<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Sosiale wetenskappe: geskiedenis

Graad 8

Kolonialisme

Module 1

Oorsake en gevolge van kolonisasie

KOLONIALISME

Al die inhoude wat in die Nasionale Dokument vir Graad 8 Geskiedenis voorgeskryf is, is reeds in die vorige drie modules gedek. As voorbereiding vir die eindeksamen behoort jy in hierdie module die kernvaardighede weer te oefen.

Aktiwiteit 1

Oorsake en gevolge van kolonisasie

LU 2.1 LU 2.2 LU 3.3 LU 3.7

Definisie:

Kolonisasie vind plaas wanneer groepe mense van hul vaderland af wegtrek na ‘n kolonie toe, met die doel om permanent daar te bly.

Oorsaak:

a) Hierdie proses beteken dat die mense wat hulle normaalweg in ‘n ander land vestig, die godsdiens, kultuur en taal van hul vaderland behou, sodat die kolonie ‘n uitbreiding word van die oorspronklike land.

b) Die teenoorgestelde kan ook waar wees. Koloniste mag dalk uit hul land vlug omdat hulle nie saamstem met die tradisionele gebruike of politiek in hul land nie. Die Franse Hugenote het na die Kaap gevlug om godsdienstige vervolging vry te spring.

Gevolg:

a) Positief: Koloniste kan hulself bevry van vorige oorheersing. Die Britse regering het die onafhanklikheid van die Amerikaanse koloniste van die Verenigde State van Amerika, in 1782 erken.

b) Negatief: Die inheemse bevolking van so ‘n kolonie kan uitgebuit , selfs vernietig word. Die Rooi Indiane in Amerika het swaar onder die kolonialiste gely.

Tydvak:

Een van die eerste kolonies was die eiland Madeira wat deur die Portugese ontdek en gekoloniseer is. Kolonisasie is ‘n voortdurende proses. Hong Kong was ‘n Britse Kolonie tot 1998.

Oefening:

Gestel dat jou ouers/voogde voel dat dit hul plig is om ‘n kind wie se ouers hom/haar nie kan versorg nie, in julle huis in te neem. Dink eers en skryf dan neer watter voorregte wat jy nou het, jy bereid is om te deel, en wat joune alleen is.

Aktiwiteit 2

  • Die vrae wat na die leesstuk volg, se antwoorde staan nie in die leesstuk nie, dit is vrae wat jy met jou kennis van navorsing, moet beantwoord. Noem by elke antwoord jou bron. Jou bron mag dalk jou eie naam wees, bv. indien jy nie die woordeboek nodig het om die antwoord van nr. 5 te kry nie.
LU 1.2 LU 1.4 LU 1.5

LEESSTUK 1

DIE DERTIEN KOLONIES VAN NOORD-AMERIKA

Duisende mense het hulle in Amerika gevestig tussen 1607 en 1732. Die Franse Hugenote, Duitse koloniste en die groepe van Brittanje was ontevrede met die omstandighede in hul onderskeie tuislande. Aan die begin het hulle hul vryheid van politieke onderdrukking, godsdienstige vervolging en klasseverskille geniet.

Nywerhede soos die hout- en visbedryf is begin. Houtkappers het hul eie tegnieke ontwikkel om gedurende die winter hoog op in die berge, bome te kap. Die houtstompe is gesleep tot in bevrore bergstrome. Gedurende die somer het hulle die smeltende sneeu gebruik om die stompe na die hawens ver onder te vervoer. Dit was die land van geleenthede, waar ‘n harde werker wat sy verbeelding kon gebruik om sy eie masjinerie te vervaardig, ryk kon word. Gewasse is gekweek soos tabak, rys, katoen en indigo. Pelsjagtery was ‘n welvarende beroep.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Geskiedenis graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11043/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Geskiedenis graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask