<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Ekonomiese en bestuurswetenskappe

Graad 7

Ekonomiese beleidsrigtings (1910 - 1994)

Module 14

Kernvraagstukke van die unie van suid-afrika en die nuwe suid-afrika

1931

In 1931, 21 jaar na die totstandkoming, of mondigwording, van die Unie van Suid-Afrika in 1910, het dinge maar sleg gelyk.

Op ekonomiese gebied het dit nie goed gegaan nie:

  • Die wêreld was in ‘n greep van Depressie, wat in 1929 begin het.
  • Binne vier jaar het die produksie van die vervaardigingsektor met ‘n vyfde gedaal.
  • Die bydrae van landbou het met die helfte afgeneem.
  • Kapitaal het uit die land gestroom.

Jan Smuts het geskryf:

“Daar was nog nooit so ‘n toets vir die land se ekonomie nie.”

Daar is veral drie krisisse geïdentifiseer:

1. Daar was nie eensgesindheid tussen die blanke Afrikaners en Engelse nie, die goudmyne het ‘n beperkte lewensduur gehad en die vervaardigingsektor het gesukkel. Daar was kommer dat die ekonomie nie die toets van die tyd sal deurstaan nie.

(Probleme op ekonomiese gebied)

2. Die landbou het die boere harde bene laat kou. Die land was gewikkel in ‘n wedloop teen tyd om genoeg voedsel vir ‘n snelgroeiende bevolking te produseer.

(Probleme op landbougebied)

3. Daar was die faktor van ‘n snelgroeiende swart bevolking. By blankes het dit ‘n vrees laat ontstaan dat getalle uiteindelik deurslaggewend sal wees. Sal die swartes nie wraak neem nie? Sal die swart man nie die eendag die wit man wat hom tot onderwerping gedwing het, kwaad aandoen nie?

(Probleme op rassegebied)

2006

Hoe sien sake daaruit 12 jaar na die totstandkoming van die “Nuwe Suid-Afrika” ten opsigte van dieselfde drie aspekte wat in 1931 onder oë geneem is op die vorige bladsy?

1. Vandag is blanke eenheid nie meer ter sake nie, wel nasionale samehorigheid. ‘n Onlangse meningspeiling het getoon dat ‘n kloof besig is om te ontstaan tussen swart mense en Indiërs aan die een kant, en wit en bruin mense aan die anderkant. Eersgenoemde groep (60%) glo dat verhoudings tussen die twee bevolkingsgroepe besig is om te verbeter, terwyl die ander groep (40%) ontnugter is, veral as gevolg van:

  • Die skewe beleid van swart bemagtiging en swart voorkeur in poste
  • Naamsveranderings van plekke en geboue
  • Inmenging met die keuse van sportspanne.

2. Oor die laaste 70 jaar het daar op ekonomiese gebied die volgende gebeur:

  • Die land het sy afhanklikheid van goud en landbou afgeskud en ‘n sterk vervaardigingsektor het ontstaan
  • Die land het selfonderhoudend in voedselvoorsiening geword
  • Markgerigte kapitalisme wat op private besit gegrond is, het vandag nie ‘n mededinger nie. Maar die probleem bly steeds dat Suid-Afrika nie werk het vir al sy mense nie. Sterk vakbonde en lae produktiwiteit het die land steeds meer agter laat raak by sy mededingers. En nou staan die nagmerrie van Chinese mededingendheid op ons voorstoep. Ongeveer 40% van die land se werkers sit sonder werk.

3. Een vrees is bewaarheid, nl. dat ‘n snelgroeiende swart bevolking uiteindelik die wit gesag omver sou werp. Dit het die wit mense in die 1990’s ingehaal.

(Hierdie inligting is verkry uit ‘n artikel deur Hermann Giliomee en het in Die Burger van 10 Augustus 2006 verskyn.)

Markgerigte Kapitalisme

‘n Ekonomiese stelsel waarin die meeste besittings (geld en grond) in privaatbesit is.

In ‘n kommunistiese land sou dit aan die staat behoort.

Chinese Mededingendheid

Omdat China so ‘n geweldige groot bevolking het, is mensearbeid baie goedkoop. Artikels soos veral klerasie word dus baie goedkoop vervaardig. Hierdie goedkoop artikels word oor die hele wêreld verkoop teen baie lae pryse. Plaaslike vervaardigers kan nie teen hierdie pryse kompeteer nie – hulle verloor dus besigheid en moet uiteindelik hul fabrieke sluit. Mense verloor hulle werk en in die proses styg die werkloosheidsyfer.

Aktiwiteit 1:

Om die betekenis van die woord depressie te verstaan

[lu 2.1]

Maak ‘n kruisie langs die korrekte betekenis van die woord Depressie :

  • Wanneer daar nie ekonomiese groei is nie . . . .
  • Wanneer ‘n wêreldwye ekonomiese krisis heers . . .
  • Wanneer ‘n handelslapte heers . . . .

‘n Wenk

• Wanneer die waarde van geld minder word, praat ons van die depresiasie van

‘n geldeenheid.

• Wanneer ons sê iemand ly aan depressie, beteken dit dat hy of sy oor ‘n lang periodeneerslagtig is, met ander woorde so ‘n persoon is nie opgewek nie. Dit gaan nie goed met so ‘n persoon se gemoedstoestand nie. So ‘n persoon is depressief.

Ons kan dus sê die ekonomie is “depressief” of “neerslagtig” wanneer ‘n ‘n depressie heers.

Aktiwiteit 2:

Om te bepaal watter produkte in- of uitgevoer word

[lu 2.1]

Suid-Afrika produseer in sekere gevalle genoeg kos sodat die land ook daarvan kan uitvoer.

Merk met ‘n kruisie watter van die volgende voedselsoorte in- of uitgevoer word:

Produk Uitvoer Invoer
Sagtevrugte
Druiwe
Wyn
Koring
Mielies
Suiker
Vleis
Suiwelprodukte

BIBLIOGRAFIE

Giliomee, H. Die Afrikaners, ‘n Biografie . Kaapstad: Tafelberg, 2004.

Muller, C. F. J. Vyfhonderd Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis. Pretoria: Academica, 1980.

Omer-Cooper, J. D. History of Southern Africa . Cape Town:Philip, Curry, Heinemann. 1994.

Van der Walt, Wiid, Geyer. Geskiedenis van Suid-Afrika. Kaapstad: Nasou Beperk, 1968.

Welsch, F . A History of South Africa . London: Harper Collins, 1998.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 2
VOLHOUBARE GROEI EN ONTWIKKELINGDie leerder is in staat om begrip van volhoubare groei, heropbou en ontwikkeling te toon en om krities oor die verwante proses na te dink.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 inligting versamel oor die invloed van ekonomiese beleidsrigtings tydens apartheid op eienaarskap , armoede , welvaart en gehalte ;
2.2 identifiseer stappe om sosio-ekonomiese wanbalanse en armoede reg te stel:
  • herverspreiding van rykdom;
  • regstellende aksie;
  • skepping van werksgeleenthede.

Memorandum

Hierdie leereenheid bied aan die leerders riglyne wat hulle in staat sal stel om projekte en take aan te pak wat o.a. kan handel oor:

  • regstellende aksie
  • handelsooreenkomste met ander lande in Afrika en elders
  • die vervaardigingsbedryf is Suid-Afrika
  • invoer van landbouprodukte uit ander lande (vleis en suiwelprodukte uit Australië en Suid-Amerika, koring en mielies uit Noord-Amerika, ens)

Questions & Answers

what is mutation
Janga Reply
what is a cell
Sifune Reply
how is urine form
Sifune
what is antagonism?
mahase Reply
classification of plants, gymnosperm features.
Linsy Reply
what is the features of gymnosperm
Linsy
how many types of solid did we have
Samuel Reply
what is an ionic bond
Samuel
What is Atoms
Daprince Reply
what is fallopian tube
Merolyn
what is bladder
Merolyn
what's bulbourethral gland
Eduek Reply
urine is formed in the nephron of the renal medulla in the kidney. It starts from filtration, then selective reabsorption and finally secretion
onuoha Reply
State the evolution relation and relevance between endoplasmic reticulum and cytoskeleton as it relates to cell.
Jeremiah
what is heart
Konadu Reply
how is urine formed in human
Konadu
how is urine formed in human
Rahma
what is the diference between a cavity and a canal
Pelagie Reply
what is the causative agent of malaria
Diamond
malaria is caused by an insect called mosquito.
Naomi
Malaria is cause by female anopheles mosquito
Isaac
Malaria is caused by plasmodium Female anopheles mosquitoe is d carrier
Olalekan
a canal is more needed in a root but a cavity is a bad effect
Commander
what are pathogens
Don Reply
In biology, a pathogen (Greek: πάθος pathos "suffering", "passion" and -γενής -genēs "producer of") in the oldest and broadest sense, is anything that can produce disease. A pathogen may also be referred to as an infectious agent, or simply a germ. The term pathogen came into use in the 1880s.[1][2
Zainab
A virus
Commander
Definition of respiration
Muhsin Reply
respiration is the process in which we breath in oxygen and breath out carbon dioxide
Achor
how are lungs work
Commander
where does digestion begins
Achiri Reply
in the mouth
EZEKIEL
what are the functions of follicle stimulating harmones?
Rashima Reply
stimulates the follicle to release the mature ovum into the oviduct
Davonte
what are the functions of Endocrine and pituitary gland
Chinaza
endocrine secrete hormone and regulate body process
Achor
while pituitary gland is an example of endocrine system and it's found in the Brain
Achor
what's biology?
Egbodo Reply
Biology is the study of living organisms, divided into many specialized field that cover their morphology, physiology,anatomy, behaviour,origin and distribution.
Lisah
biology is the study of life.
Alfreda
Biology is the study of how living organisms live and survive in a specific environment
Sifune
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11024/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Ekonomiese en bestuurswetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask