<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Afrikaans eerste addisionele taal

Graad 7

Module 3

‘n klaskamertoneel

Julle kan dankbaar wees dat julle nie moes skoolgaan in die tydperk tussen 1837 tot aan die begin van die vorige eeu nie. As jy dan in ‘n klaskamer sou inloer, sou jy dalk die volgende toneeltjie gesien het:

‘n Dogter staan op ‘n driebeenstoeltjie in die hoek van die klas. Op haar kop is ‘n keëlvormige hoed met die letter “D” daarop geskryf. ‘n Seun is besig om sy boek met inkkolle te bemors. Hy sien nie dat die onderwyser al hoe nader kom nie - die rottang al swaaiende in sy hand.

Hierdie tydperk word die Victoriaanse Tydperk genoem. Wie weet dalk hoekom dit so genoem word? Ja, dit was toe Koningin Victoria in Engeland regeer het. Hoewel ons meer te wete gaan kom van skole in Engeland gedurende die Victoriaanse Tydperk, het ons oupagrootjies en oumagrootjies baie van hierdie omstandighede in skole in ons land ervaar.

(a) Wat dink jy sal jou onderwyser of onderwyseres te sê hê oor jou en jou klasmaats se gedrag? Gestel jy is die klasonderwyser, watter klagtes sal jy hê?Gesels in julle groepe daaroor, die groepleiers doen verslag aan die res van die klas..

(b) Kontrolelys

JA NEE
Ek begin al die sinne met hoofletters
Ek gebruik punktuasie
Ek druk myself duidelik uit
Ek skryf in goeie Afrikaans
LU 2.4.2
LU 2.4.3

1. NOG STEEDS DIE VICTORIAANSE KLASKAMER

Lees net wat ‘n onderwyser uit die Victoriaanse tyd te sê gehad het :

‘n Onderwyser moet mos wondere verrig. My salaris is £15 per jaar. Ek is vandag weer aangerand deur ouers wat kwaad is omdat hulle kinders moet skoolgaan. Hulle wil eerder hê die kinders moet gaan werk en geld verdien, al is hulle net nege jaar oud.

Ek het ook ‘n brief van George Watkins se ma ontvang. Sy sê dat sy my neus van my gesig gaan verwyder omdat ek haar kind gestraf het. Ek begin môre met bokslesse. Ek moet myself kan verdedig!

Weet julle dalk waarvoor die £ gebruik word?

Die volgende sinne oor ‘n Victoriaanse klaskamer klink baie kort en stomp. Verbind die sinne met die woorde tussen hakies. Ons noem hulle voegwoorde.

(a) Die mure lyk aaklig. Hulle is elf jaar gelede geverf. (omdat)

(b) Die vensters sit baie hoog. Leerders kan nie by vensters uitloer nie. (sodat)

(c) Daar is ‘n groot geraas. Klaskamers word deur gordyne van mekaar geskei. (want)

(d) Daar is inkpotjies op die banke. Daar is leie op die banke. (en)

LU 6.3.11

2. ‘N GEDIGGIE

Die volgende gediggie is in ‘n ou boek uit daardie tydperk opgespoor.

(a) Lees die gediggie hardop in die groep. Elkeen kry ‘n beurt om dit voor te lees.

(b) Gesels in die groep oor die volgende:

Hoe voel hierdie kind?

Hoe voel die onderwyser?

Julle het seker van die volgende woorde gebruik:

Kind : bang, onseker, ongelukkig, moedeloos

Onderwyser : kwaad, ongeduldig, ontevrede, woedend

Ons noem hierdie woorde emosies. Emosies beskryf ons gevoelens of hoe ons voel. Kan julle aan nog woorde dink wat emosies beskryf?

LU 5.2.1

(c) Woordsoek

Daar is tien woorde wat emosies beskryf in hierdie blok. Soek hulle en kleur elke woord met ‘n ander kleur in. Skryf hulle dan neer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Afrikaans eerste addisionele taal graad 7. OpenStax CNX. Sep 09, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11017/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Afrikaans eerste addisionele taal graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask