<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 8

Grond en mag

Module 9

Verandering in die lewe en werk in sa op die myne, landelike gebiede en stede

LEESSTUK 1

Verandering in die Lewe en Werk in SA op die Myne, Landelike Gebiede en Stede

Soos met die Franse Revolusie en die Industriële Revolusie in Brittanje, het die Minerale Revolusie in Suid-Afrika ‘n ingrypende verandering in die omgewing en sy mense teweeggebring.

Fortuinsoekers het van oor die hele wêreld na SA gestroom met die droom om gou ryk te word. Aan die begin was die Uitlanders van die boere in die omgewing afhanklik vir bv. vervoer en voedsel. Die dae van oppervlakkige spoelgoud en -diamante delf, was gou verby en dieper mynboutegnieke het beteken dat opgeleide tegnici sowel as ingewikkelde masjinerie ingevoer moes word. Om die goud uit die rotse te haal was ‘n ingewikkelde proses. In 1890 is ‘n spesiale sianiedproses ontwikkel. Hiervoor was nog meer werkers nodig.

Rondom die Kimberleymyn is die swart mynwerkers in kampongs gehuisves. Hierdie mense was kontrakarbeiders wat na 3 tot 6 maande teruggekeer het na hul stamlande nadat hul kontrakte verstryk het. Hierdie tydelike verblyf op die myne het verhoed dat werkers beter opgelei kon word. Die mynbesitters het die lone so laag as moontlik gehou om hul eie wins so hoog as moontlik te hou. Soos met die Industriële Revolusie, het die ryk mense ryker, en die armes armer geword. Waar die onbeplande myndorpies met die tyd orde gekry het sodat gesondheid en opleiding aandag kon geniet, het die toestande in die kampongs verswak.

Bogenoemde situasie om die myne, het verder verswak toe daar tussen 1904 en 1907 60 000 werkers uit China ingevoer is om op die goudmyne te werk. Na die Suid-Afrikaanse oorlog was daar ‘n groot tekort aan werkers, maar hierdie stelsel om arbeiders in te voer het vir niemand enige voordeel ingehou nie. Gevolglik is die meeste Chinese werkers teruggestuur.

In 1896 is daar ‘n beperking op die immigrasie van Indiërwerkers na SA geplaas. Hierdie werkers het hoofsaaklik in Natal op die suikerplantasies gewerk.

Die bruin plaaswerkers in die Kaapkolonie was swaar getref deur die swak opbrengste op die wynplase want oeste is deur plae verwoes. Plaaseienaars het groot bedrae geld aan die bank geskuld en werkverskaffing het afgeneem. Mense in die klerebedryf is ook deur die afname in die handel getref. Vervaardigers was afhanklik van die invoer en uitvoer van produkte.

Aan die Witwatersrand het die Britse Uitlanders op verteenwoordiging in die Volksraad (parlement) van die Transvaal aangedring. Hulle wou hê dat Brittanje die beheer oor Transvaal moes oorneem. Die bekendste poging om die Transvaal oor te neem, was die Jameson-inval, gesteun deur die mynmagnaat Cecil John Rhodes. President Kruger se boerekommando’s het daarin geslaag om die invallers in 1896 te stuit. Hulle is gevange geneem.

Die situasie in Suid-Afrika het drasties verander. Verskillende groepe mense het probeer om ‘n bestaan te maak op die myne, in stede, dorpies en op plase.

Klasbespreking

  • Skryf na jou mening die slimste antwoord van jou klaslede op die volgende vrae neer. Lees hierdie vrae en antwoorde weer deur voor die eksamen.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask