<< Chapter < Page
  Ekonomiese en bestuurswetenskappe     Page 4 / 4
Chapter >> Page >

Ontvang R1 000 van A.S. Dienste vir die verhuring van ’n gedeelte van die gebou. Kwitansie 008 word aan A.S. Dienste uitgereik.

LU 3.3

OPDRAG 4 – KOJ en KBJ

  • C. Roux begin ’n diensonderneming op 1 Maart 2003 met die naam Carien Haarsalon. Die transaksies vir Carien Haarsalon vir Maart 2003 word hieronder gegee.
  • Voltooi KOJ 3.4.3 en KBJ 3.4.4 op die gegewe antwoordvel en sluit dit af deur die kolom­totale te bepaal.
  • Maart 2003

1 C. Roux deponeer R120 000 in die onderneming se lopende bankrekening as kapitaalbydrae.

2 Betaal die munisipaliteit R750 per tjek 001 vir ’n handelslisensie.

3 Koop skryfbehoeftes van AT Handelaars vir R105.

4 Koop ’n gebou van Devon Eiendomme om die besigheid in te bedryf en betaal die bedrag van R80 000 per tjek.

7 Betaal ’n tjek aan Krige Kabinetmakers vir rakke en kaste geïnstalleer teen R4 500.

8 Wissel 'n kontanttjek vir lone, R500.

9 Koop haarsorgmiddels van Henka Voorsieners teen R318 en betaal per tjek.

11 Haardroërs en ander elektriese toerusting word aangekoop van Hairdo Voorsieners. Reik ’n tjek ter waarde van R800 aan hulle uit.

15 Koop skryfbehoeftes van Eksteen Handelaars en betaal per tjek, R250.

18 Koop ’n motorvoertuig van Maxi Motors vir R26 000 vir gebruik in die besigheid en betaal per tjek.

20 Ontvang ’n telefoonrekening van Telkom en reik 'n tjek uit ter betaling van die rekening R194.

21 Kontant ontvang vir dienste gelewer volgens die kasregisterrol, R1 976.

24 Koop addisionele toerusting van Gie Winkels en betaal R3 200 per tjek.

25 Reik ’n tjek ter waarde van R500 uit aan Goudkop Versekeraars. R150 is vir die eienaar se persoonlike versekering en die res is vir die besigheid se versekering.

26 Ontvang die rekening vir water en elektrisiteit van die munisipaliteit vir R350. Betaal dit per tjek.

30 Kontant ontvang vir dienste gelewer volgens die kasregisterrol, R2 945.

LU 3.3

OPDRAG 5: KOJ en KBJ

  • Voltooi KOJ 3.4.4 en KBJ 3.4.5 aan die hand van die volgende gegewens:
  • Op 1 Augustus 2003 begin die eienaar, P. Naidoo, ’n onderneming met die naam, Petty Prokureursdienste, met ’n kapitaalbydrae van R80 000. Kwitansie 01 word ten gunste daarvan uitgereik en die bedrag word in die onderneming se bankrekening inbetaal.
  • Gedurende Augustus 2003 word die volgende tjeks uitgereik:
Datum Tjekno. Begunstigde Betaling Bedrag
Aug. 4 001 Gavin en Kie Huur van gebou R 750
Aug. 6 002 Munisipaliteit Handelslisensie R 520
Aug. 7 003 M.K. Bpk. Toerusting R 8 500
Aug. 10 004 AD Drukkers Advertensie R 500
Aug. 12 005 CA Boekwinkel Skryfbehoeftes R 550
Aug. 14 006 Jay Motors Voertuig R18 600
Aug. 16 007 M L Bpk. Verbruikbare materiaal R 7 500
Aug. 20 008 Jay Motors Brandstof R 300
Aug. 21 009 Kontant Lone R 560
Aug. 23 010 Munisipaliteit Water en Elekt. R 295
Aug. 24 011 AD Drukkers Skryfbehoeftes R 750
Aug. 26 012 P Naidoo Persoonlike gebruik R 600
Aug. 28 013 Kontant Lone R 780
014 CL Cleaners Verbruikbare materiaal R 350
Aug. 29 015 Exclusive Clothing Rok vir eienaar se vrou R 920
Aug. 30 016 Jay Motors Brandstof R 250
017 Kontant Lone R 520
018 Telkom Telefoon R 160
  • Gedurende Augustus 2003 is die volgende bedrae ontvang vir dienste gelewer volgens duplikaatfakture. Al die bedrae is op die gegewe datums in die onderneming se bankrekening inbetaal.

Augustus 16 R2 900 Faktuurnommer 200

Augustus 24 R8 078 Faktuurnommer 201

Augustus 30 R8 954 Faktuurnommer 202

  • Sluit die KOJ en KBJ aan en sluit af deur die totale te bereken.
LU 3.3

Kontantontvangstejoernaal van .................................................. - .........................koj 3.4.1

Dok. Dag Besonderhede Fol. Ontleding Bank Lopende inkomste
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede

Kontantbetalingsjoernaal van .................................................. - .........................kbj 3.4.2

Dok. Dag Naam van begunstigde Fol. Bank Materiaal-koste Huuruitgawe
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede

Kontantontvangstejoernaal van .................................................. - .........................koj 3.4.2

Dok. Dag Besonderhede Fol. Ontleding Bank Lopende inkomste
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede

Kontantbetalingsjoernaal van .................................................. - .........................kbj 3.4.3

Dok. Dag Naam vanbegunstigde Fol. Bank Materiaal-koste Huuruit­gawe Versekering Lone
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede

Kontantontvangstejoernaal van .................................................. - .........................koj 3.4.3

Dok. Dag Besonderhede Fol. Ontleding Bank Lopende inkomste.
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede

Kontantbetalingsjoernaal van.................................................. - .........................kbj 3.4.4

Dok. Dag Naam van begunstigde Fol. Bank Materiaal Meubels entoerusting Skryfbe-hoeftes Lone
Diverse besonderhede
Bedrag Fol. Besonderhede

Kontantontvangstejoernaal van .................................................. - .........................koj 3.4.4

Dok. Dag Besonderhede Fol. Ontleding Bank Lopende inkomste
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede

Kontantontbetalingsjoernaal van .................................................. - .........................kbj 3.4.5

Dok. Dag Naam van begunstigde Fol. Bank Materiaal-koste Lone Skryfbe-hoeftes Huuruit-gawe
Diverse rekeninge
Bedrag Fol. Besonderhede

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
Bestuurs-, Verbruiker- en Finansiële Kennis en VaardighedeDie leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.
Assesseringstandaarde(ASe)
Ons weet dit as die leerder:
3.1 tussen finansiële begrippe onderskei wat in die sakewêreld gebruik word (bv. vaste bates, bedryfsbates, laste, eienaarsbelang);
3.2 leiers- en bestuurstrategieë wat ‘n opbrengs uit beleggings sal verseker ontwikkel;
3.3 brondokumente (bv. kwitansies, depositostrokies, tjeks) kan invul en rekord hou van elementêre kontanttransaksies in ‘n staat van ontvangste en betalings;
3.4 toetsbordvaardighede en funksietoetse gebruik om basiese inligting te ontwikkel, te bewaar en te herwin;
3.5 die begrip netto waarde verduidelik en ontleed ‘n staat daarvan;
3.6 die verskillende metodes om te spaar ondersoek en te belê (bv. spaarrekenings, vaste deposito’s, aandele, effektetrusts), en bereken opbrengste uit ‘n verskeidenheid beleggings.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11039/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask