<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 7

Module 17

Rigting

1. WAARHEEN?

Hier is ‘n basiese straatplan:

Volg hierdie instruksies en kyk waar jy uitkom:

Begin by die skool

Stap op in Aandblomstraat.

Draai links in Kerkstraat.

Stap verby die park en draai links in Hoogweg.

Stap tot by die poskantoor.

Skuins oorkant die poskantoor is waar jy wil wees.

Begin by die kafee.

Stap links in Roosstraat.

Stap tot op die hoek van Vleistraat.

Draai regs in Vleistraat.

Die plek waar jy wil wees, is op die hoek van Hoogweg

LU 3.4.2

Teken nou die volgende plekke in op die basiese straatplan waar jy dink dit die beste sal pas.

Verdeel in pare. Vra vir jou maat waar dié plekke op sy/haar kaart is en merk hulle met ‘n sleutel volgens sy/haar instruksies. Besluit self wat die sleutels gaan wees. Teken die sleutels langs die plekke hierbo.

LU 5.3.3

2. HOE SAL JY REIS?

Jy het die instruksies op papier uitgevoer.Daar is verskillende maniere om by ‘n plek te kom. Hoe jy daar kom, hang af van waarheen jy gaan!

Werk in pare en beantwoord die volgende vrae mondelings in volsinne. Altwee moet ‘n beurt kry om die vrae te stel en te beantwoord,

bv. Hoe sal jy reis as jy Kanada toe wil gaan?As ek Kanada toe wil gaan, sal ek per vliegtuig reis.

Hoe sal jy reis _____

1. _______ as jy winkel toe wil gaan?

2. _______ as jy na ‘n eiland toe wil gaan?

3. _______ as jy by jou maat wil gaan kuier?

4. _______ as jy Amerika toe wil gaan?

5. _______ as jy by familie in ‘n ander provinsie wil gaan kuier?

6. _______ as jy in die woestyn is?

7. _______ as jy Europa toe wil gaan?

8. _______ as jy op ‘n wildplaas is waar daar nie juis paaie is nie?

9. _______ as jy met vakansie gaan?

10. _______ as jy iemand van ‘n berg af moet red?

LU 5.2.1

3. IDIOMATIESE UITDRUKKINGS

Leer en onthou hierdie idiomatiese uitdrukkings

1. ry met Jan Tuisbly se karretjie – bly by die huis

2. gou op jou perdjie – word gou kwaad

3. daar is ‘n slang in die gras – iets is verkeerd

4. as die kat weg is, is die muis baas – as die baas weg is , doen almal wat hulle wil

5. die appel val nie ver van die boom nie – aard na sy ouers

6. hy het lang vingers – hy steel

7. hy is nog nat agter die ore – hy is nog baie jonk

8. iets vir ‘n appel en ‘n ei koop - baie goedkoop koop

9. ‘n mondvol tande – weet nie wat om te sê nie

10. sy oë is groter as sy maag – hy skep meer kos in as wat hy kan eet

11. voor op die wa – glad nie skaam nie

12. bokant my vuurmaakplek – te moeilik vir my

LU 2.3

4. MONDELING

WAARHEEN GAAN JY MET VAKANSIE?

Jy beplan jou vakansie. Jy gaan die volgende dinge moet beplan en in ag neem.

  • Waarheen gaan jy en vir hoe lank?
  • Hoe gaan jy daar kom?
  • Waar sal jy tuisgaan?
  • Hoe gaan die weer wees?
  • Watter klere moet jy inpak?
  • Wat moet jy nog behalwe klere inpak? (bv. kamera, medisyne, kaart, ens.)
  • Hoeveel geld het jy nodig en moet jy dalk jou geld ruil vir ‘n ander geldeenheid?
  • Watter plekke /besienswaardighede gaan jy besoek?
  • Hoe gaan jy daar kom?

5. LUISTERLEES

Luister baie mooi terwyl julle opvoeder ‘n kort leesstuk oor ‘n vakansiebestemming minstens twee maal hardop voorlees.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask