<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Natuurwetenskappe

Graad 8

Omgewing en interaksies

Module 32

Die ekosisteem

EKOLOGIE is die studie van organismes in hulle natuurlike omgewing asook die interaksie tussen hulle.

VRAE

1. Wat is ’n EKOLOGIESE OMGEWING?

2. Uit watter basiese komponente of dele bestaan alle ekologiese omgewings?

3. Bios beteken Lewe in Grieks.

Wat dink jy beteken die volgende begrippe? Vra jou onderwyser om te verduidelik.

3.1 abioties

3.2 bioties

3.3 faktor

4. ’n Ekologiese omgewing kan as ’n EKOSISTEEM beskryf word.

4.1 ’n Ekosisteem is ___________________________

’n EKOSISTEEM is dus die lewende en nie-lewende komponente van ’n bepaalde omgewing en die interaksie tussen die komponente.

Die studie van ekosisteme en die interaksies tussen die organismes en hul omgewing noem ons EKOLOGIE .

Aktiwiteit:

Om ’n deel van ’n tuin as ekologiese omgewing (ekosisteem) te ondersoek

[lu 1.1; 1.2; 2.1; 2.2]

Jou onderwyser sal met julle reël vir ’n besoek aan ’n geskikte tuin in julle omgewing of net ’n deel van julle skoolgrond. Dit moet ’n deel wees waar die tuinier nie elke dag werk nie.

  • Hoekom?

1. Verdeel in groepe en spasieer uitmekaar en sit vir sowat vyf minute doodstil in die tuin.

2. Kyk wat jy alles kan waarneem.

3. Elke groep pluk ’n enkele blaartjie (met toestemming) van elke plantsoort wat in die area sigbaar is. Plaas dit tussen twee skoon velle papier en in ’n dik boek. Gee elke plant jou eie naam.

4. Tel die hoeveelheid van elke plant- en diergroep in jou afgebakende area en tabuleer dit hieronder.

5. Maak ook ’n lys van alle nie-lewende (abiotiese) faktore wat die aard van die omgewing bepaal.

TIPE organisme (lys eie) GETALLE van organisme
Plante
TIPE organisme (lys eie) GETALLE van organisme
Diere

6. Abiotiese faktore:

Assessering van TUINONDERSOEK:

Kon jy opdrag uitvoer en resultate neerskryf?

[LU 1.1; 1.2]

Teken ’n kolomgrafiek van die plantsoorte wat jy aangeteken het en hul getalle.

  • Hoekom is dit belangrik om die plek, datum en tyd aan te dui?
  • Vra jou onderwyser om oor grafieke met julle te gesels.

Assessering van kolomgrafiek:

Kon jy die vrae beantwoord en die getalle suksesvol in kolomme aandui?

[LU 2.2]

  • Tot dusver het jy die volgende vasgestel:

Dat ’n populasie of bevolking ’n groep eenderse organismes in ’n sekere omgewing is. Die getalle in jou kolomgrafiek is ’n aanduiding van bevolkingsgrootte . Dit kan met verskillende metodes en formules bepaal word.

Die blyplek van ’n plant of dier word sy habitat genoem.

Die rol wat ’n organisme in sy omgewing speel, verwys na die “werk” wat hy doen en dit noem ons sy nis .

’n Gemeenskap is al die bevolkings wat in een area of gebied voorkom.

Die versameling en berging van blaarmateriaal soos wat jy gedoen het, vorm van ’n herbarium . Vra jou onderwyser om hierop uit te brei. Lees self ook meer op en vra jou onderwyser om ’n hoekie in die klas af te staan aan julle eksemplare.

Kom ons bevestig wat jy geleer het met ’n vinnige oefening.

  • Doen die volgende kolomvraag deur elke letter van Kolom B in die blokkie langs die toepaslike nommer van Kolom A te skryf.
A B
1. Die gebied waar organismes voorkom. A. bioties
2. Die getal organismes van ’n soort in ’n area. B. herbarium
3. Plek waar gedroogte plantmateriaal gestoor word. C. habitat
4. Lewendige deel van die omgewing. D. bevolking
5. Al die bevolkings in ’n omgewing. E. gemeenskap
6. Die rol van ’n organisme in sy omgewing. F. ekologie
7. Die studie van organismes in hul omgewing. G. nis

Assessering van kolomvraag

Kon jy die vrae suksesvol beantwoord?

[LU 2.1]

Assessering

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Dit is bewys as die leerder:

1.1 ondersoeke kan beplan;

1.2 ondersoeke kan uitvoer en data kan insamel;

1.3 data kan evalueer en bevindinge kan kommunikeer.

LU 2

Wetenskaplike Kennis

Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Dit is bewys as die leerder:

2.1 sinvolle inligting kan onthou;

2.2 inligting in kategorieë kan plaas;

2.3 inligting kan interpreteer;

2.4 kennis kan toepas.

Memorandum

Ekologiese beginsels

Aktiwiteit

Vrae

1. ’n Gedefinieerde gebied met al die lewende en nie-lewende faktore in die gebied (biotiese en abiotiese komponente).

2. lig, lug, water, grond, diere, plante

3.

3.1 abioties: alle nie-lewende dele bv. lug, water

3.2 bioties: alle lewende dele bv plante, diere

3.3 faktor: iets wat ’n invloed uitoefen, die aard van iets, bv. ’n omgewing bepaal

4.

a. ’n Ekosisteem is ’n bepaalde gebied met al die nie-lewende faktore wat die aard van die gebied bepaal asook die lewende organismes wat in die gebied aangetref word en wat met mekaar en ook met die nie-lewende faktore in interaksie is.

ABIOTIESE FAKTORE BIOTIESE FAKTORE
Stadsomgewing Skets A
  • Besoedelde lug
  • Water uit pype en krane
  • Beboude grond, klein lappies grond
Mense, voëltjies, rotte/muise, insekte, spinnekoppe, gras, bome
Laeveldomgewing Skets B
  • Son, lug, grond, water
Doringbome, gras, leeus, bokke
Plaasomgewing Skets C
  • Rivier/dam/water,
  • skoon plaaslug, bepaalde soort grond
Plaasdiere, wilde diere, eende, perd, voëls, bokke, bome, gras, insekte, erdwurms
Woestynomgewing Skets D
  • Sandduine, wind, dou in oggende
Geitjies, slange, muise, toktokkies, grasspriete
See-omgewing Skets E
  • Son, see, lug, wolke
Slakke, seegras, vissies

Aktiwiteit

Tuinbesoek. Hoekom ’n onbewerkte deel? Die tuinier moet nie te veel inmeng nie

.Tabelle: leerlinge stel self lyste saam

Belangrikheid van plek, datum en tyd: abiotiese faktore verander voortdurend en daarom ook die organismes se gedrag of teenwoordigheid.

Kolomgrafiek: Die benutting van die X-as en Y-as is belangrik. Die faktor wat die gegewens beïnvloed of daaraan betekenis gee, kom op die x-as. Die uitwerking van die faktor kom op die Y-as. Sorg dat die leerders die X- en Y-as korrek benoem en dat hulle die belangrikheid daarvan deeglik verstaan: X-as: Plantsoorte; Y-as: getalle van elke plantsoort

Voltooi die volgende kolomvraag

A B
1. C
2. D
3. B
4. A
5. E
6. G
7. F

Questions & Answers

what is mutation
Janga Reply
what is a cell
Sifune Reply
how is urine form
Sifune
what is antagonism?
mahase Reply
classification of plants, gymnosperm features.
Linsy Reply
what is the features of gymnosperm
Linsy
how many types of solid did we have
Samuel Reply
what is an ionic bond
Samuel
What is Atoms
Daprince Reply
what is fallopian tube
Merolyn
what is bladder
Merolyn
what's bulbourethral gland
Eduek Reply
urine is formed in the nephron of the renal medulla in the kidney. It starts from filtration, then selective reabsorption and finally secretion
onuoha Reply
State the evolution relation and relevance between endoplasmic reticulum and cytoskeleton as it relates to cell.
Jeremiah
what is heart
Konadu Reply
how is urine formed in human
Konadu
how is urine formed in human
Rahma
what is the diference between a cavity and a canal
Pelagie Reply
what is the causative agent of malaria
Diamond
malaria is caused by an insect called mosquito.
Naomi
Malaria is cause by female anopheles mosquito
Isaac
Malaria is caused by plasmodium Female anopheles mosquitoe is d carrier
Olalekan
a canal is more needed in a root but a cavity is a bad effect
Commander
what are pathogens
Don Reply
In biology, a pathogen (Greek: πάθος pathos "suffering", "passion" and -γενής -genēs "producer of") in the oldest and broadest sense, is anything that can produce disease. A pathogen may also be referred to as an infectious agent, or simply a germ. The term pathogen came into use in the 1880s.[1][2
Zainab
A virus
Commander
Definition of respiration
Muhsin Reply
respiration is the process in which we breath in oxygen and breath out carbon dioxide
Achor
how are lungs work
Commander
where does digestion begins
Achiri Reply
in the mouth
EZEKIEL
what are the functions of follicle stimulating harmones?
Rashima Reply
stimulates the follicle to release the mature ovum into the oviduct
Davonte
what are the functions of Endocrine and pituitary gland
Chinaza
endocrine secrete hormone and regulate body process
Achor
while pituitary gland is an example of endocrine system and it's found in the Brain
Achor
what's biology?
Egbodo Reply
Biology is the study of living organisms, divided into many specialized field that cover their morphology, physiology,anatomy, behaviour,origin and distribution.
Lisah
biology is the study of life.
Alfreda
Biology is the study of how living organisms live and survive in a specific environment
Sifune
Got questions? Join the online conversation and get instant answers!
Jobilize.com Reply

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Natuurwetenskappe graad 8. OpenStax CNX. Sep 12, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11049/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Natuurwetenskappe graad 8' conversation and receive update notifications?

Ask