<< Chapter < Page | Chapter >> Page > |
In Suid-Afrika is meer as 3 miljoen persone tans HIV-positief. Hierdie siekte affekteer mans en vroue en kinders van alle ouderdomme, beroepe en bevolkingsgroepe in al die provinsies van ons land. Indien die huidige toename van infeksie nie afneem nie, sal een uit vier persone in die land teen die jaar 2010 HIV-positief wees. Binne 10 jaar sal die siekte weeskinders maak van ‘n driekwart miljoen Suid-Afrikaanse kinders.
Hoe kan jy verhoed dat jy die dodelike virus opdoen?
Jy het reeds in graad 5 die volgende geleer:
7. Dit is beter om enige alkohol of dwelmmisbruik heeltemal te vermy, aangesien dit jou dadelik op baie maniere weerloos kan maak om jouself teen besmetting met die virus te beskerm.
Hier volg ‘n lys van maniere waarop ‘n mens ‘n ernstige siektetoestand kan hanteer sodat die siek persoon, asook die persone wat deur die siekte geraak word, op die mees positiewe manier kan voortgaan met die lewe.
Elke groep moet minstens twee van hierdie strategieë kies en dit bespreek en ook nuwe voorstelle maak ten opsigte van die hantering van die siekte.
Beplan en voer ‘n toneeltjie op waar julle onder andere die volgende karakters uitbeeld:
Onthou dat julle besluit watter siekte hierdie persoon het. Vir die doel van hierdie rolspel is dit nodig om ‘n siekte te kies wat lewensbedreigend is. Bespreek na die tyd die bydrae wat elke karakter in die situasie gelewer het.
Leeruitkomstes(LUs) |
LU 1 |
LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
Assesseringstandaarde(ASe) |
Dit is duidelik wanneer die leerder: |
1.2 mondelinge tekste verstaan; |
1.3 vir spesifieke inligting luister; |
1.4 aandagtig luister tydens ‘n bespreking. |
Notification Switch
Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 6' conversation and receive update notifications?