<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 9

Plante: van bou tot genetika

Module 26

Struktuur van 'n plantsel

AKTIWITEIT 1:

OM 'N PLANTSEL SE BOU TE VERSTAAN

[LU 2.1; 2.2; 2.3]

Vra jou onderwyser om ‘n mosplantjieblaar of enige ander voorbeeld beskikbaar te stel vir mikroskoopstudie.

Jy sou die bou van ‘n tipiese sel kon bestudeer. Hieronder is ‘n baie vereenvoudigde lynskets en twee-dimensionele beeld van wat jy sou sien.

Die sel bestaan uit ‘n raamwerk met ‘n spesiale vloeistof – PROTOPLASMA – en verskeie strukture dryf daarin. Sommige van hulle is te klein om met ‘n gewone mikroskoop gesien te word. Daarvoor word die elektronmikroskoop gebruik. Onthou dat jy die sel slegs van een kant af sien. Dit het na regte ‘n vorm soos ‘n baksteen. Ons sê dit is drie-dimensioneel. Vra jou onderwyser om die begrip te verduidelik.

Vir verryking:

Vind meer uit oor mikroskope en elektronmikroskope.

Opdrag 1:

1. Voorsien die skets van ‘n onderskrif.

2. Vul die byskrifte en funksies in waar van toepassing.

Opdrag 2:

Die kern het egter fyner besonderhede waarvan jy kennis moet dra voordat jy die res van die module doen.

Bespreek in die klas elkeen van die byskrifte van die kern en som die funksie van elkeen op.

1. Nukleolus
2. Chromatiennetwerk
3. Kernmembraan
4. Kernplasma

Wat is die hooffunksie van die kern nou weer?

Hoewel die kern die beheersentrum van die sel is, is daar nog twee ander organelle wat nadere ondersoek regverdig, aangesien hulle so ‘n belangrike funksie verrig.

Plante FOTOSINTETISEER en RESPIREER . Die twee organelle hierby betrokke is die CHLOROPLAST (fotosintese)en die MITOCHONDRIA (respirasie). Jy sal tot in Graad 12 in jou studies met hierdie organelle te doen kry.

Jou onderwyser sal meer gedetailleerde sketse van hierdie twee organelle met julle behandel.

Assessering van Identifikasie-Selstrukture

Kon jy basiese strukture onderskei?

[LU 2.1; LU 2.3]

Opdrag 3:

Maak ‘n eenvoudige lynskets met byskrifte van elk van die twee belangrike organelle in die spasies voorsien. Moenie onderskrifte vergeet nie.

Watter van die strukture en aspekte wat jy as deel van die plantsel leer ken het, sou jy nie kon verwag om in die diersel te vind nie? Gee redes:

(Wenk: kyk na jouself en na ‘n plant, en voel aan jouself en aan ‘n plant.)

Assessering van Lynsketse en Afleidings

Kon jy sketse doen en afleidings maak?

[LU 2.3; LU 2.4]

Jy verstaan nou dat plantselle bepaalde kenmerke het. Almal lyk egter nie dieselfde nie, aangesien hulle aangepas is om spesifieke funksies te verrig. Hierdie aanpassings in bou noem ons DIFFERENSIASIE en die gepaardgaande verandering in funksies noem ons SPESIALISASIE . Beide terme is belangrik in biologiese selstudies.

‘n Groep selle wat aangepas is om ‘n bepaalde funksie te verrig, vorm saam ‘n WEEFSEL . So is daar selle wat water in die plant moet vervoer. Ander bied versterking. Ander is aangepas om maksimaal te fotosintetiseer.

Die weefsels op hulle beurt groepeer weer saam om ‘n gesamentlike funksie te verrig. So ‘n struktuur, bestaande uit baie soorte plantweefsels, maar met ‘n gesamentlike hooffunksie, noem ons ‘n ORGAAN, byvoorbeeld ‘n blaar.

Assessering

LU 2

Konstruksie van Wetenskapkennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewings- kennis toe.

Dit word bewys as die leerder:

2.1 betekenisvolle inligting kan oproep;

2.2 inligting kan kategoriseer;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

Memorandum

AKTIWITEIT

OPDRAG 1

1. Lynskets van ‘n tipiese plantsel

Byskrif-Nommer Byskrif Funksie
1. Chloroplast Fotosintese vind hierin plaas
2. Kern Beheer alle selaktiwiteite
3. Tonoplast van vakuool Membraan om vakuool; vakuool stoor vog en kleurstowwe
4. Selsap Vog, kleurstowwe
5. mitochondrion Respirasie (energie “kragsentrale”)
6. Selwand Buitenste beskermende, verstewigende wand
7. Selmembraan Beheer in- en uitgang van stowwe
8. Sitoplasma Medium waarin reaksies plaasvind en organelle dryf

OPDRAG 2:

DIE KERN

Byskrif Funksie
1. Nukleolus Beheer molekule in die kern
2. Chromatiennetwerk Stoor genetiese materiaal; dra oorerflike eienskappe
3. Kernmembraan Hou kernmateriaal bymekaar, kommunikeer met res van sel
4. Kernplasma Spesiale strukture en vog

Opdrag 3

  • Lynsketse van mitochondrion en chloroplast onderskeidelik

Plante FOTOSINTETISEER en RESPIREER. Die twee organelle hierby betrokke is die CHLOROPLAST en die MITOCHONDRIA . Studie van hulle is tot in matriek baie belangrik.

CHLOROPLASTE

bevat die kleurpigment chlorofil;

akkommodeer die proses van fotosintese;

het dubbele membraan rondom;

strome vloeistof en granum (grana) – hopies membrane (tilakoïede) wat daarin dryf. Grana word verbind met ander plat membrane (lamellae).

MITOCHONDRIA

akkommodeer die ENERGIE-gewende proses van RESPIRASIE;

bestaan ook uit ‘n dubbele membraan;

vou aan die binnekant word kristas (cristae) genoem;

matriks is die vloeistof aan die binnekant.

Nie al die moontlike organelle word in Gr. 9 behandel nie, maar van dié wat reeds genoem is, sal sekeres die verskille tussen tipiese plant- en dierselle aandui.

Struktuur Rede
Selwand Afwesig in dierselle; hou vorm en gee stewigheid in plantselle, want plante het nie skelette nie.
Vakuool Klein of afwesig by dierselle; hulle stoor en gee ook stewigheid in plantselle.
Chloroplaste Geen PLASTIEDE kom in dierselle voor nie.
Vaste vorm Plantselle het ‘n vaste vorm a.g.v. die selwand – dierselle het baie vorme.

Jy verstaan nou dat plantselle uniek is. In die natuur is daar egter baie variasie op die vorm en eienskappe van plantselle. Hierdie verandering in bou noem ons DIFFERENSIASIE en daarmee saam gaan verandering in funksie wat ons SPESIALISASIE noem beide terme is uiters belangrik in biologiese selstudies.

  • Wanneer selle so groepeer, praat ons van die volgende organisasievlak, naamlik WEEFSELS . Hulle groepeer saam om ‘n spesifieke taak te verrig.
  • So het ons byvoorbeeld selle wat net die water in die plant moet vervoer – xileem.
  • Die weefsels op hulle beurt groepeer weer saam om ‘n gesamentlike funksie te verrig. So ‘n struktuur, bestaande uit baie soorte plantweefsels, maar met ‘n gesamentlike hooffunksie, noem ons ‘n ORGAAN .

Questions & Answers

Discuss the differences between taste and flavor, including how other sensory inputs contribute to our  perception of flavor.
John Reply
taste refers to your understanding of the flavor . while flavor one The other hand is refers to sort of just a blend things.
Faith
While taste primarily relies on our taste buds, flavor involves a complex interplay between taste and aroma
Kamara
which drugs can we use for ulcers
Ummi Reply
omeprazole
Kamara
what
Renee
what is this
Renee
is a drug
Kamara
of anti-ulcer
Kamara
Omeprazole Cimetidine / Tagament For the complicated once ulcer - kit
Patrick
what is the function of lymphatic system
Nency Reply
Not really sure
Eli
to drain extracellular fluid all over the body.
asegid
The lymphatic system plays several crucial roles in the human body, functioning as a key component of the immune system and contributing to the maintenance of fluid balance. Its main functions include: 1. Immune Response: The lymphatic system produces and transports lymphocytes, which are a type of
asegid
to transport fluids fats proteins and lymphocytes to the blood stream as lymph
Adama
what is anatomy
Oyindarmola Reply
Anatomy is the identification and description of the structures of living things
Kamara
what's the difference between anatomy and physiology
Oyerinde Reply
Anatomy is the study of the structure of the body, while physiology is the study of the function of the body. Anatomy looks at the body's organs and systems, while physiology looks at how those organs and systems work together to keep the body functioning.
AI-Robot
what is enzymes all about?
Mohammed Reply
Enzymes are proteins that help speed up chemical reactions in our bodies. Enzymes are essential for digestion, liver function and much more. Too much or too little of a certain enzyme can cause health problems
Kamara
yes
Prince
how does the stomach protect itself from the damaging effects of HCl
Wulku Reply
little girl okay how does the stomach protect itself from the damaging effect of HCL
Wulku
it is because of the enzyme that the stomach produce that help the stomach from the damaging effect of HCL
Kamara
function of digestive system
Ali Reply
function of digestive
Ali
the diagram of the lungs
Adaeze Reply
what is the normal body temperature
Diya Reply
37 degrees selcius
Xolo
37°c
Stephanie
please why 37 degree selcius normal temperature
Mark
36.5
Simon
37°c
Iyogho
the normal temperature is 37°c or 98.6 °Fahrenheit is important for maintaining the homeostasis in the body the body regular this temperature through the process called thermoregulation which involves brain skin muscle and other organ working together to maintain stable internal temperature
Stephanie
37A c
Wulku
what is anaemia
Diya Reply
anaemia is the decrease in RBC count hemoglobin count and PVC count
Eniola
what is the pH of the vagina
Diya Reply
how does Lysin attack pathogens
Diya
acid
Mary
I information on anatomy position and digestive system and there enzyme
Elisha Reply
anatomy of the female external genitalia
Muhammad Reply
Organ Systems Of The Human Body (Continued) Organ Systems Of The Human Body (Continued)
Theophilus Reply
what's lochia albra
Kizito
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 9. OpenStax CNX. Sep 15, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11068/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 9' conversation and receive update notifications?

Ask