<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Lewe en lewenswyse

Opvoeders afdeling

Memorandum

Opdrag 1:

‘n Instrument wat gebruik word om ‘n plant of dier te kan identifiseer (die naam te kan vasstel.). Dit verskaf opsies waartussen na aanleiding van die plant of dier se kenmerke gekies kan word en sodoende lei dit na die antwoord (die naam van die plant of dier ter sprake)

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om plante te kategoriseer deur hulle kenmerke te vergelyk [lu 2.2]

Die ontwikkeling van ‘n sleutel om plante te klassifiseer

Jy het nou al met verskeie kenmerke van plante kennis gemaak en geleer dat ons die plante in terme van hul kenmerke groepeer. Baie werk is reeds in hierdie verband deur bioloë gedoen en alle plante wat aan die mens bekend is, is reeds by ‘n groep ingedeel. Nuwe plante wat ontdek word, kan ook onmiddellik in ‘n groep geplaas word.

Die voordeel hiervan is dat ons enige plant wat ons sien, kan eien, sy naam kan opspoor en met ander mense daaroor kan praat. Ons kan bv. vasstel of ‘n plant inheems of uitheems is, of dit ‘n skadelike onkruid is, wat ons met die plant moet maak, ensovoorts.

Om ‘n plant te eien, kan ons ‘n sleutel gebruik. Kom ons gebruik ons kennis oor plantkenmerke en plantgroepe en stel self so ‘n sleutel saam.

Die maklikste manier is om jouself voor te stel dat jy ‘n besonder interessante plant gesien het en jy gaan na ‘n plantkenner en vra hom/haar aan watter groep die plant behoort. Probeer dan dink watter vrae so ‘n persoon aan jou gaan stel om by die antwoord uit te kom.

Die persoon gaan waarskynlik vrae vra waarop jy ja of nee gaan antwoord. Sodoende skakel hy met elke vraag een moontlikheid uit en beweeg hy in die rigting van die antwoord.

Kom ons probeer. Gebruik die diagrammatiese indeling van plante op die vorige bladsy en werk dit aan die hand van vrae soos volg van bo na onder deur:

Kom ons probeer. Gebruik die diagrammatiese indeling van plante op die vorige bladsy en werk dit aan die hand van vrae soos volg van bo na onder deur:

1. Vorm die plant sade?

  • Ja ____________________________________________________

(Gaan na 2)

  • Nee ____________________________________________ Alge of mosse

(Gaan na 4)

2. Dra die plant blomme?

  • Ja _______________________________________________ (Gaan na 3)
  • Nee _________________ Keëldraende plante, bv. denneboom (Gaan na 12)

3. Is die blare netarig of het die plant ‘n penwortel?

  • Ja ________________ Tweesaadlobbige plante, bv. proteas (Gaan na 20)
  • Nee ____________ Eensaadlobbige plante, bv. grasse (Gaan na 40)

Assessering1

Beskryf in jou eie woorde wat ‘n sleutel vir die identifisering van plante of diere is en hoe dit gebruik word.

__________________________________________________________________

___________________________________________________________________

__________________________________________________________________

__________________________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting kategoriseer: vergelyk kenmerke van verskillende kategorieë voorwerpe, organismes en gebeurtenisse.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 16, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11078/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask