<< Chapter < Page Chapter >> Page >
  • Woorde word aan leerders bekend gestel.
  • Moedig leerders aan om te kyk of hulle self d.m.v. prenteleidrade en klankwerk self van die woorde kan herken.
  • Laat die leerders voorspel waaroor die verhaal handel.
  • Gesels oor die verhaal:
  • Laat die leerders ‘n geskikte titel kies vir die verhaal.
  • Laat leerders gesels of dit fiksie (net ‘n storie) of nie-fiksie (werklike insident) is.
  • Leer die woorde aan as sigwoorde (flits gereeld).

Maak jou eie papierboot.

  • Oefen eers self hoe om die boot te vou.
  • Leerders sal spontaan vrae vra as hulle nie verstaan nie.
  • Dit kan raadsaam wees om die taak in kleiner groepe te doen.

Nog pret:

  • Laat leerders bababadjies skool toe bring vir die resies.
  • Doen hierdie aktiwiteit buite.

Lees die woorde:

  • Leerders oefen sigwoorde deur dit gereeld te lees. Maak ‘n stel flitskaarte vir die doel. Oefening is baie noodsaaklik sodat leerders die woorde herken sonder om te klank. In Module 2 het hulle reeds 49 sigwoorde wat hulle teen dié tyd baie goed moet herken.

Teen hierdie stadium is alle enkelklanke behalwe y, q en x aangeleer.

  • Laat die leerders alfabeties in ‘n ry staan volgens hulle noemname en dan volgens vanne.
  • Bespreek die doel van alfabetiese volgorde.

Laat leerders self “Ek koekeloer” speel, bv. Ek koekeloer iets wat met ‘n r begin. Seuns dra dit nie, ens.

Kyk of leerders nog prentwoorde kan ontwerp.

Leerders afdeling

Inhoud

  • Luister verder na die storie oor die Titanic.
  • Lees dit saam met Juffrou en jou maats.
  • Kyk of jy dit self kan lees.
  • Gesels oor die storie.

Wolf, wolf!

Die radioman van die Carpathia wil net die radio afskakel.

Sy werk vir die nag is klaar.

Dan hoor hy dit: drie kort klikke, drie lang klikke en weer drie kortes.

Dis ‘n S.O.S. noodsein!

Die Titanic is besig om te sink.

Bog! Die Titanic kan nie sink nie.

Die radioman gaan vertel sy offisier van die noodsein.

Hulle kan die ligte van die Titanic sien.

Nee wat, iemand hou hulle vir die gek!

* * *

Die radioman ken sy werk.

Hy gaan vertel dit aan die skeepskaptein.

Die kaptein ken die gevaar van ysberge.

Hy stuur noodfakkels in die lug op.

Die mense op die Titanic sien dit.

Hulp is op pad!

  • Verstaan jy?
  • Wat beteken dit om Wolf! Wolf! te roep?
  • Ken jy die storie van die skaapwagter wat Wolf! Wolf! geroep het?
LU 3.2.5
  • Vertel die storie aan jou maats.
  • Soek ‘n boek met die verhaal.
  • Laat Juffrou of jou ouers jou help om die verhaal te lees.
LU 2.5
  • Luister na die woorde.
  • Watter klank hoor jy eerste?
  • Dit klink anders in Engels!
val vas vat
vel vet vis
LU 3.5.1 LU 3.5.2

Woordfamilies:

  • Die woord in die sirkel pas nie.
  • Gebruik dit om nuwe woorde op die volgende seil te skryf:
LU 3.8.4 LU 3.8.5
  • Klank die woorde.
  • Maak ‘n sin met die woorde.
  • Leer elke keer een boot se woorde vir ‘n speltoets:
  • Hou verslag van jou toetse.

My beste toets is ..............................................................................................................

My swakste toets is ..........................................................................................................

Kleur in hoe jy oor jou toetse voel:

LU 4.5 LU 4.11
  • Maak jou eie alfabetkaart: Skryf die woord en teken die prentjie.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11112/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask