die tjekvorm en KBJ op die volgende bladsy (KBJ 3.4.1) deur gebruik te maak van die volgende inligting met betrekking tot Pipe Loodgieters:

1. Op 2 Julie 2003 word tjek 009 aan TJ Motors betaal vir ’n afleweringsvoertuig van R50 000 (Voltooi die ingeslote blanko tjek).

2. Tjek 010 word op 5 Julie uitgereik vir R850 aan Pipes a Plenty. Die betaling is vir die aankoop van loodgieterbenodigdhede.

3. Tjek 011 word betaal aan TJ Motors vir brandstof ter waarde van R200 op 10 Julie.

4. Skryfbehoeftes ter waarde van R150 word aangekoop van Kantoorvoorsieners en per tjek betaal op 15 Julie. (Nommer van hier af die tjeks self).

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11039/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask