<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans huistaal

Graad 8

Module 2

Leestekens

AKTIWITEIT 1

Taal

Leestekens

  • BEANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE NADAT JOU ONDERWYSER DIE RIGLYNE OOR DIE GEBRUIK VAN DIE KOMMA, DUBBELPUNT, UITROEPTEKEN, AANHALINGSTEKENS EN VRAAGTEKEN GEGEE HET.
  • Verduidelik die gebruik van die onderskeie leestekens in die volgende sinne uit die leesstuk:

1. Dink net : jy staan bo-op ’n hoë bult

2. Die bal rol ál vinniger , en vinniger , en vinniger.

3. Soos die bal teen die steilte afsnel , hop en bons jy rond binne-in

4. Die idee is dat , soos die bal rol , die persoon aan die binnekant wat ’n Zorbonaut genoem word teen die kant vasgedruk word.

5. Dit word nog nie in Suid-Afrika beoefen nie , maar wie weet , miskien sien jy binnekort ook dié blink strandballe.

6. En Zorbonauts wat dit al gedoen het , belowe die adrenalien-inspuiting is nie te versmaai nie.

7. dié rollery is ’n bisarre gevoel , maar dat die stadige rotasie darem verhinder . . .

  • Werk ook deur die volgende taak: In watter van die volgende sinne is die vraagteken verkeerd gebruik en waarom?

8. Hy vra hoe laat dit is?

9. Hoe laat is dit, vra hy?

10. Is dit al laat genoeg? wil hy weet.

  • Skryf die volgende sinne oor met die dubbelpunt, aanhalingstekens en kommas op die regte plekke.

11. Net toe ek by die deur instap vra Oupa Kan ek asseblief nie die Huisgenoot kry want ek moet nog die blokkiesraaisel invul. En môre moet ek dit pos voeg hy by toe hy wegstap.

Spelling

  • JOU ONDERWYSER GAAN MET ENKELE SPELREËLS RONDOM DIE GEBRUIK VAN DIE DEELTEKEN, AFKAPPINGSTEKEN, KAPPIE EN KOPPELTEKEN HERSIEN/BEHANDEL.
  • Beantwoord daarna die volgende vrae:
  • Skryf die volgende woorde korrek neer:

12. oumas

13. oribitjie (dis ’n baie klein soort bok in SA)

14. Du Preeztjie

15. A span

16. heldeontvangs

17. garage-e

18. Terblanche-e

19. Du Toits

20. nommer 5 skoen

21. 10 liter melk

22. 10 liter houer

23. Markotter gedenkboek

24. dieët

25. spieël

26. finansieël

27. finansiële

  1. .Ma’hulle

29. betaal TV

LU 6.1.2

AKTIWITEIT 2

Skryf ’n DIALOOG tussen jou en enige van die uitvinders van die Zorb waarin julle ’n gesprek voer oor dié uitvinding

OF

Skryf ’n DIALOOG tussen jou en Leonardo da Vinci waarin jy met hom gesels oor enige van sy uitvindings.

LU 4.1

AKTIWITEIT 3

TEKS B

  • Lees die gedig, Skaatsplankryer deur Petra Müller, uit Senior Keur , 1992:Tafelberg, en werk deur die vrae en opdragte en skryf die antwoorde neer.

1 Die enigste “vreemde/onbekende woord in die gedig is “gier” in reël 3. In die HAT (Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal) staan by “gier” die volgende:

gier1, (-e) 1. Enigeen van enkele soorte dagroofvoëls, nl. die aasvoëls en die kraai. 2. Genadelose, skraapsugtige mens.

gier2, (-e) 1. Sterk begeerte, drang, drif. 2. Onredelike, wispelturige nuk. 3. Iets nuuts, ’n nuwigheid.

gier3, I ww. gegier 1. ’n Skril geluid uiter, skree, gil. 2. ’n Skerp en fluitende, gonsende geluid maak. II s.nw. (-e) Harde, skril geluid; skreeu, gil.

gier4, ww. (gegier) 1. a. Skuins ry op ’n brander – van ’n boot of ’n swemmer gesê. b. Branderplank ry. 2. In ’n skuins rigting afwyk.

  • Besluit watter een (of dalk meer!) van die betekenisse in die gedig pas.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans huistaal graad 8. OpenStax CNX. Sep 11, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11037/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans huistaal graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask