Voortplanting is die proses waardeur ‘n nageslag geskep word.
In die proses is dit nodig vir die
GAMETE (geslagselle) om bymekaar uit te kom.
Die manlike gamete noem ons
SPERMSELLE en die vroulike gamete
OVA (ovums) of eierselle. Beide gamete dra die genetiese eienskappe vir die nuwe individu.
Spermsel en eiersel
In beide geslagte word die gamete eers na
PUBERTEIT geproduseer wanneer hormone vanaf die brein die rypwordingsproses beheer.
Die selle word in die onderskeie geslagsorgane, nl. die TESTIS in die manlike individu en die OVARIUMS in die vroulike individu, geproduseer.
Manlike geslagsorgane:
Twee
TESTIS buite die liggaam in die
SKROTUM .
SPERMBUISE wat spermselle van testis af vervoer na
PROSTAAT en ander kliere.
Vloeistof genaamd
SEMEN wat al die voedingstowwe vir die bewegende spermselle bevat.
Die
PENIS wat die oordragfunksie na die vroulike sisteem vervul – die vrystellingsproses noem ons
EJAKULASIE .
Vroulike geslagsorgane:
Twee
EIERLEIERS of FALLOPIESE BUISE vanaf ovaria wat eierselle afvoer –
BEVRUGTING vind gewoonlik hierin plaas.
'n
UTERUSofBAARMOEDER net agter die blaas waarin die baba sal ontwikkel.
'n
VAGINA wat die sperme vanaf die penis ontvang – ook die geboortekanaal.
Manlike en vroulike geslagsorgane
Die menstruele siklus:
'n Siklus wat in ‘n meisie plaasvind nadat sy puberteit bereik het (aanvang wissel tussen ouderdom 10 – 15 jaar).
Die siklus berei die vrou se liggaam voor vir moontlike swangerskap.
Dit behels die verdikking van die
ENDOMETRIUM- laag aan die binnekant van die uterus – daar waar die embrio moet vasheg.
Verskeie hormone, soos
PROGESTEROON en
ESTROGEEN , speel 'n rol in die voorbereiding – hulle vlakke styg en daal en veroorsaak 'n wye reeks van veranderinge wat soms vir die meisie ongemak inhou, bv. buierigheid, teer borste, vogterughouding.
Halfpad deur die siklus vind die vrystelling van die eiersel uit die ovarium plaas – ons noem dit
OVULASIE .
Die siklus, wat gewoonlik 28 dae duur, eindig wanneer die endometrium- laag losskeur en uitgewerp word – hierdie verwydering van endometriumweefsel noem ons
MENSTRUASIE – dit duur van 3 - 7 dae. .
Die meisie gebruik beskermende sanitêre doekies of tampons om die vloei van bloed te absorbeer.
Bevrugting: die versmelting van 'n manlike sperm met 'n vroulike eiersel om 'n sigoot te vorm
Dit vind in die fallopiese buis plaas.
'n Spesiale chemiese membraan vorm onmiddellik en geen ander sperm kan die ovum binnedring nie.
Swangerskap:
Die sigoot begin onmiddellik verdeel in meer selle – vorm nou 'n
EMBRIO .
'n Chemiese boodskap gaan reg deur die vrou se liggaam en verskeie veranderinge vind plaas.
Die
EMBRIO ontwikkel en word aan die wand van die
UTERUS , nl. die
ENDOMETRIUM , vasgeheg in die proses van
IMPLANTERING .
'n
PLASENTA vorm waar die embrio vasgeheg is en dit voed die embrio terwyl dit ontwikkel as 'n fetus – dit is vas aan die fetus met die
NAELSTRING.
Deur die
NAELSTRING word die ontwikkelende embrio van voedingstowwe en suurstof voorsien – dit verwyder ook afvalprodukte soos koolstofdioksied.
Die embrio onwikkel en na sowat twee maande staan dit bekend as 'n FETUS.
Die fetus ontwikkel in ongeveer 280 dae of nege maande.
Klasaktiwiteit: GROEPBESPREKING OOR VOORTPLANTING
1. Wat is:
a) IMPLANTERING
b) OVULASIE
c) FETUS
d) PUBERTEIT
e) MENSTRUASIE
2. Voltooi die tabel:
STRUKTUUR
FUNKSIE
Testis
Ovaria
Penis
Skrotum
Uterus
Fallopiese buise
Plasenta
Naelstring
3. Wat is 'n EKTOPIESE SWANGERSKAP?
4. Hoe ontstaan :
a) identiese of monosigotiese tweelinge?
b) nie-identiese of disigotiese tweelinge?
c) siamese tweelinge?
5. Wie (pa of ma) bepaal die geslag van die baba? Verduidelik.
Assessering: KLASBESPREKING
Kon jy die vrae en tabel voltooi?
[LU 1.3]
Assessering
LU 1
Wetenskaplike Ondersoek
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurverskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Dit is bewys as die leerder:
1.1 ondersoeke kan beplan;
1.2 ondersoek kan uitvoer en data kan versamel;
1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.
Memorandum
Voortplanting by die mens
KLASAKTIWITEIT: GROEPBESPREKING – VOORTPLANTING
1. a) vasheg van embrio aan uteruswand
b) vrystelling van eiersel uit ovarium
c) ontwikkelde embrio na twee maande
d) geslagsrype fase by seuns en meisies
e) uitwerping van voorbereidingslaag in maandelikse siklus
2. Voltooi die tabel:
STRUKTUUR
FUNKSIE
Testis
Vorm spermselle
Ovaria
Vorm eierselle
Penis
Oordragfunksie
Skrotum
Beskerm en hou testis buite liggaam
Uterus
Spiersak vir ontwikkelende fetus
Fallopiese buise
Afleibuis vanaf ovarium na uterus; plek van bevrugting
Plasenta
Voedingsweefsel wat vorm wanneer embrio implanteer
Naelstring
Buis wat fetus en plasenta verbind
3. swangerskap waar embrio heg aan fallopiese buiswand ipv uterus
4. a) enkele sigoot wat vroeg splits – identiese informasie; altyd dieselfde geslag
b) twee sigote en twee verskillende spermselle; twee verskillende individue
Communication is effective because it allows individuals to share ideas, thoughts, and information with others.
effective communication can lead to improved outcomes in various settings, including personal relationships, business environments, and educational settings. By communicating effectively, individuals can negotiate effectively, solve problems collaboratively, and work towards common goals.
it starts up serve and return practice/assessments.it helps find voice talking therapy also assessments through relaxed conversation.
miss
Every time someone flushes a toilet in the apartment building, the person begins to jumb back automatically after hearing the flush, before the water temperature changes. Identify the types of learning, if it is classical conditioning identify the NS, UCS, CS and CR. If it is operant conditioning, identify the type of consequence positive reinforcement, negative reinforcement or punishment
nature is an hereditary factor while nurture is an environmental factor which constitute an individual personality. so if an individual's parent has a deviant behavior and was also brought up in an deviant environment, observation of the behavior and the inborn trait we make the individual deviant.
Samuel
I am taking this course because I am hoping that I could somehow learn more about my chosen field of interest and due to the fact that being a PsyD really ignites my passion as an individual the more I hope to learn about developing and literally explore the complexity of my critical thinking skills
hello. autism is a umbrella term. autistic kids have different disorder overlapping. for example. a kid may show symptoms of ADHD and also learning disabilities.
before treatment please make sure the kid doesn't have physical disabilities like hearing..vision..speech problem. sometimes these
Jharna
continue..
sometimes due to these physical problems..the diagnosis may be misdiagnosed.
treatment for autism.
well it depends on the severity.
since autistic kids have problems in communicating and adopting to the environment.. it's best to expose the child in situations where the child
Jharna
child interact with other kids under doc supervision.
play therapy.
speech therapy.
Engaging in different activities that activate most parts of the brain.. like drawing..painting. matching color board game.
string and beads game.
the more you interact with the child the more effective
Jharna
results you'll get..
please consult a therapist to know what suits best on your child.
and last as a parent. I know sometimes it's overwhelming to guide a special kid.
but trust the process and be strong and patient as a parent.
Jharna
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!