<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 7

Module 13

Voornaamwoorde

  1. Weet jy wat ons die volgende mense noem? Hier volg ‘n paar leidrade: Voltooi die woorde na aanleiding van die vrae.

Ve___________ ; ke ____________

Af__________ ; vr ______________

So_______ ; k________ of s __________

  1. Iemand wat glad nie vleis eet nie?
  2. iemand wat geen alkohol drink nie?
  3. iemand wat baie lief vir soetgoed is?
  4. iemand wat kos in ‘n hotel of restaurant bedien?
  5. iemand wat homself vol kos stop?
  6. iemand wat kos kook in ‘n hotel of restaurant?

Voornaamwoorde

Onthou julle nog die voornaamwoorde? Ons gebruik hulle mos in die plek van mense se name. Dit is die persoonlike voornaamwoorde. Hulle kan ook aandui aan wie iets behoort. Dit is die besitlike voornaamwoorde.

Ek eet die kos. Dis my kos. Die kos is myne .
Jy eet die kos. Dis jou kos. Die kos is joune .
Hy eet die kos. Dis sy kos. Die kos is syne .
Sy eet die kos. Dis haar kos. Die kos is hare .
Ons eet die kos. Dis ons kos. Dis kos is ons s’n .
Julle eet die kos. Dis julle kos. Die kos is julle s’n .
Hulle eet die kos. Dis hulle kos. Die kos is hulle s’n .

Gebruik voornaamwoorde in die plek van die vetgedrukte woorde:

  1. Andy eet ‘n appel. ___________eet lekker.
  2. Ma kry ‘n kookboek. Die kookboek is _______________ .
  3. Penny drink sap. ___________hou daarvan.
  4. Thobo kry ‘n burger. Die burger is _______________ .
  5. Jy smul aan ___________ kos.
  6. Ons eet die kos, want_________ het dit gekoop. Dit is ___________ .
  7. Julle kry sjokolade en daarom is dit _____________ .
  8. Hulle kou lekker aan ____________ toebroodjies.
LU 6.2.4

Luisterlees

Luister na die advertensie vir Jungle Oats wat julle opvoeder gaan voorlees. Beantwoord dan die vrae wat die opvoeder gaan stel. Die opvoeder sal eers die vrae voorlees sodat julle sal weet waarna om te luister. Nadat hy of sy die leesstuk voorgelees het, sal hy/sy die vrae weer herhaal sodat julle dit kan beantwoord. Skryf SLEGS DIE ANTWOORDE .

Selfassessering onder leiding van die opvoeder.

LU 1.1.1

Mondeling

Verdeel in groepe van twee. Elkeen van julle gaan die volgende vrae aan jou maat stel. Na aanleiding van die antwoorde gaan jy meer aan die klas kom vertel van jou maat se eetgewoontes.

Voltooi nou die vraelys deur die vrae te vra en dan die antwoorde aan te teken.

  1. Wat eet jy gewoonlik vir ontbyt?
  1. Hoe laat eet jy gewoonlik ontbyt?
  1. Bring jy ooit kos skool toe?
  2. As jy kos skool toe bring, wat sit jy in jou kosblik?
  1. Koop jy ooit iets by die snoepwinkel? Wat?

Hou jy van:

  • appels
  • pizza
  • stywe pap
  • blomkool
  • rooibostee
  • vis en skyfies
  • sjokolade
  • spinasie?
  • Hoe laat eet jy gewoonlik aandete?
  1. Wie maak julle aandete?
  1. Wat is jou gunsteling kos?
  1. Watter kos eet jy glad nie?

Vertel nou jou maat se eetgewoontes aan die klas, bv.

Laledi eet gewoonlik roosterbrood en drink tee vir ontbyt. Sy eet gewoonlik

ontbyt om sewe-uur. Sy bring gewoonlik kos skool toe. Sy sit ‘n kaastoebroodjie,

‘n appel of ‘n piesang, ‘n koekie en ‘n bottel met water in haar kosblik. Soms koop

sy vir haar ‘n pakkie aartappelskyfies by die snoepwinkel. Laledi hou baie van

____________ en___________, maar nie van __________ nie.

LU 1.1.2

Skriftelike werk

  • Wat eet jy vir ontbyt en hoe laat eet jy ontbyt?
  • Wat sit jy of jou ma in jou kosblik vir die skool?
  • Wat koop jy by die skool se snoepwinkel? (Wanneer jy mag of geld het).
  • Hoe laat eet julle aandete en watter tipe kos eet julle? Wie berei dit voor?
  • Wat is jou gunstelingkos?
  • Waarvan hou jy glad nie?
  • Het jy enige ongesonde eetgewoontes en wat is hulle?
  • Watter eetgewoontes behoort jy te verander?
  • Watter tipe vloeistowwe neem jy in en hoeveel m size 12{ℓ} {} drink jy per dag?

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask