<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Aardrykskunde

Graad 5

Klimaat en plantegroei

Module 13

Reënval

Reënval

Reënvalstreke van Suid Afrika

  • Suid-Afrika se reënval is seisoenaal en baie wisselvallig. Dit reën dus meestal net in die winter of in die somer. ‘n Klein gedeelte langs die suidoos- en noordooskus ontvang dwarsdeur die jaar reën.
  • Ons weet reeds dat die reliëf of bou van die land en die voorkoms van die warm Mosambiek- en koue Benguelastroom ‘n groot invloed op die temperature van ons land het.
  • As die boonste kaart bestudeer word, sal daar opgelet word dat die land se reënvalstreke opgedeel word in:
  1. winterreënvalstreek
  2. somerreënvalstreek
  3. reën dwarsdeur die jaar
  4. droë streke

Elkeen van hulle word vervolgens kortliks behandel.

  1. Die Winterreënvalstreek

Hierdie streek kom slegs in die suidwestelike deel van die RSA voor, veral in die Kaapse Skiereiland. Dit strek min of meer vanaf die monding van die Olifantsrivier (noordwes) tot by die Breëriviermonding (suid). Die sikloniese reën val sag en aanhoudend vanaf Mei tot Augustus; gevolglik kry die reën kans om in die grond weg te sak. Erosie kom min voor.

Die gemiddelde reënval is tussen 500 en 1 000 mm per jaar. Die reënbringende winde is die noordwestewinde wat die bekende koue fronte teweegbring.

Die plantegroei van die winterreënvalstreke bestaan uit immergroen struike en die bekende Kaapse fynbos soos die protea en verskeie heidesoorte. Hierdie plante is baie goed aangepas om die droë somers te oorleef. Diep wortelstelsels of bolle en klein, wasagtige blare met fyn haartjies sorg dat die plante die minimum water verloor in die somer.

  1. Somerreënvalstreek

Die grootste gedeelte van ons land kry reën gedurende die somermaande. Veral vanaf Oktober tot Februarie ontvang hierdie streek sy reën in die vorm van donderbuie. Tydens hierdie warm maande word die aardoppervlak intens verhit en opwaartse of konveksielugstrome ontwikkel. Die suidoostewinde bring vogbelaaide lug in en nadat kondensasie plaasgevind het, word groot cumulonimbuswolke gevorm. So ‘n donderstorm gaan gepaard met ‘n kort, harde reënbui, donderweer en weerligstrale. Omdat die reën so hard en vinnig val, is erosie ‘n ernstige probleem in hierdie streke. Hael kom ook gereeld tydens donderstorms voor wat groot skade aan oeste kan veroorsaak.

Omdat die streek so groot is, kry dit nie oral ewe veel somerreën nie. Die ooste is heelwat natter (300 – 500mm), want die lug wat oor die platorand ingewaai word, bevat nog heelwat vog. Verder weswaarts verloor die lug byna al hierdie vog en daarom word dit ook al hoe droër na die weste (50 – 300mm).

Die plantegroei van die somerreënvalstreke bestaan uit golwende grasvlaktes met verspreide bome. Aan die oostekant van die land is die grasvelde hoër met meer bome en dit neem weswaarts af.

Aktiwiteit 1:

Om ‘n grafiese voorstelling deur middel van ‘n kolomgrafiek te maak

[LU 1.4, 1.7]

Stel die meegaande reënval-inligting van Pretoria grafies d.m.v. ‘n kolomgrafiek voor.

Maande Jan Feb Mrt Apr Mei Jun Jul Aug Sept Okt Nov Des
ReënvalIn mm 138 120 102 50 25 5 10 10 18 70 110 130

Grafiese voorstelling van Pretoria se reënval

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10985/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Sosiale wetenskappe: aardrykskunde graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask