<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 9

Module 8

Om aandagtig vir spesifieke inligting en hoofgedagtes te luister

AKTIWITEIT 1:

  • Om aandagtig vir spesifieke inligting en hoofgedagtes te luister
  • Om na te dink oor eie luistervaardigheid en sterk en/of swak punte te identifiseer
LU 1.2 LU 5.5
  • Ons spring hierdie kwartaal weg met ’n luisterbegrip. Jou onderwyser gaan ’n artikel aan jou voorlees (2 keer), jy moet aandagtig luister en jy mag geen aantekeninge maak nie.

1. Noem twee snaakse goed wat die persoon al in die see gesien het.

(2 x ½)

2. Wat is Mark Snyman van beroep?

(1)

3. Wat het hy en sy vriende op die water gedoen?

(1)

4. Wat het hulle aanvanklik gedink sien hulle?

(1)

5. Wat het hulle laat besef dat dit ’n hond is?

(1)

6. Wat was die hond se aanvanklike reaksie?

(1)

7. Hoe het hulle hom tog nader gelok?

(1)

8. Noem EEN moontlike verklaring hoe die hond in die see beland het.

(1)

9. Watter tipe hond is dit?

(1)

10. Hoe gaan Mark keer dat Lucky nie weer amper verdrink nie?

(1)

LU 1.2

AKTIWITEIT 2:

  • Om die vaardigheid om visuele beelde en ontwerpe in bv. resensies te gebruik en te bemeester
  • Om die gepastheid van die taal van verskillende ouderdomsgroepe te oorweeg
LU 1.6 LU 4.2
  • Ons gaan vervolgens na twee tipes resensies kyk. In die eerste een word ’n boek geresenseer en dit is in ’n redelik formele styl geskryf.
  • Die tweede resensie resenseer ’n video en dis in ’n lekker loslitstyl geskryf.KALWERLIEFDE MET ‘N VERSKIL

LIEFDE LAAT JOU RICE KRISPIES ANDERS PROE, deur Tania Brink, Lapa, Pretoria 2002. (Sagte­band, ISBN 7993 3032 9, R39.95.)

SIMONE DE BEAUVOIR het gesê: “The word ‘love’ has by no means the same sense for both sexes, and this is one of the serious misunderstandings that divide them.”

Dit is seker om dié rede dat ons altyd nuwe liefdesverhale sal kry, want misverstande – veral dié wat om die liefde draai – skep ’n mynveld van potensiële skryftemas. Tog is liefdesverhale wat nie ’n uit­eensetting gee van gelyke ka­rakters, deurtrapte liggings of holruggeryde temas nie, taam­lik skaars. En as ’n mens aan tieners en die liefde dink, spook soetsappige boeke soos die reeks Sweet Valley high, Soekie word sestien en Somer­nagdroom by my.

Maar dan is daar Rice Kris­pies : “Shakespeare was mis­kien hierdie hengse roman­tiese skry­wer, maar hy was ’n sek­sis, nes die meeste mans. Hy’t seker heeldag op sy agterent gesit en skryf terwyl ’n vrou vir hom kos maak, sy klere was en sy vuil sokkies agter hom op­getel het.”

Liefde laat jou Rice Kris­pies anders proe deur die jong Bloemfonteinse skrywer Tania Brink is ’n skool­liefdesverhaal met ’n ver­skil. Marzanne Odendal is ’n uitgesproke tiener: Sy dink Shake­speare is pateties; die skoolheld, Armand, is verwaand; om verlief te raak is malligheid; en die enigste werk waaroor ’n mens kan opgewonde raak, is die joer­nalistiek.

Haar vriendin, Nadia, glo die teenoorgestelde en wag in span­ning dat die spreek- woordeli­ke ridder haar na die Mei-dans sal vra. Die dans­atmosfeer frustreer Marzanne, veral toe anonieme liefdes­gedigte per e-pos vir haar gestuur word. Sy vermoed dis die stillerige Wikus, maar dan blyk dit ’n geweldige misver­stand te wees.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 9. OpenStax CNX. Sep 14, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11058/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask