<< Chapter < Page Chapter >> Page >

Lewensoriëntering

Graad 7

Persoonlike ontwikkeling

Module 11

die invloed van die media op persoonlike leefstyl-keuses

Evalueer die invloed van die media op persoonlike leefstyl-keuses

Aktiwiteit 1:

Om vrae te bespreek oor geliefkoosde TV-programme [LU 3.2]

Groepopdrag

Kies deur middel van stemming julle geliefkoosde TV-fliek , program of reeks.

Bespreek die volgende vrae. Aan die einde van die bespreking moet die groepleier terugvoer gee aan die res van die klas aan die hand van die volgende vrae:

  1. Geliefkoosde program/reeks/fliek.
  2. Wie is die hoofkarakters?
  3. Hoe oud is hulle en wat trek hulle aan?
  4. Waarom is die program ons gunsteling?
  5. In watter land en stad speel die storie af?
  6. Op watter ouderdomsgroep dink julle is die program gemik?
  7. Watter karakter staan uit en hoekom?
  8. Het hierdie karakter enige eienskappe wat jy graag sal wil hê? Watter en hoekom?
  9. Het die program ‘n ouderdomsbeperking? Indien wel, wat?
  10. Watter karakter in die storie is die "skurk"?
  11. Is hy/sy ook populêr volgens die groep?
  12. Is daar ‘n lewensles of boodskap te leer uit die storie?
  13. As jy een filmster uit die program kan ontmoet in lewende lywe, wie sal dit wees? En hoekom?
  14. Watter vrae sal jy aan hierdie persoon wil stel?
  15. Dink jy die program het ‘n invloed op jou manier van dink, doen of aantrek?
  16. Watter TV-program dink jy is skadelik vir jou om te kyk?
  17. Dink jy enige filmsterre of modelle het ‘n positiewe of negatiewe invloed op jou siening van jouself?
  18. As jy ‘n rolmodel uit die glanswêreld kan kies, wie sal dit wees?
  19. Hoekom sal jy die persoon wil navolg?
  20. Wat het jy geleer uit die TV-program “Pop Idols”?

Dis belangrik om aan die einde van hierdie groepbespreking die terugvoering te bespreek en met die leiding van die opvoeder te kyk na navolgenswaardige houdings en waardes en ook rolmodelle wat ‘n negatiewe invloed op hulle aanhangers kan hê. Let veral op die onrealistiese liggaamsbeeld wat TV-programme en tydskrifte voorhou as die norm.

Assessering

Leeruitkomstes(LUs)
LU 3
Persoonlike ontwikkelingDie leerder is in staat om verworwe lewensvaardighede te gebruik om persoonlike potensiaal te verwesenlik en uit te brei ten einde doeltreffend op uitdagings in sy/haar wêreld te reageer.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder
  • verslag doen oor die implementering van strategieë om eie en ander se selfbeeld deur positiewe optrede te bevorder;
3.2 media- en ander invloede op persoonlike lewenstylkeuses evalueer en gepaste reaksies voorstel;
3.3 sy/haar eie hantering van emosies en eie reaksie op verandering verduidelik en evalueer;
  • bewyse van respek vir ander en die vermoë om op ’n opbouende manier te verskil toon;
3.5 besluitnemingsvaardighede toon en daaroor besin;
3.6 sy/haar eie strategieë vir studievaardighede krities evalueer.

Get Jobilize Job Search Mobile App in your pocket Now!

Get it on Google Play Download on the App Store Now




Source:  OpenStax, Lewensorientering graad 7. OpenStax CNX. Sep 10, 2009 Download for free at http://cnx.org/content/col11028/1.1
Google Play and the Google Play logo are trademarks of Google Inc.

Notification Switch

Would you like to follow the 'Lewensorientering graad 7' conversation and receive update notifications?

Ask