<< Chapter < Page
  Wiskunde graad 1   Page 1 / 1
Chapter >> Page >

Wiskunde

Word slim met syfers

Opvoeders afdeling

Memorandum

INLEIDING

Die Graad 1-opvoeder moet vasstel of die leerders ‘n preprimêre klas bygewoon het. Vir dié wat nie in ‘n preprimêre klas was nie, is dit nodig om Modules 1 en 2 aan te pas om meer aktiwiteite in te sluit ten einde die woordeskat en konsepte in hierdie modules te versterk. Vir dié wat wel in ‘n preprimêre klas was, sal Modules 1 en 2 as hersiening dien en sal aan die opvoeder ‘n duidelike beeld gee van hoeveel hulle weet.

TYDTOEWYSING

Daar is twee modules vir elke kwartaal. Dit kan egter gebeur dat vinnige werkers die modules in ‘n korter tyd sal voltooi as dié wat stadiger werk. Dit staan die opvoeder vry om die getalgebied uit te brei volgens die leerders se vermoë. Modules 1 - 7 is die minimum vereiste vir die stadige leerders.

Kritieke- en Ontwikkelings Uitkomste

Die leerders moet uiteindelik kan:

1. probleme identifiseer en oplos, en ook besluite neem deur kritiese en kreatiewe denke;

2. doeltreffend saam met ander lede van ‘n span, groep, organisasie en gemeenskap werk;

3. hulself en hul aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend bestuur;

4. inligting versamel, ontleed, organiseer en krities evalueer;

5. doeltreffend kommunikeer deur middel van visuele, simboliese en/of taalvaardighede in verskillende vorme;

6. wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities gebruik deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon;

7. begryp dat die wêreld ‘n stel verwante stelsels is waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie;

8. na te dink oor en ondersoek te doen na ‘n verskeidenheid strategieë om doeltreffender te leer;

9. as verantwoordelike burgers aan die lewe van die plaaslike, nasionale en wêreldgemeenskap deel te neem;

10. in verskeie sosiale kontekste kultureel en esteties sensitief te wees;

11. opvoedings- en lberoepsmoontlikhede ondersoek; en

12. entrepreneursgeleenthede te ontwikkel.

  • INTEGRASIE VAN TEMAS: Somer
  • MENSEREGTE: Leerders moet leer om netjies te wees
  • INKLUSIWITEIT: Afparing vir gelykegetalle – geen uitsondering word gemaak nie.

Aktiwiteite oor herfs help die leerders om die volgende te verstaan:

  • ranggetalle tot 9;
  • getalbegrip tot 9;
  • telaktiwiteite en ‘n telrympie in 5’e;
  • konsepte van 2 meer, 2 minder, verdubbeling en gelyke uitdeling;
  • voor en na op die getallelyn;
  • bekendstelling van die minusteken: – ;
  • samestellings tot 6;
  • bekendstelling van woordsomme; en
  • vorms – vierkante en reghoeke.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Teken ‘n mooi groot herfsblaar in elke blokkie.
  • Kleur hulle in.
  • Knip hulle uit en plak hulle op die volgende bladsy.

8 ......................................................................................................

ag ....................................................................................................

  • Plak 8 herfsblare hier.
  • Tel die herfsblare.
LU 1.1
  • Voltooi die blokkies met 8.
  • Skryf “ag” langsaan.
  • Rangskik ag kolle op verskillende maniere.
  • Kleur die kolle in.
LU 1.3 LU 1.9
  • Maak elke ry 2 meer.
  • Voltooi die syfers op die trappies.
  • Voltooi die getalsinne.

Laat die trappies jou help om elke keer twee meer te maak.

LU 1.1 LU 1.8 LU 2.2
  • Maak 2 minder. Hoeveel bly oor?
LU 1.2 LU 1.3 LU 2.2
  • ‘n Telrympie om te leer.

5, 10, 15, 20,

Al die diertjies is so besig.

5, 10, 15, 20,

Nou waarnatoe so haastig?

5, 10, 15, 20,

Kyk hoe val die druppels hier!

5, 10, 15, 20,

Vinnig werskaf mens en dier

R.L.

  • Teken die diertjies wat in die herfs werskaf.

Wat kom net na 6? ............................................................

Wat kom net voor 8? ........................................................

Wat kom tussen 10 en 12? ...............................................

Wat is een meer as 5? .......................................................

Wat is een minder as 3? ....................................................

Wat kom tussen 4 en 6?.....................................................

LU 1.2 LU 1.4 LU 1.9
  • Voltooi:

LU 1.8
  • Voltooi:

  • Neem elke keer 2 weg:
LU 1.8
  • Kleur in en tel:

  • Skryf oor:

9

nege

LU 1.1 LU 1.3
  • Voltooi:

  • Rangskik die syfers van 1 tot 9.

  • Voltooi:

nege kom net na ...............................................................................................................

Een meer as ag is .............................................................................................................

  • Terug:
9 8 5 2 0
LU 1.4 LU 1.8

Assessering

Leeruitkomste 1: GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPE: Die leerder is in staat om getalle en die verwantskappe daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue te tel, te skat, te bereken en te kontroleer.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder tot minstens 34 alledaagse voorwerpe akkuraat tel;

Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder aan en terug tel;

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ken en lees getalsimbole van 1 tot minstens 100 en skryf getalname van 1 tot minstens 34;

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder orden, beskryf en vergelyk heelgetalle tot minstens2-syfergetalle;

Assesseringstandaard 1.8: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofberekeninge uitvoer wat optelling en aftrekking van getalle tot minstens 10 behels;

Assesseringstandaard 1.9: Dit is duidelik wanneer die leerder tegnieke gebruik.

Leeruitkomste 2: PATRONE, FUNKSIES EN ALGEBRA: Die leerder is in staat om patrone en verwantskappe te herken, te beskryf en voor te stel en probleme op te los deur algebraïese taal en vaardighede te gebruik.

Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder kopieer en brei eenvoudige getalreekse uit tot minstens 100.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Wiskunde graad 1. OpenStax CNX. Oct 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11125/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Wiskunde graad 1' conversation and receive update notifications?

Ask