<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Materie, meting en reaksies

Materie en meting

Opvoeder afdeling

Memorandum

1.

  • km
  • m 3
  • mm
  • g en mg
  • kl of m 3
  • m 2
  • m en cm
  • ton
  • kl of cm 3
  • ligjare (die afstand wat lig in een jaar kan aflê)
  • Voorbeelde om belangrikheid van meting te kan verduidelik: enige drie goeie voorbeelde, bv.
  • die hoeveelheid medisyne wat iemand moet drink;
  • hoeveelheid sement en sand wat vir bouwerk gemeng moet word;
  • om prestasie by atletiek te kan meet (hoogspring, verspring, naellope, ens.).

Leerder afdeling

Inhoud

Aktiwiteit: om meeteenhede te kan gebruik en om te kan verduidelik hoekom dit belangrik is om te kan meet [lu 2.4]

Voordat ek kan bepaal wat my onkoste aan brandstof vir 'n voorgenome reis gaan wees, is dit nodig om die afstand wat ek gaan reis te bepaal. Indien ek my kombuis se vloer wil teël, moet ek eers die grootte (oppervlakte) van die vloer bereken. As ons wil bepaal hoeveel melk 'n baba met 'n sekere ouderdom en massa moet kry, moet ons die volume (inhoud) van die melk kan meet, ensovoorts. In die meeste wêrelddele maak ons gebruik van die metrieke stelsel. (die Système Internationale d'Unite's, of SI). Die vernaamste eenhede waarmee ons volgens die SI-meetstelsel meet, word deur die volgende tabel weergegee:

GROOT MIDDELMATIG KLEIN
Lengte 1 km = 1 000 m1 m = 1 000 mm kilometer (km) meter (m)sentimeter (cm) millimeter (mm)
Oppervlakte 1 cm² = 100 mm²1 m² = 10 000 cm² vierkante meter (m²) vierkante sentimeter (cm²) vierkante millimeter (mm²)
Inhoud 1 kl = 1 000 ℓ1 l = 1 000 ml kiloliter (kℓ)kubieke meter (m 3 ) liter (ℓ) kubieke sentimeter (cm 3 )milliliter (mℓ)
Massa 1 kg = 1 000 g1 g = 1 000 mg kilogram (kg) gram (g) milligram (mg)

1. Watter eenhede sal jy gebruik om die volgende te meet?

  • Die afstand wat 'n pendeltuig om die aarde aflê.________________________
  • Die hoeveelheid beton wat die fondament van 'n huis vereis ______________
  • Die omtrek van my rollemskaatse se wieletjies._________________________
  • Die massa van 'n sprinkaan.________________________________________
  • Die kapasiteit van 'n swembad.______________________________________
  • Die grootte (oppervlakte) van 'n tennisbaan.____________________________
  • Die lengte van ons onderwyser._____________________________________
  • Die massa van 'n vragmotor.________________________________________
  • Die kapasiteit van 'n warmwatersilinder.______________________________
  • Die afstand tussen die aarde en die naaste ster._________________________

2. Noem nog drie goeie voorbeelde om te verduidelik hoekom dit belangrik is om te kan meet.

_____________________________________________________________________

Assessering

Leeruitkomste 2: Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder kennis toepas: pas konseptuele kennis toe deur ‘n begrip wat onderrig is met ‘n variasie van ‘n soortgelyke situasie in verband te bring.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now

Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 7. OpenStax CNX. Sep 16, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11078/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask