<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Daar is nog ‘n hele paar ander dieetafwykings soos byvoorbeeld:

  • oorgewig;
  • bulimia nervosa;
  • anorexia nervosa;
  • diabetes
  • voedselallergieë
  • ander

Dié siektes se oorsake kan fisies óf emosioneel wees.

Kies enige van die bogenoemde siektes of afwykings en doen navorsing daaroor in die biblioteek of selfs op die internet. Julle kan kies of julle individueel, in pare of groepe wil werk.

Die mondeling moet oudiovisueel aangebied word. Jy moet dit dus aanbied sodat jou maats meer oor die onderwerp hoor én sien . Hier is ‘n paar voorstelle:

  • ‘n video-opname;
  • foto’s;
  • plakkate;
  • skyfie-vertoning;
  • oorhoofse projektor.

Jy moet meer oor die volgende sê en dit toelig met visuele hulpmiddels:

  • Wat veroorsaak die siekte?
  • Wie kry die simptome?
  • Wat is die simptome?
  • Hoe beïnvloed die siekte die liggaam?
  • Wat is die gevolge?
  • Hoe kan dit behandel word?
  • Kan dit genees word en hoe?

Klasprojek

Ken julle enige van die volgende skokkende feite?

  • Êrens in die wêreld sterf daar elke minuut van die dag agtien kinders weens hongerte of ondervoeding.
  • Daar is 500 miljoen mense in die wêreld wat hongerly. Die meeste hiervan is kinders.

Hou ‘n klasbespreking om te besluit of julle as klas enige verskil aan hierdie tragiese feite kan maak.

  • Die moontlikheid bestaan dat daar kinders in julle skool is wat elke dag honger skool toe kom en elke aand honger gaan slaap. Daar is dalk selfs honger kinders in julle klas. Hoe kan julle klas hierdie kinders help?
  • Is daar enige organisasies, instansies, inrigtings in julle omgewing waar kinders bly of gehelp word/ Hoe kan julle hierdie instansies help?
  • Kan julle enige fondsinsamelings hou om honger kinders te help, of om geld vir organisasies te skenk wat omsien na kinders wat arm of honger is? (Voorbeelde is ’n pretloop, ‘n verkoping, ‘n uitloting, ens

Assessering

LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 lees ‘n teks (fiksie of nie-fiksie):
3.1.1 identifiseer doel, teikengroep en konteks;
3.4 lees vir inligting:
3.4.1 volg feitelike tekste (soos ‘n beskrywing van die proses om papier te maak).
3.7 lees vir genot:
3.7.5 los woordraaisels op (soos blokkiesraaisels).
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 hersien grammatika wat in die vorige grade gedek is;
6.2 spel bekende woorde korrek:
6.2.2 woorde met enkel- en dubbelvokale en -konsonante (soos: boom, bome; pen, penne);
6.2.4 algemene afkortings (soos: mnr., mev., me., mej., afkortings vir maande en dae);
6.3 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.3.14 leestekens (punt, komma, vraagteken, uitroepteken, aanhalingstekens).

Memorandum

2.

  • heerlik heerliker heerlikste
  • lekker lekkerder as lekkerste
  • groot groter as grootste
  • gesond gesonder as gesondste
  • vars varser as varsste
  • bros brosser as brosste
  • dik dikker as dikste
  • smaaklik smaakliker as smaaklikste
  • sappig sappiger as sappigste
  • goed beter as beste

(1) maerder

(2) slegter

(3) varsste

(4) langer

(5) moeër

(6) beter

(7) beste

(8) vetter

(9) meeste

(10) vroeër

4.(1)

(a) tekort

(b) ondervoeding

(c) drie

(d) weer

(2)

(a) Gedurende droogtes reën dit te min.

(b) Vloede laat gesaaides wegspoel.

(3) oorlog, saai, oes, gevegte

(4)

(a) Kos is baie duur en hulle het nie genoeg geld nie.

(b) Die voedsel word uitgevoer.

(5)

(a) ryk

(b) Afrika

5.

.

  • vader - pa
  • kos - voedsel
  • vriend - maat
  • lorrie - vragmotor
  • snaaks - komies
  • alleen - eensaam
  • praat - gesels
  • familie - gesin
  • geskenk - present
  • moeder - ma
  • verniet - gratis
  • bly - gelukkig

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask