<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensvaardighede

Graad 3

Bewaring van ons seelewe

Module 5

Pikkewyne en ander seediere

Die see en sy inwoners

  • Lees die gediggie en beantwoord die vrae:

Pikkewyn met jou swart manelpak

Jy waggel so al langs die strand.

Ek wil jou vra: Is jy die see se predikant?

Of maak jy ook die see aan die kant?

Op die ritme van die branders

Ry die seeperdjies saam met al die ander kinders

Hulle speel en baljaar

Maar dat hulle bang is, dit is waar!

Want daar diep in die verre oseaan,

Blaas die Walruswalvis met verlange

Hy soek sy maat, dié het weggegaan

Of is die mens die oorsaak van sy grote traan?

Ons kinders wil graag help,

Julle is mos ‘n bedreigde spesie

Ons glo dat ons ‘n verskil kan maak.

Ons sal almal vra om hulp

Ons moet net keer dat jul al minder raak.

J.A.

Vrae:

  1. Van watter seediere word in die gedig gepraat?
  2. Waarvoor dink jy is die seeperdjies bang?
  3. Wat dink jy het van die walvis se maat geword?
  4. Wat beteken die begrip: “bedreigde spesie”?
  • Teken ‘n prent met al die seediertjies waarvan hulle in die gedig vertel.

Die pikkewyne

Meer as 40 persent van die wêreld se Afrika-pikkewyne woon op Robben- en Dasseneiland. Die spesies se voortbestaan word bedreig deur die tonne olie wat gereeld langs die kus gestort word.

Miljoene eiers is tussen 1870 en 1967 van Dasseneiland verwyder en onder meer as fynproewergereg geëet. Gelukkig is die eiland tot ‘n natuurreservaat verklaar en vandag is daar weer ongeveer 56 000 pikkewyne.

Pikkewyne is goeie ouers. Die meeste bou nes bo-op die grond van klippies, modder en plantreste. Altwee ouers sal om die beurt daar op hulle eiers broei. Die donsige kuikens moet lank versorg word en word dikwels in “kindertuine” opgepas.

Teken die mamma-pikkewyn met haar kinders.

Die bewaring van die brilpikkewyn

In Suid-Afrika is daar ‘n sentrum by Blouberg naby Kaapstad waar die voëls wat siek of vol olie is, gehelp word. Die sentrum staan bekend as SANKUB (Suid-Afrikaanse Nasionale Stigting vir die Beskerming van Kusvoëls). Daar is ook sulke sentrums op ander plekke in ons land.

Skryf ‘n brief aan SANKUB of die soortgelyke sentrum naby julle. Vind meer uit oor wat die mense alles daar doen. Hier volg ‘n paar leidrade wat jou kan help: pik, voer, olie, skoonmaakmiddels, voedsel, blyplek, geld, fondse, ens.

Die seeperdjie

Het jy geweet?

  • ‘n Pa-seeperdjie dra die baba-seeperdjie in ‘n sakkie op sy maag, net soos ‘n ma-kangeroe.
  • Seeperdjies word naby Knysna geteel.
  • ‘n Baba-seeperdjie is net vier millimeter lank.
  • ‘n Seeperdjie dryf regop in die see rond.

Verbind die raaisel met die korrekte maat.

  • Verbeel jou jy is ‘n seeperdjie. Skryf vir ons ‘n storie oor wat julle alles in die see doen.
  • Teken ‘n seeperdjie en sy maats.

Legkaart: Kleur die vorms verskillende kleure in. Knip die vorms uit en bou jou eie seediertjies. Plak dit op ‘n karton. Versier die agtergrond.

Voltooi die vraelys. maak slegs ‘n regmerkie in die blokkie.

Ja Nee
  1. Het jy geweet dat die pikkewyne ‘n bedreigde spesie is?
  1. Was die gedeelte oor die seeperdjies vir jou interessant?
  1. Dink jy ook die walvis is die grootste seedier?
  1. Kon jy en jou maats van die probleme oplos?
  1. Het jy die legkaart geniet?

Assessering

ASSESSERINGSTANDAARDE(LU’s)
LEWENSORIëNTERINGLU 3
PERSOONLIKE ONTWIKKELING Die leerder sal in staat wees om aangeleerde lewens-vaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te bereik en te ontwikkel, sodat hy of sy effektief op uitdagings in sy of haar wêreld kan reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.5 groepwerkvaardighede identifiseer en dit konsekwent toepas.
TEGNOLOGIELU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDE Die leerder sal in staat wees om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en met verantwoordelikheid toe te pas, met gebruikmaking van geskikte inligting- en kommunikasietegnologieë.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 Ondersoek : Vind uit waarom bestaande produkte met betrekking tot ’n probleem, behoefte of geleentheid gepas vir die doel daarvan is.1.3 Ontwerp : verskillende moontlike oplossings voorstel, een kies en ‘n vryhandskets daarvan maak;1.4 Maak : verduidelik hoe die houer gemaak gaan word en wat gebruik gaan word om dit te maak;1.6 Evalueer : die sterk en swak punte van eie produk sowel as van dié van ander identifiseer.

Memorandum

  • Leerders kan ‘n brief aan SANKUB skryf.
  • Kuns: verf ‘n pikkewyn met ‘n ligtoring in die agtergrond.
  • Meer algemene inligting oor ander bedreigde spesies in ons seelewe kan aan die leerders oorgedra word. Elke groep kan ook ‘n seedier kry om oor navorsing te doen.
  • ‘n Klasbespreking kan gehou word oor wat ons alles uit die see kan kry wat tot nut vir die mens is. (Die klem moet val op die bewaring van ons seelewe vir ons nageslag).
  • Groepbespreking – neem leerders na die Biblioteek om self ‘n bietjie na te lees oor die gewoontes van die pikkewyne. Leerders kan ook inligting versamel en in die klas kom bespreek (LO 3.5).
  • Maak ‘n collage van die seediere.
  • Liedjies aanleer: “Daar is vissies in die water” en/of “Kinders moenie in die water mors nie...”
  • Adres van SANKUB: Pentz Rylaan 20, Table View, 7441.

Questions & Answers

how does Neisseria cause meningitis
Nyibol Reply
what is microbiologist
Muhammad Reply
what is errata
Muhammad
is the branch of biology that deals with the study of microorganisms.
Ntefuni Reply
What is microbiology
Mercy Reply
studies of microbes
Louisiaste
when we takee the specimen which lumbar,spin,
Ziyad Reply
How bacteria create energy to survive?
Muhamad Reply
Bacteria doesn't produce energy they are dependent upon their substrate in case of lack of nutrients they are able to make spores which helps them to sustain in harsh environments
_Adnan
But not all bacteria make spores, l mean Eukaryotic cells have Mitochondria which acts as powerhouse for them, since bacteria don't have it, what is the substitution for it?
Muhamad
they make spores
Louisiaste
what is sporadic nd endemic, epidemic
Aminu Reply
the significance of food webs for disease transmission
Abreham
food webs brings about an infection as an individual depends on number of diseased foods or carriers dully.
Mark
explain assimilatory nitrate reduction
Esinniobiwa Reply
Assimilatory nitrate reduction is a process that occurs in some microorganisms, such as bacteria and archaea, in which nitrate (NO3-) is reduced to nitrite (NO2-), and then further reduced to ammonia (NH3).
Elkana
This process is called assimilatory nitrate reduction because the nitrogen that is produced is incorporated in the cells of microorganisms where it can be used in the synthesis of amino acids and other nitrogen products
Elkana
Examples of thermophilic organisms
Shu Reply
Give Examples of thermophilic organisms
Shu
advantages of normal Flora to the host
Micheal Reply
Prevent foreign microbes to the host
Abubakar
they provide healthier benefits to their hosts
ayesha
They are friends to host only when Host immune system is strong and become enemies when the host immune system is weakened . very bad relationship!
Mark
what is cell
faisal Reply
cell is the smallest unit of life
Fauziya
cell is the smallest unit of life
Akanni
ok
Innocent
cell is the structural and functional unit of life
Hasan
is the fundamental units of Life
Musa
what are emergency diseases
Micheal Reply
There are nothing like emergency disease but there are some common medical emergency which can occur simultaneously like Bleeding,heart attack,Breathing difficulties,severe pain heart stock.Hope you will get my point .Have a nice day ❣️
_Adnan
define infection ,prevention and control
Innocent
I think infection prevention and control is the avoidance of all things we do that gives out break of infections and promotion of health practices that promote life
Lubega
Heyy Lubega hussein where are u from?
_Adnan
en français
Adama
which site have a normal flora
ESTHER Reply
Many sites of the body have it Skin Nasal cavity Oral cavity Gastro intestinal tract
Safaa
skin
Asiina
skin,Oral,Nasal,GIt
Sadik
How can Commensal can Bacteria change into pathogen?
Sadik
How can Commensal Bacteria change into pathogen?
Sadik
all
Tesfaye
by fussion
Asiina
what are the advantages of normal Flora to the host
Micheal
what are the ways of control and prevention of nosocomial infection in the hospital
Micheal
what is inflammation
Shelly Reply
part of a tissue or an organ being wounded or bruised.
Wilfred
what term is used to name and classify microorganisms?
Micheal Reply
Binomial nomenclature
adeolu
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensvaardighede graad 3. OpenStax CNX. Sep 21, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11106/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensvaardighede graad 3' conversation and receive update notifications?

Ask