<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 5

Die dier met die ontdekkingsgier

Module 10

Huberta die seekoei

1. Hieronder is die spore van verskillende groot soogdiere.

Verbeel jou jy gaan stap in die veld. Jy sien baie verskillende spore van soogdiere. Gebruik die sketse van die spore en kyk of jy die diere kan uitken. Sommige diere se spore is uitgelaat. Teken hulle spore in die spasies.

h.b. a.

e. d. f. c. g.

2.

Beantwoord nou die volgende vrae in julle groepe. Die antwoorde het almal betrekking op die diere hierbo.

  • Watter dier se spoor is die grootste ?
  • Watter dier se spoor is die kleinste ?
  • Watter dier se spoor bestaan uit die meeste dele ?
  • Watter dier se nek is die langste ?
  • Vir watter dier is julle die bangste ?
  • Watter dier dink julle is die gevaarlikste ?

Ons sien ook die kameelperd se spoor is groter as die gemsbok s’n, maar kleiner as die witrenoster s’n. Die kameelperd se spoor is ook langer as die sebra s’n, maar korter as die olifant s’n.

  1. Leer die volgende:
-er -ste
klein kleiner (as) kleinste
mooi mooier (as) mooiste
gevaarlik gevaarliker (as) gevaarlikste
een klinkereen konsonant -mm-; -bb-; -kk-; -nn-; -ss-; -tt-; ens. -ste
slim slimmer slimste
mak makker makste
dun dunner dunste
dubbelklinker (dieselfde)een konsonant aa; ee; oo; uu -ste
groot groter (as) grootste
skaam skamer (as) skaamste
geel geler (as) geelste
woorde wat op –s eindig -er -ste
fluks flukser (as) fluksste
los losser (as) losste
vars varser (as) varsste
-oud Der -ste
oud ouer (as) oudste
koud kouer (as) koudste
woorde wat op –nk eindig: -nk ng -ngste
jonk jonger (as) jongste
lank langer (as) langste
woorde wat op –r eindig: -der -ste
maer maerder (as) maerste
swaar swaarder (as) swaarste
Hierdie woorde verander:
goed Beter beste
baie Meer meeste
-oo -oër -ste
hoog Hoër hoogste
droog Droër droogste

Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies:

  • Sy is bang vir die donker, maar (bang) vir ‘n slang.
  • ‘n Leeu is een van die (gevaarlik) diere.
  • ‘n Kameelperd se nek is baie (lang) as ander diere s’n.
  • ‘n Troeteldier is baie (mak) as ‘n wilde dier.
  • Almal sê ‘n mier is die (fluks) van alle diere.
  • Word ‘n olifant (oud) as ‘n leeu?
  • Is die witrenoster (groot) as ‘n seekoei?
  • ‘n Olifant is (swaar) as ‘n sebra.
  • Die (goed) plek om wilde diere te sien, is die wildtuin.
  • ‘n Kameelperd kan by (hoog) takke bykom as ‘n gemsbok.

[LU 6.2.7]

10

Selfassessering onder leiding van opvoeder.

3. ‘n Begripstoets

Ek wonder of een van julle die storie van Huberta, die seekoei, ken. Dis ‘n ware verhaal en gaan oor ‘n dapper en avontuurlustige seekoei wat lank gelede geleef het.

Nuwe woorde

reis journey vroulik female
staptog hike herdoop re-name
nuuskierig curious ontdek discover
kuslyn coastline beroemd famous
rede reason berig report
geheim secret avonture adventures
roete route afgedwaal strayed
binneland up-country versprei spread
suidwaarts southward /southbound manlik male
  1. Luister terwyl julle opvoeder die leesstuk hardop vir julle voorlees. Jy en jou maat kan daarna beurte maak om dit vir mekaar voor te lees.

Lank gelede is ‘n seekoeikalfie naby St. Luciabaai in Kwazulu-Natal gebore. Sy was nog baie jonk toe sy eendag begin het met ‘n staptog van byna 2 000 kilometer.

Haar reis het in 1928 begin en in 1931 geëindig. Niemand weet hoekom sy so ver geloop het nie. Party mense sê sy het ‘n maat gaan soek, terwyl ander beweer dat sy net baie nuuskierig was en net meer van die wêreld wou sien.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 5. OpenStax CNX. Sep 22, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col10990/1.2
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 5' conversation and receive update notifications?

Ask